Fase 4 – SA nou nat én donker

(Argieffoto: Erik Witsoe/Unsplash

Terwyl reën oor groot dele van die land uitgesak het, sal Suid-Afrikaners nou boonop die nat weer in die donker moet trotseer.

Eskom het kort tevore aangekondig dat fase 4 weens ʼn gebrek aan opwekkingskapasiteit Maandag om 13:00 in werking gestel word. Dit sal in hierdie stadium tot Vrydag om 05:00 duur.

Die kragvoorsiener skakel daarna weer oor na fase 2-beurtkrag, soos hy vantevore aangedui het.

“Hoewel Eskom die verhoging in beurtkrag betreur, is dit nodig om die oorblywende noodopwekkingsreserwes te rantsoeneer. Dit is vanoggend kwaai gebruik omdat ons nie die verlaging in aanvraag wat ons van die inwerkingstelling van fase 2 verwag het, ondervind het nie,” sê Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom.

Eskom het boonop verwag dat sewe opwekkingseenhede wat teen Maandag weer aanlyn gebring sou word, maar dit het nie gerealiseer nie. Boonop het ʼn opwekkingseenheid by Arnot vanoggend uitgeskop en tot die tekort aan kapasiteit bygedra.

Onbeplande instandhoudingswerk, dus werk wat gedoen moet word omdat ʼn onvoorsiene probleem by ʼn opwekkingseenheid ondervind word, staan tans op 14 874MW, terwyl beplande instandhoudingswerk 5 579MW uit die stelsel gehaal het.

Eskom sê beurtkrag word as ʼn laaste maatreël ingestel om die bestendigheid van die kragstelsel te handhaaf, ongeag van watter fase van beurtkrag ingestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

56 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pietvdpaarl

Maw, volgens dié artikel, moet ons dankbaar wees dis slegs vlak vier beurtkrag. Genade.

Peter Pan

Ag sit net die krag permanent af asb.

Marius

Eskom – julle weet duidelik nie hoe om te beplan nie. Dit is belaglik om in die ekonomiese toestande nog hier deur ook te gaan . Absoluut belaglik .

Mariana

En ons moet maar betaal, betaal, betaal vir hulle onbeholpenheid. As ek nie beter geweet het nie, sou ek nogal gedink het hulle is aspris…….is hulle dalk?So moeg vir die gemors.

JohanR

Is Suid Afrika nou amper finaal in die donker? How to destroy a state entity in just 27 years!