Februarie te laat vir verkiesing – hof

Argieffoto (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die Konstitusionele Hof het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se versoek om die munisipale verkiesing tot Februarie volgende jaar uit te stel, van die hand gewys.

Die hof het Vrydagmiddag bevind die 2021- munisipale verkiesing móét tussen Oktober en November vanjaar plaasvind.

Die OVK het in Augustus ʼn dringende aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om die munisipale verkiesing wat voorlopig op 27 Oktober plaasvind, te midde van die Covid-19-pandemie uit te stel.

Dít nadat ʼn verslag deur oudregter Dikgang Moseneke voorgestel het dat die verkiesing uitgestel word, aangesien dit nie noodwendig vry en regverdig te midde van die pandemie kan voortgaan nie. Hy het voorgestel dat die verkiesing tot Februarie uitgestel word.

Verskeie politieke partye en burgerregteorganisasies was gekant teen die OVK se aansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Spook ·

Briljant!!! Nou hoe gaan die ANC nou maak om hulle kandidate te registreer :-)

MrMagic ·

Wel gedaan aan die Konstitusionele Hof, het al begin wonder of hulle nog op die regte pad is.

Samuel ·

Op hierdie oomblik kou die ANC klippe!!!! Hulle kanse om goed te vertoon in die plaaslike verkiesings is byna nul. Nie genoeg tyd om kospakkies uit te deel en mense te belieg nie. Onthou hulle geld is ook kamstig op. Die ander politieke partye gaan ook swaartrek.

Hans ·

Fantasties. Nou is die A NC n helse klomp nominasies kwyt. Gewonder hou lank gaan dit vat om ye begin ineenstort. Weg met die diewe

Joe Olivier ·

Mooi so, kom ons gebruik nou die kans om die munisipaliteite groen te kry.

Christine ·

Gelukkig kan daar nie apél aangeteken word nie! Ek dink die ANC is kniediep in die moeilikheid. Die skroewe word stadig maar seker stywer aangedraai.

JohanR ·

Kiesers 1 ANC 0. Spook daar mag nou geen veranderings aan gebring word nie. Is te laat vir die ANC want verliesings lyse is toe. Mense as julle by die ANC blokkie kom op die stem papier gaan verby.

lodewyk ·

Ja nee die cANCer het alles probeer,hoop die gemors word nou uit gestem,moeg vir hulle…..Hulle wou nog skep tot Feb

jou gewete ·

moet maar nie te gou feesvier nie. anc sal n manier kry om dit te verongeluk al is dit na die tyd met n gegil dit was nie vry en regverdig nie wat natuurlik dan aanvaar sal word

Friedrich ·

Dis briljante nuus. Staan eenkant toe ANC, die United Independant Movement gaan oor at en reg maak wat julle als gebreek het.

Frank John ·

Dit lyk my na die gang van dinge nou in SA politiek. Doen nie jou werk nie dan moet almal maar net terug staan en plek maak vir jou agterlosigheid, swak beplanning en uitvoering van jou pligte. Daar is ‘n taktiek hieraan verbonde. As dit uitgestel word die keer is die volgende verkiesing ook later as wat dit sou wees en tyd tafels verander permanent. Weet van hofsake watdir taktiek gebruik en word die sake later uigegooi vir die tydperk te lank vat.

Hennie J ·

En daar oortref die Grondwethof my stoutste verwagtinge!!! Met die huidige geskarrel in die zumpie-saga het ek nie gedink hulle het die wil om tot so n gevolgtrekking te kom nie. Die groot toets is nou vir die ovk om te bewys die O vir “Onafhanklike” is geldig. As hulle nou drama wil maak moet hulle swig voor druk van die anc om sekere toegewings te maak.

Herpiet ·

Hou van almal se optimisme, maar anc gaan nie dit daar laat nie. Kry gewoonlik hulle sin

KhoiKhoi ·

Fantastiese nuus.
Maar as die Minister ‘n datum moet aankondig vir die verkiesing en die registrasie van kiesers, beteken dit ‘n ” nuwe” aankondiging?
Dws ‘n nuwe registrasie periode – selfs ‘n dag – vir kandidate registrasie.
Is dit nie wat die anc voor wag nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.