Fase 6 geld nou

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Fase 6-beurtkrag sal Saterdag om 20:00 ingestel word en tot Sondag om 05:00 voortduur.

Volgens Eskom was hy genoop om ʼn hoër beurtkragfase in te stel om die noodopwekkingseenhede aan te vul.

Dit volg nadat die kragvoorsiener die oggend aangedui het dat fase 4 vir die hele naweek van krag sal wees.

Soos vroeër berig, het opwekkingseenhede elk van die Koeberg-, Medupi-, Kriel-, Arnot- en Lethabo-kragstasies onklaar geraak. Dit het meer druk op die kragnetwerk geplaas.

Die kragvoorsiener het gesê hy sal ʼn verdere aanpassing gee sodra dit noodsaaklik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.