Fase 6-beurtkrag duur voort

(Argieffoto: Unsplash)

Eskom het Woensdagmiddag aangekondig dat fase 6-beurtkrag tot Woensdag om 22:00 sal voortduur.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 6‑beurtkrag Woensdag van 16:00 tot 22:00 ingestel word. Fase 4‑beurtkrag sal dan in werking tree en tot middernag geld, voordat fase 2‑beurtkrag tot Donderdag 05:00 sal inskop.

Fase 4 sal dan van Donderdag 05:00 tot middernag geïmplementeer word. Beurtkrag sal dan weer tot fase 2 verlaag word en tot Vrydag 05:00 voortduur.

Eskom sê in sy jongste verklaring hoewel van die werkers reeds Woensdagoggend vir diens aangemeld het, is daar steeds ’n groot aantal werkers wat nog nie by die werk terug is nie.

“As gevolg van die onwettige staking is van die onderhoudswerk vir eers gestaak. Dit sal weke neem om hierdie werk in te haal, en daarom is die kragnetwerk steeds onder druk en die moontlikheid van verdere beurtkrag hoog,” sê die kragvoorsiener.

Beurtkrag word sedert verlede week al ingestel weens ʼn onwettige en onbeskermde staking van werkers wat vir grootskaalse ontwrigting by kragsentrales gesorg het. Dit het Eskom genoop om as voorsorg opwekkingskapasiteit op te gaar en sy aanlegte te beskerm.

Volgens Eskom word minstens 3 161 MW tans aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl hy sonder ʼn bykomende 17 395 MW moet klaarkom weens onbeplande onderbrekings.

Maroela Media het vroeër berig fase 6 beteken dat verbruikers tot meer as nege uur per dag in die donker kan sit met kragonderbrekings wat tot 4,5 uur aaneen kan duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JohanR ·

Hier in die Republiek Wes-Kaap bly ons op fase 4. It helps to have a decent goverment!

VaalDonkie ·

Ja maar wat is die verskil tussen fase 4 en fase 6 nou rerig? Dis nogsteeds drie maal per dag, 2.5 ure op ‘n slag. My arme batterye het skaars kans om vol te laai tussen die ontlastings deur.

Harley Davidson ·

Ek stem saam wanneer die Wes Kaap afstig sal beurtkrag nie nodig wees nie.

Antie Sarie ·

Dit is n hartseer dag wanneer mens moet dankbaar wees vir twee keer n dag se shedding ipv drie maal per dag. Of watever die skedule bepaal. Daar is nie veronderstel om sgedding te wees. Punt

Witbaard ·

Dis net City of Cape Town wat op fase 4 is, res van die Weskaap ook maar op fase 4.

Di ·

Raak ontslae van AL die onwettige stakers! Dis SABOTASIE niks anders nie. Die korrupte regering is ook DOODSTIL! Eskom moenie die wat onwettig gestaak terug neem in diens nie, hulle WIL NIE WERK NIE. Kry mense wat bereid is om te werk en sodoende die land op sy voete bring.

Johann ·

Anargie op sy beste! En die ministers wat verandwoordelik is vir die bedryf en sy beskerming is nêrrens te vinde? En Ramanocio lê leeg in Europa?

Koos 100 ·

Wat sal hy kan doen as hy hier is? Nog liegstories kwyt raak? Nog geld wegsteek?
Want Eskom regmaak kan geen een van die kabinet doen nie!

Roebs ·

Wil nou net weet wanneer moet ek kos maak geld is min vir take-aways? Kom eers laat van die werk af moet dan wag tot hel 22h00 dan jaag om alles te doen dan weer vroeg opstaan nee so kan dit nie aangaan nie.

Nicolaas ·

Hier in pretoria brand pretoriaweg se ligte dag en nag asook hele eqesrtria en alle strate i. Murryfield en simon vermooten straat .dan dreig haai jan oberholzer ons met vase 9 beurtkrag betaal die “our people” af wat nie wil werk nie en Jan doen vir n slag jou werk behoorlil

Mariana ·

Ons moet maar leer om om Eskom se beurtkrag en stakende mense te werk. Eintlik is sit mos niks nuuts nie. Daai wat nie terug is by werk nie, moet in die pad gesteek word en die wat wel terug is gaan ook nie hul beste werk lewer nie. Kry ander wat wil werk, magtig daar is geen tekort aan werkers nie, hulle sit by die miljoene en wag vir werk. Dit is nou ons toekoms en tensy ons self iets aan ons probleme probeer doen nie, gaan ons heeltemal ten gronde gaan, niemand anders gaan ons help nie. SA sak al hoe verder in die put af, modder is besig om ons te verswelg……te danke aan ‘n regering wat net na hulself en hul kaders kyk.

Hercules ·

ek sal die beurtkrag nie aanvaar nie want dit is hoe die terroriste se koppe werk!!

Se maar net ·

Dis belaglik! Ek’s weer vannaand 16:00 – 20:00 (fase 6) af en moreaand af van 16:00-18:00 (fase 4) kan tye darem nie bietjie geroeteer word nie, maar nee dis te veel dink werk????????

Martin ·

Bla bla bla bla bla en niemand sê iets nie. Ons regering het nie beheer nie en beskik nie oor die vermoë om ‘n land te regeer nie. Meeste van ons staats instansies is bankrot of oppad om bankrot te word…

Harley Davidson ·

Die Wes Kaap moet afstig van die piesang Republiek dan sal beurtkrag ‘n ongekende ding wees want die regering sal kan regeer hulle sal net die grense moet toemaak vir die hordes wat weer onwettig sal wil inkom.

Witbaard ·

Waar gaan die Weskaap skielik krag vandaan kry as hulle afstig. Die DA kannie krag maak nie.

Henry ·

Hulle moet krag privatiseer. Nie net een vir hele RSA nie. Elke dorp het sy eie kragstasie gehad. Toe kom anc aan bewind en al daai kragstasies moes sluit.

Nicolaas ·

Eskom is gou om eier te lê maar pretoriaweg hele eqestria simon vermoten en murryfield se ligte brand 24 uur elke dag .el het dit al hoebeel keer gerapporteer maar ” our people ” doen niks daaraan nie en dreig net met fase 9

My siening ·

En toe lê mtashe ook ‘n slak eier “Dis nie die ANC nie dis eskom, hoe dom moet jy wees om ‘n lp of min te word vir die ANC. Polisie en cele moet ook aangekla word omdat hulle nie sleutel punte beskerm, maar cele is besig om te jhank!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.