Fase 5, 6-beurtkrag geld nou ondanks nog ʼn Kusile-eenheid

Eskom se Kusile-kragstasie. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Eskom het Woensdag in die vroeë oggendure bekend gemaak dat fase 5-beurtkrag vanaf 05:00 tot 20:00 sal geld weens onvoldoende opwekkingskapasiteit en die behoefte om noodreserwes verder aan te vul.

Fase 6-beurtkrag sal daarna van 20:00 tot 05:00 Donderdagoggend geld en die patroon sal daagliks herhaal word tot Saterdagoggend. Dit sou aanvanklik fase 4- en fase 6-beurtkrag gewees het wat in dié patroon toegepas sou word.

Eskom se aankondiging oor ʼn hoër fase beurtkrag kom enkele ure nadat hy met tevredenheid aangekondig het dat die Kusile-kragstasie se eenheid 2 Dinsdag, twee dae voor die beplande datum, tot die kragnetwerk bygevoeg is.

“Dit is nog ’n belangrike mylpaal in Eskom se opwekking-herstelplan wat daarop gemik is om die energiebeskikbaarheidsfaktor teen Maart 2025 tot 70% te verhoog. Die eenheid sal 800 MW tot die netwerk voeg. Die bykomende drie eenhede verskaf 2 400 MW, wat neerkom op twee en ’n half fases se beurtkrag. Met die drie eenhede weer in diens, sal Kusile in totaal 3 200 MW opwek.”

Eskom het in Oktober nadat Kusile se eenheid 1 weer begin krag opwek het, gesê die einde van beurtkrag is in sig.

Die laaste twee eenhede van Kusile is nog nie voltooi nie. Eenheid 5 sal na verwagting teen April volgende jaar begin krag opwek en eenheid 6 teen Februarie 2025.

Bouwerk aan Kusile het reeds in 2008 begin en sou aanvanklik net ses jaar duur en R81 miljard kos. Die eerste eenheid het egter eers Augustus 2017 begin krag opwek en Kusile kos nou al meer as R230 miljard.

Kusile se eenhede 1, 2 en 3 is egter verlede jaar afgeskakel nadat ʼn voerpyp van hul gedeelde skoorsteen ineengestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Piet 6 ·

Daar is ń baie groot waarheid in elke leuen. Die waarheid kom altyd uit. Ongelukkig altyd ń bietjie laat.

Saartjievandiebosveld ·

Karpower Ship is op hulle agenda…dis een van die redes hoekom daar skielik loadshedding is

Keelvol ·

Is nou belaglik. In plaas daarvan om n einde aan die snert te bring, doen eskom net mooi niks. So keelvol vir die nonsense ????

Gerhard ·

Weereens bewys die cANCer dat hulle net eenvoudig niks reg kan doen nie. Ons ekonomie kan lankal nie meer die druk hanteer wat ESKOM daarop plaas met die beurtkrag nie.

hpven ·

Die afgesaagde verskoning “om noodreserwes aan te vul” My persoonlike mening, stel onafhanklike deskundiges aan om die hele aangeleentheid te ondersoek en die werklike rede bloot te lê. Dekundiges deur die politieke alliansie aangestel en betaal, nie deur die ANC/EFF nie! Privatiseer Eskom daarna sodat die vreet trog eens en vir altyd gesluit kan word. Tans versleg die toestand daagliks! Red Eskom om Suid Afrika te red!

Carina ·

Dit help nie hulle “herstel” die sisteem maar het nie geld vir steenkool of diesel nie. Dis hoekom daar loadshedding is, hulle kan nie die brandstof bekostig nie, nou moet ons daaronder lei.

DEON ·

Gee die land terug aan die wat hom kan bestuur, 30 jaar later en hulle kan steeds niks oppas en beheer nie. Wanneer gaan hulle begin besef dat hulle nie die land kan bestuur nie.

domheks ·

Nou wat het die mini-ster van elektrisiteit al gedoen in die maande wat verby is? Liegstories aan ons voorgehou, kry salaris vir wat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.