Fase 4 weer hier

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Fase 4-beurtkrag is enkele ure gelede ingestel en sal nou tot Vrydagoggend geld, sê Eskom.

Dit is nie duidelik waarom die kragvoorsiener fase 4 geïmplementeer het nie.

Eskom het Donderdag vroegaand aangekondig dat fase 4 tot Vrydag om 05:00 sal geld voordat fase 3 sal inskop en tot Vrydag om 16:00 sal geld.

ʼn Vooruitsig vir die naweek is nog nie beskikbaar nie.

Eskom sê hy sal na verwagting Vrydagmiddag meer duidelikheid kan gee oor hoe sake die naweek sal verloop wat beurtkrag betref.

Die beurtkragskedule het vandeesweek gereeld verander om onder meer Eskom se noodreserwes te help bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Papsak ·

Ja gaan aan en aan julle het tog nie ore nie hierdie ding is onwettig julle wil besighede van wit lam le laat ons alles moet verloor laat julle kan floreer daarom doen julle dit

willie ·

Eishdom, kan julle nou vir eens en altyd besluit watter fase julle wil toepas ne? want julle neuk rond en dopper rons soos n boot sonder stuur!!!!!!

Highlander ·

@willie. Ek dink eskom is net so verbaas wanneer nuwe fases aangekondig word.

Highlander ·

@Papsak. Die hof is nie in beheer. Dit is daar om die gepeupel te laat dink iemand luister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.