Fase 4 geld byna die hele week

Argieffoto (Foto: Mujahid Safodien/AFP)

Fase 4-beurtkrag sal byna vir die hele week van krag wees terwyl Eskom spook om die kragnetwerk weer te stabiliseer.

Die kragvoorsiener sê weens ʼn toename in die vraag na krag, onvoldoende opwekkingskapasiteit en sy vermoë om noodopwekkingsreserwes doeltreffend te bestuur, is dit nodig om fase 4 minstens tot Saterdag in te stel.

“Fase 4-beurtkrag sal dus van vandag [Maandag] om 14:00 tot Saterdag om 05:00 ingestel word,” sê Eskom.

Beurtkrag is Sondag na fase 4 verlaag nadat fase 6 slegs tot Maandag sou duur.

Die aankondiging kom boonop te midde van ʼn hittegolf wat groot dele van die land raak.

Volgens die kragvoorsiener is 15 424 MW se opwekkingskapasiteit weens onklaarrakings nie beskikbaar nie, terwyl 6 280 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

In die afgelope 24 uur is 500 MW se opwekkingskapasiteit uit die netwerk gehaal, terwyl daar in dieselfde tydperk 600 MW weer by die netwerk gevoeg is.

“Omtrent 1 300 MW se opwekkingskapasiteit sal na verwagting teen Dinsdagaand weer beskikbaar wees,” sê die kragvoorsiener.

“Spanne werk onverpoosd om te verseker dat hierdie bykomende opwekkingskapasiteit so gou as moontlik weer beskikbaar word.”

Die kragvoorsiener het opnuut ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om toestelle soos swembadpompe en geisers af te skakel wanneer dit nie gebruik word nie.

“Ons is dankbaar vir diegene wat gehoor gee aan ons oproepe om elektrisiteit spaarsaam te gebruik aangesien dit help om die vraag na krag aansienlik te verminder en die druk van kragaanlegte te haal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jack ·

Whatever Eskom.Solank die son skyk kan ons sonkrag gebruik en hoef ons nie krag van julle mislukte netwerk te kry nie.Julle verlies.

Ragnarok ·

As dit enigsins iets met onderhoud te doen gehad het, sou fases nie so wissel nie. Maar hul weet die mense glo dit. Want die gepeupel skel hul. Dit is al wat hul nodig het.

Waarnemer ·

Tyd dat ramakgopa en al die ongeletterde ‘ambagsmanne’ vertrek.Stel weer die ou hande(gekwalifiseerde turbine passers) vsn vroeere Rotek Enginering aan om ons krag probleme op te los.

Colin ·

Kan hulle almal nie maar net aan ‘n sinker of twee vasklou en gaan afkoel in see nie?

Anel ·

Wat het van die geld geword wat moes sorg dat die noodreserwes aan gevul moes word? Seker toe tog vir bonusse gebruik!!!! En lyk my die bote gaan nie eens genoeg krag kan voorsien om ‘n gehuggie van krag te voorsien nie!!

Ryan ·

Ons het van môreoggend 04:00 tot Woensdag oggend 04:00 vir 10 ure geen krag nie, en julle noem dit fase 4! Eskom julle lieg elke dag. Niemand glo meer die twak wat julle verkondig nie.

Seef ·

Hulle wag vir hulle “prestasie” bonusse. Wat ‘n tragiese grap!

Ragnarok ·

Electricity always returns to the source of the power supply (a transformer or substation). Electric current will use the paths of least resistance to return to the source. Electrical systems and supply systems are grounded to the earth. Grounding is necessary to ensure safety and reliability.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.