Fase 4 tot Goeie Vrydag

(Argieffoto: Klim Sergeev / Unsplash)

Fase 4-beurtkrag sal Woensdag om 16:00 in werking tree en tot Vrydag om 05:00 geld. Daarna sal wisselende fases beurtkrag – tot en met fase 3 – elke dag tot Dinsdag om 05:00 ingestel word.

Eskom sê 16 644 MW se kapasiteit op die kragnetwerk is tans weens onklaarrakings onbeskikbaar, terwyl ʼn verdere 6 400 MW aan instandhoudingswerk afgestaan word.

ʼn Opwekkingseenheid is in die afgelope 24 uur by die Arnot-kragstasie in werking gestel, maar ʼn ander een is intussen by hierdie kragstasie vir herstelwerk afgeskakel.

Nog opwekkingseenhede is ook by die Lethabo-, Kriel- en Tutuka-kragstasie vir herstelwerk van lyn gehaal.

Daar is verder vertragings in die herstel van opwekkingseenhede by die Kusile-, Medupi- en Tutuka-kragstasie wat tot verdere kapasiteitsprobleme bydra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos 100 ·

So nou is onse minister van krag(loos) se wittebrood verby?

Theunis ·

Uitstekende verslag wat voorkom kon wees indien CR, sy kabinet en Eskom kundig genoeg was van die begin af, die verslag is net ‘n “after the effect” van die alreeds bestaande probleem, die eintlikke vraag is : Minister van elektriseteit, WAT NOU, JY IS MOS DIE BAAS VAN DIE PLAAS ??????? of het jy ook nie meer antwoorde nie.

Eugene ·

Julle fire de Ruyter, nou is dit fase 4 tot vrydag. Die minister van elektriesiteit is veronderstel om beurtkrag weg te vat, nou is dit erger.

Wondermaarnet ·

Die bewys is daar dat De Ruyter nie die probleem was nie, maar die lot het tonnelvisie en kan dit nie sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.