Fase 4-beurtkrag Woensdag hervat

beurtkrag Eskom

(Foto: Twitter)

Nadat Eskom verbruikers oornag ʼn effense blaaskans gegee het en beurtkrag ná 23:00 Dinsdag na fase 2 verminder het, skop fase 4-beurtkrag weer Woensdag om 09:00 in.

Eskom sê hy is gedwing om dié stap te doen weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit wat aan onbeplande instandhoudingswerk toegeskryf is. Een van dié eenhede wat meganiese probleme ondervind, is die Koeberg-kernkragsentrale by Kaapstad.

Koeberg se eenheid 1 is van die netwerk ontkoppel weens ʼn fout met een van sy turbines. Die kernkragreaktor bly veilig, maar ʼn seewaterpomp is beskadig en dit kan etlike dae duur voor die eenheid weer aanlyn gebruik kan word.

Die fout by Koeberg het tot ʼn verlies van 930 MW aan die netwerk gelei, het Eskom gesê.

Teen Dinsdagmiddag het onbeplande instandhoudingswerk tot ʼn verlies van 12 046 MW aan die netwerk gelei, terwyl beplande instandhoudingswerk ʼn verlies van 6 155 MW veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Magda ·

Dink die tyd het aangebreek om Eskom te boikot – Wanneer gaan die probleme ophou. Verhogings maar geen beter diens nie – OOK MOEG om van julle onbeveogdheid te hoor, en JULLE JAMMER SE beteken NIKS meer nie. Lee woorde!!!!!!

Coenraad ·

So waar kry ons dan nou krag vandaan as ons Eskom boikot?

Strandloper ·

Om dit te hervat raak al hoe makliker vir die kaders nê. Darem iets wat hul kan bemeester.

Jaco ·

Ek vrees vir die dag wanneer ‘n kader van eskom die verkeerde knoppie by Koeberg druk en 4 miljoen mense in Kaapstad dan deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word. Bekwame mense wat op meriete aangestel is, kon nie eens die Chernobyl ramp keer nie, so hoe gaan mense wat die werk kry NET omdat hulle ANC-kaders is, Koeberg reg bestuur???

koos10 ·

Jaco, Chernobyl was ‘n totale ander situasie. Bewyse kom nou uit dat dit ver onder standaard gebou was, om krag te voorsien aan ‘n weermag instelasie tydens die koue oorlog. Daar was byvoorbeeld geen 2de skeiding tussen die reaktor en die omhulsel nie. Verder nog het Rusland vir dae aaneen stil gebly en die ontploffing eers erken toe radiasie in Europa opgemerk was.
Koeberg is deur internasionale kenners as veilig verklaar. Kom ons hoop net dat ‘n ramp nie die stasie sal tref nie.

Elize ·

Genugtig ek het nog nooit van soveel instandhouding gehoor wat agterna nog ‘n groter gemors is nie. Die regte mense is op die agterend by die agterdeur uitgeskop en die kaders wat daar is kan nie eers ‘n kruiwa in stand hou nie!

Erick ·

Die sogenaamde “onbeplande instandhoudingswerk” raak nou al holrug gery. Eskom gebruik dit nou as propoganda om meer geld by die regering {belastingbetalers} te verkry.

Stefnie ·

Onbevoegde mense by Eskom krap almal se lewens deurmekaar …. my seun studeer in Potch en daar het hulle 4 ure op ‘n slag beurtkrag. Hy kom na 18:00 van die kampus af en as die krag 20:00 afgaan wanneer moet hulle kos maak en dan nog hulle werkstukke doen vir die volgende dag? (alles elektronies waarvoor mens elektrisiteit nodig het)

Marius ·

Stefnie – Dit is seker maar wat gebeur as jy net aan jouself dink en nie kan beplan nie .
Ek wonder net of die verhoging regtig sal gaan vir die verbetering van ons land se kragopwekking en of dit spandeer gaan word op bonuse en luukse motors en partytjies ?
Vra maar net .

Jaco ·

Akademiese standaarde is gelukkig baie laer as in die ou dae. So om tyd vir “leer” en werkstukke te verloor maak nie veel saak nie. Ek hoop net jou seun het die “regte” velkleur, want indien nie, sal hy selfs as kernwetenskaplike eendag nie werk in SA kry nie.

FM ·

Mag ek as gewone, denkende vra?

Daar is plase sonpanele in die Karoo, Kalahari, net buite Pietersburg by Kushke, wat AFGESKAKEL is sodat die kragstasies se voortbestaan nie bedreig word nie.

Is dit nie belaglik in hierdie krisis nie?

Skakel die Sonkrag AAN

Niel ·

In die SONA het prisident daarvan gepraat dat dar gekyk moet word daarna en dat daai stelsels implimenteer moet word. So ek hoop dit gebeur gou.

Sheree ·

Wat ‘n klom bog, my ma hulle sou net stasie 4 beurtekrag gehad het gister vanaf 14H30 tot 18H30 maar is nogsteeds nie aan nie… belaglik!

FM ·

Sharee, net miskien is dit nie beurtkrag nie maar ‘n ernstige fout.

Rapporteer dit by die kragvoorsiener. Munisipaliteit of Eskom

Die hele elektriese gemors is totaal onnodig

Marie ·

Ek is al so gvol vir beurtkrag. Hoekom kry net sekere mense beurtkrag en ander NOOIT. Cullinan is ‘n goeie voorbeeld en gedeeltes in Zwartkops ook nie. Hulle weet nie wat die woord beteken nie. Ons kry 3 keer op ‘n dag, elke dag vir ‘n hele week op die selfde tyd beurtkrag.

Marius ·

Ek wil graag weet , hoekom word die munisipaliteite wat wel krag betaal se krag afgesit met beurtkrag en nie die wat Eskom miljoene skuld nie nie ? As jy Eskom geld skuld staan jy eerste in die ry as dit beurtkrag is , nou moet almal onder die swak bestuur deurloop . Ek wonder of Soweto ook beurtkrag het ? Vra maar net aangesien hulle rekening op datum betaal is en niks vir Eskom skuld nie – LOL . Vra maar net ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.