Fase 6-beurtkrag is terug

(Argieffoto: Unsplash)

Weens ’n tekort aan opwekkingskapasiteit is fase 6-beurtkrag Woensdag om 16:00 ingestel.

Dit sal tot Donderdag om 05:00 geïmplementeer word. Fase 5-beurtkrag sal daarna tot Donderdag om 16:00 geld.

Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing van krag wees.

Meer as 16 700 MW se opwekkingsvermoë is tans onbeskikbaar terwyl 5 807 MW weens beplande instandhouding nie beskikbaar is nie.

Twee opwekkingseenhede by die Kriel-kragstasie is oor die afgelope 24 uur weer in diens geneem, maar in dieselfde tyd het ’n opwekkingseenheid by die Duvha-kragstasie onklaar geraak.

Volgens Eskom het vertragings in die terugkeer van ’n eenheid by die Camden-, Kendal-, Lethabo-, Medupi- en Tutuka-kragstasie bygedra tot die kapasiteitsbeperkings.

Die toename in aanvraag ná die langnaweek en die heropening van skole het glo bykomende druk op die kragnetwerk geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cornrit ·

Dit is soo jammer dat n mens nie jou sê kan sê nie. Eskom en die regering is dieselfde nl: SLEG GEMORS. Dan kry die uitvaagsels nog salarisse ook.
Alles konkreet, wat die staat aangeraak het, was n mislukking. Waar gaan dit eindig?.

Pietertjie ·

En dis nog nie eens winter nie. Waar’s daai minister van donkerte? Het laas van hom gehoor toe hy ná ‘n maand-lange toer uitgevind het dat die vraag die aanbod oorskry…

Waarnemer ·

En cyril en sy kaders lag nog al die pad bank toe.Eskom is baie vinnig besig om sy gat behoorlik te sien dan vat cyril en sy skoonseuntjie en brian oor.

Shakespeare ·

Net jammer die ANC/EFF is nog met ons. KATASTROFIES !!!!!!

Eugene ·

Mnr ramp-okpoga. Julle is vol verskonings. Julle het de Ruyter gefire, nou is die fases nog erger. Wie moet eintlik gefire word? Kyk in die spieel.

otter ·

Kan maroela media asb n berig doen oor hoekom beurtkrag nie geimplementeer word in plekke soos scotsdene , dele van kraaifontein hanover park ens. nie. so ver ek verstaan is dit omdat die gebiede onder misdaad deurloop, maar nou kom die misdaad na die ander dele toe waar daar wel beurtkrag is . almal moet beurtkrag kry nie net sekere groepe nie PUNT!!

Chris ·

Eintlik moet ons die naam verander van die Republiek van Suid Afrika na die Polemiek van Suid Afrika

Nico ·

Eskom kry dit in jou kop en privatiseer Eskom wat hulle sal doen nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.