Fedsas kap regering oor onbetaalde jeugwerkers

(Argieffoto: Verskaf)

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) sê dit is ʼn skande dat die onderwysdepartement in Limpopo van skoolhoofde in dié provinsie verwag om skole se geld te gebruik om derduisende tydelike jongmense in die presidensiële jeugindiensnemingsprojek te betaal.

Die jeugindiensnemingsprojek is basiese onderwys se indiensnemingsinisiatief (BEEI) wat deel van president Cyril Ramaphosa se presidensiële indiensnemingstimulusprogram uitmaak. Volgens Fedsas is die BEEI egter van die begin af swak bestuur en min van die probleme wat ʼn jaar gelede in fase 1 opgeduik het, is uit die weg geruim.

Volgens dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof, is dit ʼn verleentheid vir die departement wat tegnies gesproke die werkgewer van hierdie jeugwerkers is en luidens die Skolewet mag skole nie enige lenings toestaan nie. Hy sê die Limpopo-onderwysdepartement plaas skoolhoofde in ʼn onhoudbare situasie.

“Skole is nie banke nie en verreweg die meeste skole het nie eens genoeg geld om hul basiese uitgawes soos water en elektrisiteit en handboeke, waarvoor die staat se subsidie geoormerk is, te dek nie,” sê Deacon.

“Maar betaal skoolhoofde nie die staat se tydelike werkers nie, verontagsaam hulle ʼn direkte opdrag van hul werkgewer. Betaal hulle wél die tydelike werkers, verontagsaam hulle die wet.”

Deacon sê openbare skole is afsonderlike regsentiteite en die Skolewet bemagtig beheerliggame slegs om sekere betalings te maak. Die beheerliggaam mag geen ander betalings magtig nie, en veral nie betalings waarvoor nie begroot is nie.

“Die wigte en teenwigte en onderliggende beginsels van goeie beheer en bestuur waarvoor in die Skolewet voorsiening gemaak word, is juis daar om hierdie soort onregmatighede te voorkom. Regeringsamptenare, wie se plig dit is om toe te sien dat aan wetlike bepalings voldoen word, gee nou aan skoolhoofde ʼn direkte opdrag om nié die wet te gehoorsaam nie.”

Fedsas het in September vanjaar ʼn brief aan die nasionale departement van basiese onderwys gestuur met gedetailleerde voorstelle om hierdie projek te bestuur. Die departement het egter nie op dié brief reageer nie. “Die implementeringsraamwerk bevat verskeie wetlike teenstrydighede en foute, wat talle probleme ingevolge arbeidswetgewing kan meebring. Tog het nie die nasionale of die provinsiale departement behoorlik op ons brief reageer nie.”

FEDSAS spreek die hoop uit dat president Ramaphosa en minister Angie Motshekga van hierdie verwikkelinge kennis neem en optree.

“Fedsas wil steeds glo dat die projek op werkskepping en armoedeverligting gemik is. Maar die verkiesing is nou verby en dit is tyd vir politici om hul beloftes binne die raamwerk van die wet gestand te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hasie ·

Die regering van die ANC is ‘ n klug …..hul weet nie eers waar is her or derwaaerts nie maar hul wil die land regeer ….Give us strength

marius ·

Siestog . Daar is ook nie geld vir paaie nie en die wit boere moet dit kwansuis uit hul sakke betaal . Sluk maar .

Miskruier ·

Ek het n swart seun in diens gekry by Dep of Land Affairs. Twee jaar van sy lewe gemors. Hy het net geleer masjeer, en kon by n slagpale beestande tel om diere te klas op ouderdom. Dit ook net elke tweede dag want daar was nie genoeg overalls vir die groep nie. Laaste maande moes hy die helfte van sy R1200 pm nog afskryf aan huur. Die regering versaak die jeug.

Shakespeare ·

Before 1994 everything touched turned into gold. After 1994 everything touched turned into slime.
Fact or Fiction ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.