Fase 6-beurtkrag onbepaald ingestel

(Foto: Dirk Hermann/Facebook)

Eskom het Sondagaand aangekondig dat fase 6-beurtkrag onbepaald tot verdere kennisgewing ingestel sal word.

Dít volg nadat nog agt opwekkingseenhede Sondagmiddag onklaar geraak het.

Drie opwekkingseenhede het onderskeidelik by die Arnot-, Hendrina- Lethabo en Majuba-kragstasie opgepak, en nog twee by die Camden-kragstasie. Dié opwekkingseenhede is nou van die kragnetwerk afgehaal om herstelwerk te verrig.

Verder is nog twee opwekkingseenhede by die Lethabo-kragstasie afgeskakel weens ʼn tekort aan steenkool. Volgens Eskom kon die New Vaal-steenkoolmyn nie die verwagte hoeveelheid steenkool aflewer nie weens swaar en aanhoudende reën die afgelope week.

Die drie eenhede wat tans in werking is, funksioneer op minimum kapasiteit en loop die risiko om ook afgeskakel te word indien die tekort aan steenkool nie gou opgelos word nie.

“Weens die hoë aantal eenhede wat onklaar raak, kan verdere veranderings in beurtkragfases moontlik op kort kennisgewing aangekondig word,” het Eskom gesê.

“Weens onklaarrakings is 21 243 MW se kapasiteit tans nie beskikbaar nie, terwyl 3 566 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Gerhard ·

Nou se ek absoluut niks meer nie. Nie eers die beplande minister van elektrisiteit sal dit kan regkry nie. Ramapose, jy en jou manskappe is besig om ons pragtige land in die grond in te bestuur. Hoe op aarde dink julle dat besighede hierdie moet kan absorbeer? Julle gaan beslis hier bydrae tot die werkloosheid, want besighede gaan totaal en al tot niet. Help seker in elkgeval nie mens kla hier nie, want julle sien nie hoe ons voel en ervaar nie ons harte in hierdie verband nie. Ons kan nie so aangaan nie en julle onbevoegdheid gaan julle duur te staan kom. Nie te min, sterkte aan almal wat saam met my so moedeloos voel oor die hele kragdebakel en soveel meer onregverdige skending van ons menseregte. Ek dink in elkgeval nie iemand is op die stadium mal genoeg om die Bestuurshoof pos by Eskom oor te neem nie, want hy sal opgestel wees vir mislukking……kry asb bevoegde mense om by Eskom te werk.

Heinrich ·

Die skuld lê voor die deur van elke genius wat vir hierdie klomp stem en hulle in beheer hou. Tot tyd en wyl die comrads nie lig sien nie is ons gedoem (woordspeling bedoel)

Kwikkie12 ·

Hierdie land is so kwesbaar. Die Sjinese/Russe gaan ons kan oor vat sonder enige teenstand!! Alles tuimel in mekaar. Die pilare wat ons nog vir om en by 25jaar gedra het, het verkrummel.

TruthDealer ·

As Rusland ons sou oorvat, sou dit beteken: Ordentlike staatshospitale, goeie polisiemag, baie strenger op misdaad, net beter wet en orde en gesondheid en veiligheid in die algemeen. Ek weet baie mense stik seker nou in hul oggend koffietjie. Maar dink daaroor. SA is reeds dood en verlore, in elk geval. Ek glo die Russe sal ook veel beter na die boere omsien. Hulle is lankal nie meer n klomp kommuniste soos in die ou dae nie. Diegene wat verstand het, sal die Russe SMEEK om ons oor te vat.

TruthDealer ·

Dit sal beter wees vir ons. Suid Afrika is lankal dood. So wat sou dit saak maak as Rusland ons oorvat? Ons lewe in n hool, in die puin van n huis wat lankal ineengestort het. Omring deur troppe moordenaars. Ek kan nie sien hoe dit vir ons erger gaan wees as n provinsie van Rusland nie. Hulle sal dinge ten minste regruk en ons sal veiliger wees. Hulle is lankal nie meer kommunisties nie. Putin is n Ortodokse Christen. Hulle is nou net so kapitalisties soos die Weste. En ek glo nie hulle gaan toelaat dat misdaad hoogty vier onder enige regering van hulle nie. Dink net, staatshospitale wat werk, boere en die voedsel voorraad vir die land, beskerm. Hulle sal Eskom ook regruk. Hulle kan alles net beter maak. Rusland kan ons redder wees. Hulle het ook nie n probleem met blankes nie. Wat beteken jou kinders en kleinkinders kan n toekoms hê, hier.

Koen ·

Truthdinges. Jy het geen idee nie. Poetin is ‘n kommunis in murg en been. As hy jou christen idol is – good luck!

Hendrik Marthinus ·

Eskom is so deurmekaar Dat hulle geensins agter Kom Dat hulle eenhede slegs op n Sondag middag breek nie.
In die week loop als heel ohk en doen hulle maintenance
Sodra Sondag aankom breek 6-8 eenhede, net om ons nie n rustige week te gee sonder loadshedding nie.
Dink aan n beter verskoning want als Kan nie net op n Sondag on klaar raak nie

Kuver ·

Elke keer as Ramaphosa due land verlaat tref fase 6 ons, baie interessant ne?

Boer ·

Die nuwe minister van elektrisiteit skep nou eers vir homself geld..

Kuver ·

Hy is nog nie eens aan gestel nie, so se vir my hie kan hy nou skep,…vra net mnr slimkop

Danie ·

Ek hoop julle verstik in julle koffie daar in Megawatt Park

Jack ·

Hierdie storie is ‘n grap…hoekom breek alles sommer oor die naweek ? Nee wat.Die minister van elektrisiteit moet maar gou skep want binnekort is daar geen elektrisiteit oor om te bestuur nie en dan is hy werkloos.Maak hom dan maar minister van werklose mense want nou gaan mense hulle werk verloor.

Watsenaam ·

Het jy die Da. se verslag gesien oor hoeveel geld die arme oorwerkte ministers wat vir die kragonderbrekens moet sorg verdien?

WILLEM ·

Kan nie verstaan dat die eenhede nie ordentlik reggemaak kan word nie asook dat instandhoudings nie behoorlik gedoen kan word nie. Binne Eskom is daar blykbaar soveel sabotasie wat onderhoud en herstel werk onmoontlik maak. Ons gaan terug na die oudae met parafien stofies en kerse. Net ons inkomste belasting word nie minder nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sabotasie is ‘n bogstorie. Die plek is oud en val uitmekaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien Eskom sê daar is sabotasie dan glo almal hul stories wat aandag aflei.

Republikein in die Wes Kaap ·

Swak vakmanskap en onbevoegdheid is nou “sabotasie”, aldus Eskom. En nou moet ons dit glo.

Jacques ·

Republikein, daar is ‘n agenda om ESKOM te vernietig. Hier is ‘n nuwe staatskaping aan die gebeur. Eskom is in die pad.

Nie Verbaas ·

Eskom is op pad om ineen te stort. Ramaphosa, jy en al jou ANC kaders moet liewer gaan. Jy is totaal nutteloos en ruggraatloos. Weereens, net n idioot verwag beter resultate met dieselfde onbevoegde bestuur, ingenieurs en tegnici by Eskom. Woorde vir die ANC se totale onbevoegdheid bestaan ongelukkig nie. Viva SEB!!!

Watsenaam ·

HokaaI NOU! HULLE HET DIE KOEI NOG NIE HEELTEMAL LEEG GEMELK NIE.

Eugene ·

Ramp-phosa het gese Hy gaan minister van elektriesiteit aanstel om beurtkrag te verlig. Ek verstaan nie. Nou Bly fase 6 onbepaald. Wat doen die minister van elektriesiteit daarvoor? Of het rusland iets hiermee te doen!!!

TruthDealer ·

As Rusland maar net iets hiermee te doen gehad het…sou ons nie nou met hierdie krisis gesit het nie. As hulle n massiewe land soos Rusland kan aanhou voorsien met krag, ononderbroke, kan hulle dit beslis hier ook doen. Rusland..we should be so lucky!

kragaap ·

Breek als sommer net so, wat het geword van die konsep van voorkomende en geskeduleerde onderhoud, om nie te praat van kondisie monitering nie, en nou is die steenkool ook op…..klink na patetiese bestuur.

Andre ·

Fase 8 is oppad en dan totale ineenstorting. Dankie vir die anc vir ons terugkeer na kerse en olielampe.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaners besef nou nuwe staatkundige planne is nodig. Die ANC trek ons af.

Di ·

Totale GEMORS!! Dis al hoe mens hierdie land kan beskryf vandat die CANCER die land oorgeneem het. Wonder wat die lande NOU se wat so druk op SA geplaas het tydens apartheid. DIE spul is DOODSTIL. Glo hulle sal NOOIT weer ‘n land druk om swart bemagtiging in te stel nie

Jacques ·

Daardie selfde lande wat destyds druk op SA geplaas het, neem nou migrante in by die miljoene. Al daardie lande sal ook binnekort deur die “ANC” regeer word.

Pietertjie ·

Ek het gewonder hoe lank dit gaan vat voor die steenkool weer nat word. Lyk my ons kort ‘n minister van swak paaie ook. Hulle werk hard daaraan om Mantassie se geldrowende krag-skepe in plek te kry.

Vrystaat2109 ·

Elke afdeling in hierdie land onder regering beheer is basies tot niet.
* Weermag
*Polisie
*Regstelsel
*Mediese dienste
*Uitsaaiwese
*Lotto
* Munisipale dienste
* Eskom
*Skole
* Universiteite
* Parlement is chaos tydens sittings
Korrupsie en protesoptogte is die nommer sport in die land, die regering het GEEN beheer nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

En paaie, spoorlyne, hawens, grensbeheer, misdaad, armoede, werkloosheid, resessie. Dis ‘n mislukte staat. En word nou deur Israel as ekstrimisties beskou.

Asgat ·

Ons water is ook daarmee heen nou – gaan vir langer as n’ week sonder enige water omdat die pompe afgaan as ons beurtkrag het en nie genoeg water in die reservoir kan inpomp nie. Ons moet smeek en baklei voor water waens na ons areas gestuur word.

Wit Leeu ·

Eskom is klaar ! Hoe gouer ons dit besef hoe beter ! Niks kan Eskom meer red nie ! End van die prent !

Truman Burbank ·

Dit wat hulle nie met lockdown ten volle kon regkry nie, word nou gepoog met loadshedding. Een van die dae sak die marsmannetjie op aarde neer

Vinny ·

Ek dink op hierdie stadium gee ek nie om of die aliens ons oorvat nie, maar die huidige regering moet uit, hulle het nou bewys hulle maak net droog.

Jacques ·

Ek glo nie ‘n woord wat die president, die ANC, ESKOM en sommer die DA ook spreek nie. As hulle praat lieg hulle. Hierdie verskonings en die toeval daarin is ongeloofwaardig om die minste te sê. Mense, ons gaan maar elkeen vir ons self moet sorg, of ons dit kan bekostig of nie. Ons moet ons los maak van hierdie tirannie van leuenaars.

Prikkie ·

En elke keer as die Prez landuit gaan, verswak die kragopwekkingskapasiteit.

Hoe werk dit?

Erika ·

Glo my, as die krag so lank af is in die Noord, en dit word weer aangesit, is daar een of ander trip wat glo elke keer trip, dan sit ons nog langer sonder krag, soos bv gister middag \ aand, ek het net begin aandete maak, toe die krag 6 uur afgaan, my half gaar kos staan nog op wasbak, reg om later vamiddag as ek by huis instap, weg te gooi. Maar so gaan die krag 6 uur af, 10 uur kom dit aan, en 5 oor 10 trip die 132kv watse trip, ek is vanoggend uit my huis uit, 05h15 toe is krag nog steeds af, nag donker. Ieder en elk van ons, verlaat ons huise dan is dit loadshedding, kom jy by die huis, is dit loadshedding, naweke beplan mens jou dag se te doen dinge om die skedule en hoop maar die tye is reg, want dit het al hoevele kere gebeur, dat die skedule tyd gee, dan gaan krag of vroeër of later af. Nogal minister van elektrisiteit, only in SOUTH AFRICA, waar krap hulle die geld uit om hom te betaal?

Wildemien ·

Jip hier kom hulle weer met die nat steenkool storie. Dit het nogal lank gevat.

Nettie ·

Suid-Afrika se regering kan tans slegs effe meer as helfte van die dag elektrisiteit aan sy burgers verskaf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.