Fedusa, Saptu: ‘Stop wrede plaasmoorde’

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die vakverbond Fedusa en sy filiaal Saptu het ʼn beroep op die regering gedoen om beslissend op te tree om ʼn einde te bring aan genadelose plaasmoorde.

Dennis George, hoofsekretaris van Fedusa, het gesê dit is hoog tyd dat die regering dieper delf om die ware oorsake van plaasmoorde vas te stel eerder as om dit net as ʼn gewone misdaad af te maak of te gebruik as ʼn manier om die grondhervormingkwessie te hanteer.

“Ons landbougemeenskap is ʼn strategies belangrike komponent wat stabiliteit verseker deur kos op almal se tafel te sit,” het George gesê.

“Ons voel sterk daaroor dat die voortgesette aanvalle op boere nie sal help om ʼn oplossing te bring ongeag ons verskille nie. Hierdie probleem moet aandag geniet en die regering moet betrek word terwyl alle burgers aangemoedig word om te verenig en hierdie moorde ten sterkste te veroordeel.”

Ben van der Walt, hoofsekretaris van Saptu, het gesê die veiligheidskwessie op plase het nou ʼn nasionale prioriteit geword. “Alle rolspelers, onder wie die regering, moet nou optree om ʼn uiters plofbare situasie te voorkom en ophou om boere se reg op lewe te skend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Die situasie is 100% die leiers in SA se skuld bv ZUMA EN MALEMA die bekendste van die ander leiers se aanhitsing hoor ons net nie so baie nie
Met die dat die ANC die mense so dom hou met die 23 jr se swak skoolopleiding glo hulle al die propoganda van die ANC EN EFF
Solank as wat hulle nie verantwoordelik gehou word nie sal die rasse ding nooit opgelos word nie

Wern ·

Die DA en ander kleiner partye moet ook selfde propaganda tegnieke gebruik. Dis hoe die spelreels in AFRIKA is.

Stev ·

Ag asb tog. Julle twee moet wakker skrik. n Plan van AKSIE is nodig. Terwyl julle met die regering redeneer sal nog talle boere en hulle gesinne gemartel, verkrag en vermoor word. Wat het praat oor die laaste paar jaar gebring. NIKS !!!!

Han ·

Goed en wel, Stev, watter plan van aksie stel jy voor? Wie moet “wakker word”? Dit is die ANC-regering wat moet wakker word! Hulle verwag dat die boere kos produseer, maar gee nie ‘n flenter om vir hul veiligheid nie. Die aanvalle is terrorisme in sy ergste graad en dit is duidelik dat dit stilswyend goedgekeur word, omdat hulle NIKS daarvan in die media en op televisie vermeld nie. Het Zuma al ooit enige van die familes van hierdie slagoffers besoek of die moorde veroordeel?

Hennie ·

Verseker ken ons almal die oorsaak. Hou op dink en hou op praat, neem aksie!

andrea van vuren ·

Let bietjie op hoe dikgevreet die kaalkop bebrilde kaders van Zuma is. Praat dan nog nie van sy uitgevrete families nie! Dis ons boere se kos wat hulle so heerlik opvreet!

Johan. H. ·

Stev, Jys reg!!!Johannes ook,, Kom ans almal praat weer saam 31 Maart.

AL ·

Die Regering luister die afgelope 2 dekades nie, en as hul wel beloof om NOU hul samewerking te gee is dit net n liegtery en lee beloftes.
Die Speaker vd Parlement het hul game plan weggegee deur te weier om n debat te voer oor plaasmoorde.
Werf eerder internasionaal steun dat daar druk geplaas word op die Regering.
Verkla hul by die Internasionale Strafhof/VN omdat hul weier om hul samewerking te gee. Gebruik dit tot jul voordeel.

Esta ·

Julle, niks gaan werk nie. Wette moet strenger word en tronke gebou word en tronke moet gevrees word dan sal hul 2 keer dink voor hul moor en vernietig.

w ·

Nix gan vebeter. Govt stel geensins belang in boere se veiligheid. Hul weet mos hul eie mense is di moordenaars en wil nix doen om dit stop te sit ni. Hul verlekker hul ini sterftes van blankes

JJ ·

Stem heel hartig saam, ons moenie verbaas wees as malema en zuma n onderling organisasie het wat agter die plaas moorde sit nie, hierdie lyk meer en meer soos georganiseerde kriminele bedrywighede, daar sit beslis n organisasie hier agter

Hy is dan deels die rede! ·

Zuma antwoord…… Gigigigigi hehehe eisch.

Adam ·

Boere word afgemaai, oa weens die feit dat hulle sagte teikens is. Die moordenaars buit ook graag wapens en geld, om verdere misdaad mee te pleeg. Net so word mense in informele nedersettings afgemaai. Die oorsaak van die wetteloosheid is glashelder: Ons het ‘n President wie geen respek toon vir die Grondwet, die regstelsel of gewoon net vr enigiets nie. Niemand in SA, ongeag sy/haar kleur is veilig onder sulke leiding nie.

Oom Kosie ·

Die moord syfer vir RSA is ongeveer 49 per 100 000 per jaar. London en New York en in ander beskaafde lande is dit 2 per 100 000 per jaar
Daar was 72 plaas moorde in 2016. Die res van die land is 24 000. Laaste kan wurms wat die patetiese kriminele regering wil oopmask is moord syfer. Maar is swart mense ANC so ondemokraties of stupid om nie regering uit te gooi nie? Sies swart mede Suid Afrikaners. Stem asb in 2019 vir regte demokrasie.
Regering is hopeloos “failed state” en RSA
is oorlogsone.
Gister rotse vanaf brug op N4 naby Rustenburg Marikana op motoriste gegooi. Dis alledaags. Waar is DA.

Jaco Grobler ·

”n Strategies belangrike komponent’ , kan jy nou meer, wat van hardwerkende mense wat verdien om in vrede te bly, pa’ s en ma’s wat verdien om hulle kinders te sien opgroei, en kinders wat nie verdien om vorentoe te sukkel a.g.v die moorde op hul ouers wat ‘n gevolg is van ‘n regering wat geen wil of intensie het om al die mense van die land te dien nie?

Leon Burger ·

Plaasmoorde:Ek evangeliseer die Swartmense nou al 16 jaar en ek kan sien hoedat die tempo waarmee hulle Jesus vind alhoe vinniger toeneem soos die tyd aanstap in vergelyking met die beginjare.Ek glo daar is tans meer Swart wedergebore Christene in SA as wat daar blankes in totaal is.Donald Trump het gewys dat die “silent majority” nou skielik lewe kry en die land gaan regruk.Die harte van mense moet verander en net die Heilige Gees kan dit doen .Ons primere kans is om onsself voor God te verootmoedig en dan sekonder paraat te wees.Sdert 1994 het meer as 50% van die Swartmense nie gestem nie want hulle stem nie saam met die ANC heidene nie en hulle sukkel ook om werk te kry,netsoos ons .Hulle word ook vermoor en verkrag en kry swaar.SA is tans ryp vir n radikale verandering en dit kan net in Jesus Christus verkry word.Hoeveel van die vermoorde plaasboere se oorlewendes kon en kan Johannes 3:16 aanhaal?Weinig.Aldus wat die ontslape Pierre Spies ondervind het.Waar le hulle beskerming dan?
.

Madelyn ·

Dankie Leon, dis so waar wat jy hier se. Ons moet ophou ook om na die regering te kyk want dis nie hulle wat die oplossing gaan bring nie. Ons wat se ons is Christene moet op ons kniee gaan voor die Here, want dit is net die Here wat ons almal, wit, swart, Indier, kleurling uit hierdie situasie gaan red

Johann ·

Dis nie net die plaasmoorde wat gestop moet word nie. Ook die moorde op die blankes oral.
Ek gee nie om wie se wat nie. Die blankes word uitgesonder.

hans ·

Zuma en malema,haal hulle uit die prentjie en die plaasmoorde sal skielik baie minder word.

Johannes Meintjes ·

Besmoontlik groei die gewaarwording onder regdenkendes in alle kulture dat SA nou meer as een agenda gelyktydig huisves maar dat niemand meer ondrskeidend en in geregtigheid probeer regeer en instandhou nie. Kerke en organisasies bly steeds meerderwaardig en hardnekkig verdeeld, of lei die bevolking aan die neus. Daar is talle kundig instansies, ook aan die meer konserwatiewe kant wat Burgerlike Beskerming (Rampbeheer …) baie efektief in SA sou kon konsolideer met eenparige en doelgerigde samewerking.

Johan Venter ·

Wie wil nou vir wie n rat voor die oge draai as almal weet wat aangaan
Kan dit so moeilik wees om op te lees wat het ene Mnr Andile Mngnitama vir Anneline Kriel te se gehad (The Citizen 24/2 2017)

Marie ·

Wat gaan die ANC doen om die moorde te stop? Die moordenaars inroep en se, stop julle nonsens. Dink nie so nie. Bring die doodstraf terug. Die aanvalle gaan net al meer word. Dit word winter hulle soek nou oorwinter plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.