Fase 6 is terug

(Foto: Maroela Media)

Fase 6-beurtkrag sal weens beperkte opwekkingskapasiteit weer van Maandag laatmiddag geld.

Dié gewraakte aankondiging volg nie eers ʼn dag nadat Eskom die implementering van fase 3- en 4- beurtkrag vir die komende dae voorspel het nie.

Eskom het ʼn kort ruk gelede aangekondig dat beurtkrag om 16:00 na fase 6 oorgaan voordat fase 4 Dinsdag om 05:00 geïmplementeer sal word. Dié fase geld dan tot 16:00 wanneer fase 6 weer oornag ingestel sal word.

Fase 3-beurtkrag sal Woensdag van 05:00 tot 16:00 geïmplementeer word.

Eskom sê die hoër fases van beurtkrag oor die volgende paar dae is nodig nadat sewe opwekkingseenhede in die afgelope 24 uur die gees gegee het.

Dit sluit in ʼn opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Grootvlei-, Kendal-, Majuba- en Medupi-kragstasie en twee opwekkingseenhede by die Kriel-kragstasie.

Altesaam 17 955 MW opwekkingsvermoë is tans onbeskikbaar, terwyl 5 042 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Mariana ·

Dieselfde storie net ander dag of is dit uur. Want dinge by Eskom verander blitsig. Nuwe sogenaamde minister van elektrisiteit het ook geen ordentlike plan of oplossing nie. Hy is ook aangestel soos al die ander wat nie ‘n idee het vsn wat hulle nou eintlik moet doen nie. Weereens miljoene aan salarisse vir niks. Arme belastingbetalers moet net pa-staan vir al die vermorsing.

André ·

Piet, jy is een van die mees positiewe mense op die Internet wat ek in lang tyd gesien het!

Jessey ·

Dit is hartseer dat ons op ‘n punt moet kom waar ons net aanvaar “aag darem nie fase 8 nie”. Daar moet geen beurtkrag wees nie. Al die gereedskap is daar om die pronbleem op te los, die wil is net nie daar nie, en dit is al oor en oor bewys

Saartjievandiebosveld ·

Klink eerder of die saboteurs Maandae terug is by die werk.,.kan nie verstaan dat soveel eenhede op eendag oppak nie…..????????

otter ·

hulle is besig om te lieg!!! niemand het genoeg balle om op te staan nie. geen politieke party wil die anc aanvat nie want dit sal altyd neerkom op rassisme … hoekom kan iemand iets doen nie . dit is belaglik!!!

Lynne ·

What is happening in this country? First no power. Then higher prices for when we have power. Surely Eskom by now knows how to manage the power stations? And all this in winter…. I ma so very sick of all this loadshedding. Cant make dinner when coming from work.

Althes ·

So moet arme huishoudings wat kinders op skool het en die ouers wat werk bontstaan met die skedule.
Miljoene rande wat besighede op diesel moet spandeer, en werkverliese.
ANC regering se trots, want skaamte het hul lankal nie meer nie.

Theunis ·

Niks nuut nie, Eskom bewys deurlopend dat hulle onbevoeg is om beurtkrag effektief te kan bestuur en verminder, CR en sy kabinet moet dit net kan herken en die regte ding doen om die SOE te laat privatiseer sodat die nodige kundigheid toegepas kan word, hulle “after effect” verslag om die rede vir fase 6 te beskryf is ‘n voorbeeld van die voorgenoemde, vergeet van die verslag, ek glo dat niemand in die tipe verslag belangstel nie, ons wil net van ‘n geleentheid voorsien word om na ‘n kwaliteit lewe te kan uit sien.

Hannelie ·

Ag ons verwag niks anders in elk geval van Eskom nie. Hulle speel ons soos ping-pong. Maak jou bly…………..maak jou kwaad……….

Brigitte ·

Ek is baie bekommerd oor al die mensies wat op suurstof masjiene is…….
Hoe moet hul oorleef as krag so lang tye af is…….

Blikkies ·

Ek dink nie hulle weet meer self wat se fase is hoeveel ure nie. Ons moet maar net weet as die krag afgaan is hy af. Dit is onaanvaarbaar en ons hoef nie so te leef nie. Dit sit nie in hierdie regering se broek om die probleem op te los nie. Hulle het bloot net nie die kapasiteit om die regte besluite neem nie.

anko ·

Onbevoegdes wat niks weet van elektrisiteit nie. 30% kennis, 70% geen kennis.

Cornrit ·

Hulle kan NIKS reg doen nie. ‘n Klomp imbisiele, net soos die regering.

Samuel ·

Het enigeen werklik geglo dat fase 3en4 werklik langer as ‘n dag sal duur? Seker André de Ruy

Errol ·

Die generators wat met ons belasting geld gekoop is werk weer oortyd by die “ministers” se luukse huise.

Casper ·

Sewe opwekkingseenhede wat onklaar raak binne 24 uuren weer by dieselfde kragstasies waar eenhede verlede week herstel is Ek het my bedenkinge oor Ramakgopha en dit is duidelik dat hy nie weet of hy in die hemel of memel sit met die korrupsie by eskom nie,maar hy sê dit is nie sabotasie of korrupsie nie.Sê
dan. ons hoe kan so baie eenhede gelyk uitskop.

Papsak ·

Ag dieselfde ou deuntjie oor en oor waar is daai gevaarlike elektriese minister met sy planne hy wil net geld maak en mooi lyk op die tv verder doen hy niks aan eskom krag probleem nie

Sanet ·

Dis ‘n manier om die land te beheer!!!!! Gooi die ANC in die toilet en spoel dit deeglik!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.