Fassinerende uitslae in vandeesweek se tussenverkiesings

Argieffoto

Die vyf munisipale tussenverkiesings wat vandeesweek plaasgevind het, het fassinerende uitslae gebaar in die aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing.

Die ANC en die DA het elk hul setels behou, met die ANC wat oor die algemeen dramaties teruggesak het. Die DA het ligte groei beleef in die Oos-Kaap. Vir die EFF het sy gesukkel in die land se kusprovinsies voortgeduur, maar in die binneland vaar die party in rooi al hoe beter.

Die eerste uitslag van die dag was uit die welvarendste deel van Oos-Londen (Buffalo City wyk 21, wat Bunkers Hill, Nahoon en Vincent insluit) waar Jason McDowell (DA) die grootste oorwinning van die week behaal het toe hy 3 032 stemme getrek het teen 123 vir die ANC, 4 vir Cope en 2 vir die EFF. Dis ‘n swaai van 7 persentasiepunte na die DA.

Elders in die Buffalo City-metro lê wyk 21, wat die buurte NU12 en NU13 in die township Mdantsane insluit. Edwin Fini (ANC) het 1 831 stemme gekry teen 189 vir die EFF en 15 vir Cope. Die swaai van 13 persentasiepunte na die ANC sal ANC-leiers breed laat glimlag, hoewel die stempersentasie beroerd was.

Elders in die land het dit nie so goed gegaan met die ANC nie, hoewel die party al sy setels behou het.

Diep in die Transkei vind mens Ingquza Hill wyk 9, ‘n landelike gebied naby die dorp Flagstaff. Hier is Kholiswa Vava (ANC) die nuwe raadslid nadat sy 972 stemme gekry het teen 396 vir die DA, 191 vir die APC en 29 vir die EFF. Dit verteenwoordig ‘n swaai van 22 persentasiepunte weg van die ANC.

Op die hoëveld van Mpumalanga, vlak teen Gauteng, lê die dr. J.S. Moroka-munisipaliteit, gesetel in Siyabuswa. Daar het wyk 7 (die landelike gebied Thakana) vandeesweek tussenverkiesing gehou, en Phindile Mnguni (ANC) het net-net gewen, met 827 stemme teen 818 vir ‘n onafhanklike kandidaat, 293 vir die EFF, 66 vir die Forum for Service Delivery en 10 stemme vir die Sindawonge Progressive Party. Die swaai teen die ANC was 29 persentasiepunte.

Laastens het Pomfret wyk 5 in Noordwes (‘n landelike gebied in die voormalige tuisland Boputhatswana) aan die beurt gekom. Puso Moeng van die ANC het 853 stemme gekry, die Forum for Service Delivery 459 stemme, die EFF 388 stemme en die UCDP 38 stemme. Die swaai teen die ANC is 23 persentasiepunte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Selfbeskikking ·

Soos ons kan sien is die kanse dat die DA gaan wen basies nul, en die EFF gaan die voorwaardes stel wat ons einde gaan beteken. Ons moet voor die verkiesing al ver wees met selfbeskikkingsonderhandelinge sodat daar darm ‘n stukkie van die land nog oorbly wanneer die res van die land onder kommunisme gaan sink.

Andrea ·

Alhoewel ek heelhartig met jou saamstem, sal sulke onderhandelinge nie realiseer nie. Die ganse wat die goue eiers lê, sal nie uit die kampie vrygelaat word nie. Hul sal gedruk word om elke eier wat hul moontlik kan lê, te lê, en dan sal hul geslag word.

Kaster ·

Voor ons geslag word moet ons met desperasie daarvoor onderhandel, as ons nie kan emmigreer nie. Ons wil tog nie net toekyk hoe ons uitgemoor word en niks daaraan doen nie, dan is dit mos ons eie skuld.

Ver links ·

The 2019 voting will prove how strong the ANC and EFF is. That is why we try to encourage all right wing people to take hands and walk with the liberal concept for a better future. There won’t be any negotiations for seperate living or apartheid. The liberal acadameci is fighting hard for an open society and social interactions. People must stop this so called “Selfbeskikking” story as it won’t happen.

Jane ·

We love the way the ANC redistribute wealth away from the masses to enrich the few politicians.

jaco ·

praatjies oor wit selfbeskikking en n volkstaat deur die AWB en Aksie Eie Toekoms so rondom 1980 is deur die regerende wit Nasionale Party afgemaak as rassisme en “dit kan nie werk nie”. hulle “hervorming” en “magsdeling” so blykbaar al SA se rasseprobleme oplos. Die regse Konserwatiewe Party wat in 1982 gestig is, het ook ‘n volkstaat afgemaak as “dit kan nie werk nie” en geglo hulle sal eendag n wit verkiesing wen en dan apartheid “reg” toepas en so al SA se rasseprobleme oplos.
later het die NP se hervorming uitgeloop op die wettiging van die ANC en uiteindelike oorname van die ANC in 1994. in 1992 se referendum het 1 miljoen mense darem nog nee gestem teen dié hervorming, maar die getal is af na 425 000 vir die Vryheidsfront in 1994. tans kry diê party MINDER as 200 000 stemme. Orania was in 1991 ‘n poging tot volkstaatstigting, maar net 60 mense het dit gestig en na 27 jaar woon daar maar 1200 mense.
Ek weier om te glo dat al die ou regse Afrikaners nou almal DA stem of in Australië woon. Talle ou regses sê wel vir my “ons stem nie want ons het ons kans gehad. dis nou ‘hulle’ beurt”. Maar hulle kla steen en been oor SA se wiele begin afval.So wat wys al my syfers? Ons EIE mense, ons EIE wit mede konserwatiewe Afrikaners, help met ons apatie en gebrek aan deelname om ons eie ondergang te bewerkstellig.

Koos ·

Rassepolitiek is aan die orde van die dag, en dus getallepolitiek. Snaaks hoe min mense die lig wil sien…

Anoniem ·

Dit maak nie watter party rigeer nie, 99.9% van hulle is korrup en net daar vir die geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.