Feesganger se lyk uit dam gehaal

Die 2016 Rocking the Daisies-musiekfees by die Cloof-wynlandgoed. Foto: Facebook via Rocking the Daisies

Die 2016 Rocking the Daisies-musiekfees by die Cloof-wynlandgoed. Foto: Facebook via Rocking the Daisies

Die liggaam van ʼn feesganger wat by die gewilde musiekfees, Rocking the Daisies, verdrink het, is gevind.

Die 21-jarige man se liggaam is Saterdag uit die dam by die Cloof-wynlandgoed in Darling in die Wes-Kaap, waar die fees gehou word, gehaal.

Robert Daniels, woordvoerder van die Tygerberg-hospitaal se nooddienste, het gesê ʼn vriend van die man het Vrydag die nooddienste ontbied nadat die man onder die water verdwyn het. Polisie- en nooddiensduikers het Vrydag na die liggaam gesoek totdat dit donker geword het en Saterdagoggend die soektog voortgesit. Sy liggaam is omstreeks 11:00 gevind.

Die feesorganiseerders het die voorval op die fees se amptelike Facebookblad bevestig.

EWN berig die man het glo in die water beland nadat hy op ʼn dryfbare apparaat na die middel van die dam gedryf het. Die man se naam is nog nie bekendgemaak nie, maar hy is glo ʼn Zimbabwiese burger.

Die Rocking the Daisies-fees kom Sondag tot ʼn einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

Dit verbaas my glad nie. ek was al 2 keer by rocking the daisies – elke keer in ‘n amptelike hoedanigheid want ek moes feesgangers daar aflaai en weer gaan haal. daar was totale chaos. almal wat by my voertuig verbygeloop het, was dronk, die reuk van dagga was redelik algemeen en die feesgangers se gedrag was sleg. iewers het ‘n ongeluk soos hierdie verdrinking net “gewag” om te gebeur.

Loslip ·

‘n Daisy kan dryf, maar ‘n rock gaan sukkel om bo te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.