Feed a Child sê jammer oor advertensie

'n Skermskoot uit die advertensie

‘n Skermskoot uit die advertensie

Feed a Child het om verskoning gevra nadat sy advertensie, wat ten doel het om bewustheid te skep oor kinders wat honger ly, skerp kritiek uitgelok het.

“Ons vra om verskoning vir die advertensie. Dit het nie ten doel gehad om enigiemand leed aan te doen nie,” het Elza Rautenbach, uitvoerende hoof van Feed a Child, aan Sapa gesê.

Die advertensie, wat ook op YouTube te sien is, wys hoe ‘n wit vrou ‘n swart kind “versorg” deur vir hom allerhande soorte kos te voer. Uiteindelik verskyn die woorde op die skerm: “Die gemiddelde troeteldier eet beter as miljoene kinders. Help om ʼn honger kind kos te gee.”

Dien advertensie het skerp kritiek op sosiale media uitgelok oor die manier waarop die swart kind in die advertensie uitgebeeld word. Rautenbach sê intussen dat Feed a Child steeds van Ogilvy and Mather, die Kaapse agentskap wat die advertensie vervaardig het, gebruik sal maak.

Rautenbach sê die organisasie gaan ook voort met sy werk om honger kinders te voer. “Ons beweeg aan en doen ons dag-tot-dag-take, samel vondse in en gee vir ons jonger generasie kos.”

Maroela Media het reeds vroeër berig dat die advertensie ‘n herrie op sosiale media veroorsaak het.

Lees ook:
Herrie oor Feed a Child-advertensie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Monica ·

Uiters, uiters swak smaak. Daar is hoeveel blanke kinders wat in uiterste omstandighede honger ly. Die advertensie is rassisties.

amelia ·

Dit is maar net so dat dit mos net die wittes is wat geld skenk en daarom sien die ander ons mos as die wat ryk is en net moet gee en gee maar maak nie saak hoeveel hy gee nie of hoe goed jy vir hul is nie hoeveel wittes word aangeval en vermoor en hul was ook goeie mense Meeste van hul was goed vir hul werkers Nee wat ek gee niks vir welsyn of enige ander staats organisasie nie Ek gee eerder vir my eie volk en mense

pop ·

Ek is so gatvol vir die nonsens> Maak n advertensie waar die swart vrou n wit kind voer, dit sal meer akkuraat wees. Ek daag mense uit om vir enige swarte te gaan vra vir n donasie, hulle kyk jou aan of jy mal is. Wittes is die donateurs van verdienstelike sake.

Amelia ·

Hahaha… Ek wonder hoeveel pondjies die twee “Akteurs” gekry het. Water in die drein af.

Marlene ·

Dit is n baie onsmaaklike advertensie. EK gee gladnie geld nie. Vir niemand nie. Het n wit gesin gehelp en is in die bek geskop. Wou net meer en meer en meer he. Ek het gaan bedel by plekke en donasies en wat doen hulle. Koop take aways en toe trek die hele fam in en sit agteroor en ek moet sorg. No thanks nooi ooit weer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.