FBI ondersoek glo die Guptas

Ajay and Atul Gupta. Argieffoto: ANA

Skandale met betrekking tot die veelbesproke Guptas duur voort met mediaberigte dat die FBI glo ʼn ondersoek oor die familie se bande in Amerika van stapel gestuur het.

Die Financial Times berig ondersoekers bekyk individue, bankrekeninge en maatskappye in die VSA vir verdagte verbintenisse met die familie.

In nog verwikkelinge het die Fincancial Conduct Authority (FCA), Brittanje se bankreguleerder, aangekondig hy is in verbinding met twee banke in Birttanje, HSBC en Standard Chartered, oor moontlike bande met die familie.

“Die FCA beraadslaag reeds met dié banke en sal verdere stappe oorweeg nadat antwoorde ontvang is,” het die FCA gesê.

Die Gupta-koninkryk, wat strek oor media-, mynbou- en konsultasiekringe, is deur verskeie uitgelekte e-posse verbind aan beweerde ongerymde bedrywighede met Suid-Afrika se staatsbeheerde maatskappye.

Gary Naidoo, die Guptas se woordvoerder, het nie op navrae reageer nie. Die Guptas ontken enige oortredinge en is nog aan geen misdryf skuldig bevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ekke ·

Hoe het hulle soo gou en vinnig ons mense begin verkul met allerhandeit stories of is hulle ook Suid Afrikaners? As die FBI ook op hulle spoortjies is is daar donkerdae vir hulle voor! Maar wat jy saai sal jy maai! Dis verseker!!

marous ·

Hulle gaan nou weghardloop vir uitlewering … terug Suid Afrika toe!

Justice ·

Nou wag ons nog net vir MI6, die KGB en Mossad om die knape van nader te bekyk.

Israel ·

Dit is hoogs onwaarskynlik dat die Jode hulle sou laat vang deur n paar hansworse soos die

Adam ·

Nee wat,of jy nou hou van Trump of nie, sal hy hom nie deur sulke mannetjies laat manipuleer nie. Hulle beter begin hardloop- die FBI is nie die SAPD nie.

PJ ·

Ja nee hierdue guptas moet weet die FBI is nie ons gevreesde valke nie he he

Johanna Botha ·

Die klein bitjie hoop kom van n vervolging van oorsee want lokaal gebeur net mooi niks ….skelms verkragters en moordenaars om elke draai !

Beertjir ·

Is Standard Chartered wat nou deur Amerika ondersoek gaan word oor bande met Guptas, nie ook dieselfde bank wat SAL se “lening” van miljarde rande onlangs terug geroep het nie? Laat mens wonder of daar wel ‘n lening was en of dit nie net ‘n manier was om geld uit SA te neem nie.

Kat ·

Die libs sal dalk nou agterkom dat om lib te wees nie so wys is nie.

Sê maar net ·

Ek wonder of dit nie ook ‘n slim plan van die Guptas was dat die banke hulle rekeninge in Suid-Afrika sluit. Nou het hulle rede om die Biljoene landuit te vat. “Niemand wil hê ons moet hier bank…kom ons vat maar die geld Dubai toe.!” Magtig dis geld wat ons mense nodig het. En lyk my die persone wat hulle moet stop of vervolg sit saam om die soustrein want hulle doen NIKS!

Darius Els ·

Stormrider:Jy sit pot beslis mis.Die man se van is “TRUMP” en nie Zupta nie. Trump het niemand se held nodig nie,hy besit baie meet as die Gupta’s.Ander kommentare van “wie” hulle gaan ondersoek, is took.maar wensdenkery.MI 6 ondersoek net buitelandse/binnelandse gevare.Mossaad is n veiligheid/militere organisasie.Hulle is NIE eers tans betrokke by n ondersoek teen hul eie Eerste Minister,vir bedrog nie.Hierdie held aangeleentheid benodig die aàndag van Interpol,wie in elke land funksioneer. Dus is dit waar almal we wens moet me.

Kewpi ·

As hul, FBI regtig op hul spoor was sou hul seker al gevind gewees het.
Suid -Afrika sloer ook hul voete,daar moet iewers bewyse wees Vir skuldigbevinding kry hulle ,dat die Sirkus Kan begin …. Of sien ons Almal oor 10 jaar bespiegel ons nog steeds oor die Zuptas.
Waar in n moderne sogenaamde demokrasie Kan dit in elk geval gebeur en die ander ou Wat hul maat is ?
FBI moet dalk deeglik kyk wie hul beste maatjies is en vinnig ook!
Want ons gaan ook soos Donald v Amerika Se enemy Se Mense voor n foto van die ou moet bid drie keer n dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.