Fase 6 is terug (en dít heelnaweek)

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Basil James/Unsplash)

Fase 6-beurtkrag sal heelnaweek duur.

Eskom het Vrydag “met groot spyt” aangekondig dat fase 6 vanaf 12:00 tot Maandag 05:00 ingestel sal moet word.

Die kragvoorsiener sê ’n tekort aan opwekkingsvermoë en noodreserwes het hom genoop om drasties die fase te verhoog.

Fase 6-beurtkrag is in September laas ingestel.

Eskom sê hy sal die kragstelsel versigtig monitor en later vandag verdere besonderhede verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

etienne ·

hahahahaha, en daar is die Minister van EKSDOM se vuurtjie geblus.

Nettie ·

Hmmmm. Ek ruik alweer ‘n rot. Ons was vir 3 maande op laer vlakke, maar hulle kon nie noodreserwes spaar nie? Die son skyn VERSKRIKLIK warm, so hulle kan nie beweer dis oor dit winter, nat of koud is nie. En boonop is jaarlange herstelwerk afgehandel en nog eenhede bygesit laasweek.
Waarom word ons aan die neus rondgelei? Wie beheer hierdie en vir watter doel?

SwartBees ·

Daarsy, ook net in Suid-Aapland waar jy agter uit boer. Dankie minister van krag.

Casper ·

Waar is die verligting wat Kusile moes verskaf en eenheid 1 by koeberg.Hoeveel eenhede moet onklaar raak om fase 6 te noodsaak.Die minister van krag weet nie of hy op Malelane of Klokelane sit nie so hy weet nie watter taal om te praat nie.Dit is mense in die townships wat die hardste getref word en mense wat nie kragopwekkers of sonpanele het nie.

Jacobus ·

Die geloofwaardigheivan Eskom en ministriele gespuis val na ‘n absolute “0”.

Jan Jacobs ·

Indien die Da koalisie wel volgende jaar aan bewind kom(hopelik) moet daar n tipe waarheid kommusie aagestel word om al die anc se korrupsie te onder soek.

Samuel ·

André de Ruyter was nooit die probleem nie. Politieke inmenging wel.

Minister van Elektrisiteit is onbevoeg soos sy leier.

hpven ·

Eskom is naby sy sterwens fase met die minister van elektrisiteit as begrafnis ondernemer!

Papsak ·

Andre darem nog iets probeer nou gebeur niks sit alles af dan het eskom status bereik hulle begin by ses dan volg tien pateties maar gebruik diesel se geld vir jou mense vir bonusse daai geld moet gaan vir ons vir krag skelms

Bolandse Nooi ·

Nou wonder ek wat doen die sodanige Minister van Elektrisiteit???, Wat – in elk geval – wat die doel van sy aanstelling, want – soos ek dit ervaar – het niks juis verbeter vandat hy in die posisie is?

annie ·

Gelukkig is daar darem elke week ‘n Sondag wat die minister sy suksesse met ons kan kom deel. Dalk net kry ons hierdie Kersfee’n fase 8 in ons kerskouse wat die hele 2024 sal hou soos daai outydse taai Sharp toffies.

Hannelie ·

Waaroor is Eskom “spyt”??? Oor hul WEEREENS gejok het? Dat hulle nog nie die regte planne het nie

Ragnarok ·

Ek kyk gister n video van n liedtke persoon. Gan nie verder uitbrei. Hy is van Wallis en wys hoe hul net so sukkel met n “energie krisis”. Een van my kliente se suster in London se SA moet bly wees hulle weet wanneer die krag afgaan. Daar is dit n groot verassing. Energie krisis is net so fake soos die redes daarvoor

J. J. ·

Wie terg hulle, as hulle die krag kon aan hou vir die rugby wêreldbekereeks, kan hulle die krag aan hou tydens normale gebruik ook. Hoeveel kry die mense om die land se ekonomie lam te lê? Dis tyd dat hulle besef ons betaal hulle om ‘n diens te lewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.