Fase 6-beurtkrag duur voort

(Foto: Shutterstock)

Fase 6-beurtkrag is Vrydagoggend om 05:00 ingestel en sal tot verdere kennisgewing geld.

Eskom sê dié besluit is geneem nadat opwekkingseenhede by sy Tutuka-, Kriel-, Duvha- en Kendal-kragstasie gedurende die afgelope 24 uur onklaar geraak het.

Die kragvoorsiener sal verdere inligting deurgee indien daar merkwaardige verandering is.

Tot dan sal Suid-Afrikaners die verhoogde beurtkragfase moet verduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Groen Ghoen ·

PW Botha Staatspresident vir vyf jare: Geen beurtkrag nie. Ramaphosa president vir vyf jare: Minstens 445 dae beurtkrag. Hannelie, feite lieg nie. Dit is tyd vir ESKOM en die ANC om die waarheid te praat.

Jack ·

Waar is die Minister van electric ? Alles val om en hy was dan so positief oor die positiewe gesindheid van die Eskom werkers.Whatever. Pas maar aan met Level 6 want dit en slegter is hier om te bly tot ESKOM finaal omval.

Wondermaarnet ·

Minister was in die nuus na sy aanstelling en dit was laaste sien en hoor. Seker te besig om sy astronomiese salaris te spandeer.

Watsenaam ·

Wat ek verstaan van die krag “blackout” se fases, is dat elke uur wat die krag per 24 siklus af is, is dit een fase. So fase 6 betekendat die krag ses ure per dag af is . By ons het ons vir 10 ure per dag nie krag nie. Of is my verstaan verkeerd?

Wondermaarnet ·

So is ons al vir dae op 4 ure af, 2 ure aan en weer 4 ure af! Was De Ruyter regtig die probleem?

Samuel ·

De Ruyter was nooit die probleem nie. Ons krag was reeds vir twee ure af en is nou vir die volgende vier ure af en weer vier ure vanmiddag!!

domheks ·

NEE De Ruyter was nie die probleem nie. cANCer is die GROOT PROBLEEM!

TheSnake ·

Ons is nog bevoorreg. Zim het ook so begin. Later as die krag af gaan, weet jy nie wanneer kom dit weer aan nie. En as dit aankom, weet jy ook nie vir hoe lank nie. Laai maar al wat ‘n battery is as dit aan kom!

Manie ·

Ek kyk nou na vandag se fase 6 beurtkrag skedule en merk op dat die krag vir 9.5 ure gaan af wees. Watter fase het dan 2 weke gelede gegeld toe die krag vir 11.5 ure af was?

Owlie ·

Rêrig
Ons het nie geleerdheid nodig om intelligensie te gebruik nie Eenhede wat skielik onklaar raak of eenhede waar daar skirlik weer plundering plaasvind ?????? Die enigste merkwaardige verandering wat daar kan wees is did totale onafhanklike privatisering van Eskom en sommer die SA regering ook

Papsak ·

Ag so what ons glo niks meer nie speel julle spel maar rustig voort julle wil nou maar net nie luister nie maak mos net soos our people wil

Cindy ·

“Onklaar geraak het”… dis al waaruit Eskom bestaan. Dis net een helse gesukkel!

Doompie Daan ·

Hoekom word die kragstasies nie gereeld gediens en instand gehou as voorsorg maatreël nie??

melaney ·

Ek glo nie dit is eers nodig om die vraag te beantwoord nie. Almal weet hoekom.

Piet 6 ·

Die rede waarom daar eenhede buite werking gestel word vir beplande instandhouding is om die onderhoud en diens te doen waarvan julle praat.

SjN ·

Eskom moet hul minder bemoei oor die verskillende fases en hul job doen, waar is die kader minister nou.

Gert ·

Ek het lekker gelag toe hulle onmiddelik vir De Ruiter wou blameer net na hy weg is daar, toe dit mos vir so rukkie goed gegaan lol, nou ja, as jy nie weet dat jy nie weet nie…

Theunis ·

CR en jou ministers, weereens net ‘n 1 lyn kommunikasie, ongeag die effek op die ekonomie en elke individueel, julle gee nie om nie, stel nie belang nie en het in alle geval geen idee hoe om die probleem aan te spreek nie, die probleem is : Wanneer gaan julle dit besef, hartseer om nie te weet wat jy nie weet nie. maar verdien intussen miljoene rande vir eie gerief.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien hier ‘n opstand uitbreek en dinge lyk sleg sal CR vinnig in ‘n straler spring en padgee.

Watsenaam ·

Wel dan is hy seker maar weg, dan kan ons soos die res van die wêreld vir sy arrestasie en uitlewering vra, of hoe?

Casper ·

Mamie julle is bevoorreg.Vandag het ons 17 ure beurtkrag tussen die munisaliteit en eskom.Ons skedule werk uit elke uur en ‘n half het ons beurtkrag vir twee en ‘n halfuur.Ons begin dit nou al gewoond raak en beplan om dit.Die minister van elektrisiteit het duidelik nie ‘n idee waarvan hy praat nie.Die probleme by eskom is veel erger as wat die regering en eskom wil voorgee nou lieg hulle vir ons.

Manie ·

Ek het ‘n sonkrag stelsel ingesit, maar met baie bewolkte en reënerige dae gaan dit maar steeds kreun onder fase 6 of hoër.

Republikein in die Wes Kaap ·

Klein- en mediumgroot ondernemings sukkel om te oorleef. Hulle maak eerder toe en werkers word afgelê.

Watsenaam ·

Baie, baie hartseer. Baie van die Klein ondernemings word deur een man of vrou bedryf vir n inkomste.

melaney ·

Ons area is daagliks ten minste vir 12 tot 15 ure aaneen af. Fase 6 se voet!

Linda ·

Hoe op dees aarde moet fabrieke vervaardig wat nie n duur generater kan bekostig nie en op 3 fase werk. Hulle maak besighede dood.

Tong in die kies ·

Niks maak meer sin met die voortslepende loadshedding nie. ONBEVOEG is hulle verseker,, want hoeveel keer lees ons van die selfde kragstasie wat telkemale af is weens instandhouding. Kan Eskom nie een stasie 100% laat funksioneer nie. Let maar op dit is kort kort die selfde kragstasies. Dit wys maar net op swak, onopgeleide vakmanskap.

Elizabeth ·

Is al so moeg vir ESKOM. Ons is amper 12 ure n dag sonder krag. My man het slaap apnee (hou 64 keer per uur in sy slaap op asemhaal) en moet met ‘n CPAP masjien slaap!!!!!!!! Hoe en waar gaan hy dit regkry? Elke aand is ons 4ure af of van 6-10 of 8-12 of 10-02. ESKOM gaan niks voel as my man iets oorkom nie en nog minder die minister van Elektrisiteit en nog minder die president. Dan praat ek nie eens van mense wat permanent suurstof gebruik nie. Ons lewe beteken net mooi niks vir die regering nie!!!!!!!!????????????????????????????????????

Manie ·

Ek slaap self met ‘n CPAP apparaat en kom ek sê vir jou, dit was hel totdat ek nou die dag ‘n sonkrag stelsel laat insit het. Wanneer die krag afgaan, trek die apparaat ‘n vakuum en kry jy geen lug nie, dis nie speletjies nie.

André ·

Dis nog nie winter nie en ons boer op fase 6. Ek wil nie negatief wees nie maar hier kom groot probleme en eskom en die reg belet mense wat hulself probeer help om dit te doen.

Nie Verbaas ·

En ons korrupte minister van elektrisiteit sit in die tussentyd sy maandelikse totale pakket van R46 miljoen en geniet.

efjy ·

Hoeveel kragstasies is daar. Ons het nou al die afgelope aantal jare beurtkrag omdat die een of ander eenheid/krastasie buite werking is as gevolg van onklaar/gebreke. Dieselfde kragstasies breek met gereelde tussenposes. My magtig, kan die eenhede nie een per maand uit produksie gehaal word en ordentlik herstel word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.