Fase 6-beurtkrag: Noodreserwes moet aangevul word

Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit (Foto: GCIS)

Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het Vrydag gesê hy besef die toepassing van beurtkrag en veral fase 6-beurtkrag veroorsaak groot ontwrigtings.

Hy het tydens ʼn perskonferensie gesê die instel van fase 6-beurtkrag was ʼn buitengewone geleentheid en dit is beslis nie die plan om beurtkrag te “normaliseer” nie.

Eskom het Vrydag “met groot spyt” aangekondig dat fase 6 vanaf 12:00 tot Maandag 05:00 ingestel sal moet word. Die kragvoorsiener het vroeër gesê ’n tekort aan opwekkingsvermoë en noodreserwes het hom genoop om drasties die fase te verhoog.

Ramokgopa sê die kragvoorsiener het te veel verpligtinge aangegaan wat betref die noodreserwes. Die ingryping wat oor die naweek (Vrydag tot Sondag) sal gebeur om verligting vir die beurtkragfases te bring, sluit in om die noodreserwes aan te vul, insluitend om slegs die helfte van die kapasiteit te gebruik wat die oopsiklus-gasturbines verskaf. Die kragvoorsiener sal oor die naweek ook probeer om eenhede, met onbeplande kragonderbrekings, so vinnig as moontlik weer aan te skakel.

Ramokgopa sê een eenheid sal na verwagting steeds teen die einde van die maand by Kusile-kragsentrale aangeskakel word en die tweede eenheid sal na verwagting in die middel van Desember op die netwerk gekoppel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

domheks ·

Gaan kyk gou of die son skyn! die man se dis nag …. en niemand glo hom meer nie! En hy lieg alweer die son skyn HELDER!
Die einde van exsdom is in sig …

ekweetniks ·

sien ons dorp het besluit om ‘n blinde oog te gooi en ons het al 2 beurtkragte vrygespring vandag – iewers slaap iemand

Ragnarok ·

Ek sien dit mag nie genoem word dat ander lande ook met nfake energie krisis sit nie. Want elke land moet voel hul probleme is uniek.

Casper ·

Skielik praat koppe nie meer van eenhede wat buite werking is en eenhede wat weer aanlyn gebring is nie want hulle moet nog steeds kan eet.Hy praat van die verre toekoms om eenhede aalyn te bring.Ek dink hy eet nou maar saam met die ander.almal het mos gesê de Ruiter in swart is die vark in die verhaal om die kollig van die werklike skuldiges afte lei.

Rayman ·

Nou wonder ek, ry verby al die kragstasies daar in Mpumalanga en jul sal sien almal van hul werk, nou wonder ek maar fase6 vir wat

Gert ·

Daar is n gesegde wat vra, wanneer weet jy of n politikus lieg. As hy sy mond oopmaak!
Die is alles beplande strategie. Niemand glo n snars van wat enige anc lid sê nie.
Wat my kwaad maak is dat hulle dink ons is dom genoeg om hulle te glo.
Hulle kry vet salarisse vir NIKS doen.

annie ·

Die minister besef, maar besef ons watter lyding die man deurstaan en daarom juis ‘n groot salaris verdien. Die pyn en lyding wat dié minister se siel daagliks deurklief moet iets ysliks wees en om te dink dit gaan nog onbepaald moet duur is iets wat mens self diep raak. Gelukkig het die ander minister, Mantashe, darem nou kragskepe bewinpel om ons vanuit die weste by te staan plus ons atoomkragstasie wat ook ‘n druppel in die emmer sal stort. Wees rustig tot Sondag wanneer alle kerkdienste moontlik ook onderbrekings sal ervaar wanneer die gemeentes moet wag op die kragminister se beloftes van moontlike herstel en nog beloftes van moontlike onderbrekings na dié onderbrekings…

Andre ·

…dis verby met Eskom!
Die A en C probeer hom net aan die lewe hou tot met die verkiesing!

Piet parys ·

Dis net n mond vol verskonings deur onbekwame Anc kader wat geraas maak en niks kan oplos nie . Breinkrag inisiatief , kennis , vaardigheid en dryfkrag wat nodig is om eskom te probeer herstel maar die omdraai punt is lankal verby en nou moet die verbruiker die disfunksionele eskom werkers uitspattige salarisse betaal vir geen diens verrig . Dis soos om n pak chips te koop met net lug binne in .

M ·

Iewers op ‘n ander plek gelees die arme wese sê die Fase 6 is nodig agv die Hittetoestand… hy is duidelik nie bewus daarvan nie “hoe warm die mense onder die kraag is ” agv leuens en valse voorwendsels.

Billy ·

Ek lees nie die inhoud…kyk net na opskrifte….dis genoeg… did res is betekenloos… het n wyle terug gewonder… hoe kon ons van fase 6 skielik drop na byna geen fases….dit het gehou vir 3 maande?…ek dink en nou binne 2 weke… terug na fase 6….aka die inhoud van die berig waarmee ek nie my tyd gaan mors om te lees… is die anc se….what do we want it to be …. to manage ze peasants… out there in the heat… nothing else

Johanncb ·

Beurtkrag raak hom nie. Sy huis is aan ‘n kragopwekker gekoppel.

Papsak ·

Regtig black friday ne waar is jou lig in die tonnel Mnr Ramaghopa kom wys my jy ons alweer op fase 6 wanneer kom 10 nou weer jy n regte leunaar hou op lieg gebruik gekd vir diesel en los bonusse uit vir nou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.