Federer, Nadal: Lekker verrassing wag  

Trevor Noah (Foto: GCIS)

Bill Gates, stigter van Microsoft, en Trevor Noah, komediant en aanbieder, sal mekaar die naweek op ’n tennisbaan in Kaapstad aanvat voordat twee van tennis se grootste spelers mekaar onder die Afrika-son pak.

Roger Federer en Rafael Nadal speel Vrydag in ’n vertoonwedstryd in die Kaapstad-stadion ten bate van Federer se liefdadigheidsorganisasie – die Roger Federer-stigting (RFF). Die geld sal spesifiek gaan aan die opvoeding van kinders in Afrika.

Luidens ’n verklaring sal Gates en Noah dié dag ook in ’n dubbelstryd teen dié tennislegendes speel. Organiseerders poog om die wêreldrekord te breek vir die meeste toeskouers om na ʼn enkele tenniswedstryd in dié 50 000-sitplek stadion te kyk.

“Hierdie gebeurtenis is ʼn wonderlike inisiatief wat daarop gemik is om terug te gee aan minderbevoorregtes en as die Stad Kaapstad bied ons graag ons steun aan veral ʼn saak wat jong mense wil bevorder. As die toonaangewende fees- en geleentheidsbestemming in Afrika is ons ook baie opgewonde om hierdie skouspel aan te bied”, het Dan Plato, uitvoerende burgemeester van Kaapstad, gesê.

Roger Federer. (AP Photo/Lee Jin-man)

Volgens Plato sal die byeenkoms nie nét vir hope vermaak en goeie tennis sorg nie, maar sal dit ook werksgeleenthede skep en ervaring bied vir diegene wat agter die skerms werk.

Inwoners en motoriste word aangeraai om kennis te neem van die tydelike sluiting van die paaie wat in die middestad en omgewing sal plaasvind.

Daarbenewens sal die polisie ʼn satellietstasie by die Gallows Hill-verkeersdepartement hê. Die volgende dienste sal dus nie op 7 en 8 Februarie beskikbaar wees nie:

  • Hernuwings en afhaal van bestuurderslisensies
  • Alle bestuurderslisensietoetse
  • Alle leerderlisensieklasse
  • Boetebetalings en navrae
  • Die lasbriewe-afdeling
  • Die taxikantoor
  • Die skut vir voertuie en selfone

Kapenaars wat bestuurderslisensie- en leerlinglisensie-toetse geskeduleer het, sal almal in kennis gestel word van alternatiewe datums.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Wonderlik daar is mense en kinders wart regtig swaar kry. Wonder net wie gaan met die geld werk. Gaan die geld op die regte plek gebruik word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.