Fase 6-beurtkrag bly in plek

Ter illustrasie (Foto: Andrey Metelev via Unsplash)

Fase 6-beurtkrag sal tot verdere kennisgewing geld nadat ʼn opwekkingseenheid by die Medupi-kragstasie onklaar geraak het.

Fase 6-beurtkrag is Woensdag om 16:00 ingestel, maar sou net tot 05:00 Donderdagoggend gegeld het voor fase 5-beurtkrag toegepas sou word. Hierna sou fase 6- en fase 5-beurtkrag om die beurt toegepas word.

Volgens Eskom het die toename in aanvraag ná die langnaweek en die heropening van skole bykomende druk op die kragnetwerk geplaas.

Daar is groot kommer oor hoe die beurtkragsituasie vorentoe gaan uitspeel met die wintermaande wat vinnig nader kom.

Solidariteit het Woensdag gesê daar is in dié stadium geen gronde om die instelling van fase 10-beurtkrag te vrees nie, al het die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa, vroeër oor die moontlikheid daarvan gewaarsku.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê dat selfs die instelling van fase 8-beurtkrag onwaarskynlik is, behalwe “as iets onvoorsiens gebeur”.

“Die minister van elektrisiteit hou daarvan om te skok en kragdadige stellings te maak. Ons het dit ook gesien met sy suggestie dat korrupsie nie so erg is nie,” het Hermann gesê.

“Solidariteit werk met die werklikheid en vooruitskattings van werklike data.”

Volgens Hermann het Solidariteit lede in bykans alle sleutelposisies in Eskom, wie se terugvoer aan die vakbond is dat ʼn gemiddeld van fase 3- en 4-beurtkrag vir die komende winter verwag kan word.

Hy meen daar kan egter steeds met uitsondering hoër fases van beurtkrag wees. Uitsonderings sal byvoorbeeld wees indien daar vier dae of langer uitsonderlike koue of buitengewone onklaarrakings voorkom.

“Ongelukkig word beurtkrag vir die hele jaar op ʼn daaglikse basis verwag. Die stelsel is onder groot druk en Eskom is in ʼn toestand as gevolg van gebrekkige regeringsinsig, roekelose bestuur, verlies aan vaardigheid, korrupsie en sabotasie. Daar kan dus altyd iets onvoorsiens gebeur.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Danie ·

Mnr Elekstrisiteit se hand met kaarte het tot n einde gekom.Raai raai wie was die eerlikste persoon wat beskuldig is van allerhande motiewe.???Jy bly nog ons Hero.

Shakespeare ·

Hoe anders. Die energie minister is maar net nog n korrupte onbevoegde grootmond kader wat net nonsens praat.

Marthinus Johannes ·

Wat SOEK hy nog daar, noodtoestand is afgeskaf, ( dit is die enigste rede hoekom daar was of moes gewees het volens CR) Nou ry rond en vermors gravytrein geld. CR moet van hom onslae raak want hy nie meer nodig nie.

Harley Davidson ·

Soos ek verstaan sou sputla dit uitsorteer en die afwesigheid van krag tot ‘n minimum beperk,wys jou nou net die blinde ly die dowes.

Papsak ·

Hierdie us klaar fase 8 hulle lueg weer soos gewoonlik hulle pateties kan niks reg kry of doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.