Fase 6 nou vroeër ingestel

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Fase 6-beurtkrag sal Donderdag 14:00 ingestel word en tot middernag duur. Fase 4 sal dan enkele ure geld voordat fase 6 weer Vrydag 05:00 ingestel sal word.

Fase 6 sal dan feitlik heeldag tot middernag geld.

Eskom sê in sy jongste verklaring ’n minimum van fase 4 sal oor die naweek ingestel moet word, wat beteken dat die kragvoorsiener die fase kan verhoog indien nodig.

Die voortslepende staking, wat Eskom nou reeds dae lank lamlê, het hom genoop om weer fase 6 in te stel.

“Die hoë vlakke van afwesigheid onder personeel en intimidasie van werkende werknemers by sommige van die kragstasies duur voort. Dit is daarom moeilik om roetine-onderhoud en ander bedryfsvereistes uit te voer, wat die betroubaarheid van opwekkingseenhede verder sal beïnvloed,” verduidelik Eskom.

Die kragvoorsiener is intussen steeds nie in staat om sommige kragopwekkers in diens te stel nie.  “Eskom is dus verplig om ongekende stappe te doen om noodopwekkingskapasiteit te bewaar en die kragstelsel te beskerm. Die risiko bestaan dat die fase van beurtkrag te eniger tyd kan verander, afhangend van die toestand van die aanleg.”

Minstens 3 161 MW word in dié stadium aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl hy sonder ʼn bykomende 17 467 MW moet klaarkom weens onbeplande onderbrekings.

Maroela Media het vroeër berig fase 6 beteken dat verbruikers tot meer as nege uur per dag in die donker kan sit met kragonderbrekings wat tot 4,5 uur aaneen kan duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

'n Leser ·

Waarom moet die hele land gyselaar gehou word deur ‘n paar mense wat lankal agter tralies moes gewees het? Ek dog ek vra

kaplyn ·

As hulle die stakers in die tronk gaan opsluit of ontslaan gaan daar anargie los bars in die hele land. Dit sal die junie/julie opstande soos ‘n piekniek laat lyk.

Johann ·

Want dis hoe dit werk as jy aan bewind is met arbeids wetgewing wat anargiste se regte voorbehou! Niks anders as terrorisme nie. So aan bewind gekom…bly so aan bewind. Hoe meer afhanklik jy die maak wat steeds niks het nie en als verniet weggee en enorme salarisse aan tripple.die nodige werkers in ESKOM gee…so lank bly jy in beheer.

Luxrider ·

Dit is sabotasie. Hulle is nie werkers nie, maar terroriste. Waar is die polisie, weermag en regering nou?

Chris dupreez ·

Die polisie, weermag en regering is die res van die terroriste

Henri ·

Ben Kruger in ‘Poena is Koning’ som dit mooi op. Eskom kom net ook by tot die tirade.

SwartBees ·

n Slang in die gras as jy my vra. Hier is iets meer sinister aan die beurtkrag gekoppel.

Cherokee ·

Nie noodwendig nie. Een van die beste afpersmiddels vir meer pond.

Colin ·

Brian Molefe?!!!!! Mr. Golden Handshake!!! Ek sal graag van dit wil hê waarop jy is

VanDieOsOpDieJas ·

Die oproepe vanuit verskeie oorde tot die beskerming van nasionale sleutelpunte deur owerhede, natuurlik met bystand van die weermag, val op dowe ore. Dit laat ‘n bitter smaak in die mond.

Kobus ·

Soos ek verstaan is daar rede tot ongelukkigheid onder Eskom werkers. Blykbaar is vergoeding en werkstatsies eensydig gewysig. Stem egter nie saam met die manier hoe die vakbonde die situasie probeer beredder nie. Waar is die wette? Is Gordhan weer die speek in die wiel? Ek wonder altyd of vakbonde finansies verstaan. Hulle eis buitensporig hoog, brand en verwoes tot hulle hulle sin kry en dan kla hulle oor tarriefverhogings. Natuurlik betaal “almal” vir krag. Soweto is die toonbeeld en voorbeeld vir almal. Ek verstaan nie hoe die vakbonde toegelaat kan word om die land te verpletter nie.

Martin ·

Ons anc regering in “klein letters” se onvermoeë om ons land te regeer kom ons duur te staan. Ons regering speel mafia en verhoed dat private maatskappye hulle eie stabiele betroubare krag opwek fasiliteite oprig wat krag kan verkoop aan ons verbruikers. Almal in SA is al moeg vir die nonsens dit is tyd vir ‘n nuwe regering…

Jr ·

Al wat die cANCer kan waarborg is om SA in die grond te ploeg en nog verder. Useless, good for nothing

annie ·

Cyril was ‘n uniebaas wat self werkers aangepor het en nou sit hy aan die ontvangkant. Indien howe nie die keerpunt kan bewerk nie, wat afdankings moet insluit, gaan eisers op alle terreine die voorbeeld volg want dit werk om base gyselaar te hou. Die grootste probleme lê by Gordhan en Mantashe wat ‘ander’ planne in die agterkop het en pledges van die Weste wil afdwing. Die kommunistiese bewind moet beëindig word want dit regeer sonder dat die party aan verkiesings deelneem. Zuma se handjie wapper ook steeds iewers by die eindpaal.

Nettie ·

Ons land is in ‘n oorlog gewikkel, en min mense besef dit. Ons gaan moet vasbyt.

Manie ·

Die unies hou Eskom gyselaar oor lone en is die groot saboteurs.

Blikkies ·

Nee Hel man, dit kan nie so aangaan nie. Die slapgat regering moet wakker skrik en die Polisie ook sommer bykom en die plek regruk, arresteer die terroriste. Ek praat net vir myself, maar ek kan nie meer so aangaan nie.

koos ·

Hehe… Another National Crises
Getrou aan hulle ware benaming.

Frank ·

Snaaks dat dit weke sal vat om agterstand in te haal terwyl daar net paar dae gestaak is sover ek weet

Johann ·

Dis wat gebeur as terroriste met anargie die bestuur van n land oorvat. GEEN verandwoordbaarheid nie. N Handvol selfsugtige oorbetaalde disfunksionele “Eskommers” brand en breek en dreig en NIKS gebeur nie? Waars die polisie? Waars die ministers? Waars Ramanocio? ANC LEGACY!!!!!!!!

Cherokee ·

Gelukkig dat petrol so goedkoop is, en dit maklik maak om kragopwekkers aan die gang te hou.

Cannamom ·

Hierdie beurtkrag is ‘n nagmerrie. Ons inwoners van Parys sit dae lank sonder water, en nou is munisipale beurtkrag ook ingestel. As die krag af is, is die water af. Nie almal kan kragopwekkers bekostig nie, mense wat permanent op suurstof is kry swaar
Wens die media wil hul self kom vergewis van Parys inwoners se frustrasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.