#FeesMustFall-aktivis beken skuld

Argieffoto: ANA

Bonginkosi Khanyile, studenteaktivis van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Maandag skuld beken op vier van die 13 aanklagte teen hom wat verband hou met die gewelddadige #FeesMustFall-betogings in KwaZulu-Natal in 2016.

Danie Combrink, vir Khanyile, het sy kliënt se bekentenis aan landdros Siphiwe Hlophe voorgehou in die hof waar talle persone, geklee in EFF-klere, teenwoordig was.

Khanyile het skuld beken op aanklagte wat verband hou met openbare geweld, die besit van ʼn gevaarlike wapen en twee aanklagte vir versuim om aan polisiebevele te voldoen. Hy het ook skuld beken op aanklag van onwettige samekoms en dat hy ʼn kettie gebruik het om polisiebeamptes met klippe te bestook. “My optrede het daartoe gelei dat die vrede ontwrig is en ek was bewus daarvan dat dit die gevolg sou wees van my optrede. Ek was deurgaans bewus daarvan dat my optrede onwettig was en dat ek strafregtelik vervolg sou kon word.”

Hy is in September 2016 in hegtenis geneem tydens botsings tussen die polisie en studente van die Durbanse Universiteit van Tegnologie.

Hy staan tereg op aanklag van aanhitsing tot openbare geweld, onwettige byeenkomste, die besit van ʼn gevaarlike wapen (ʼn kettie), dat hy verkeer ontwrig het, ʼn ontwrigting op openbare paaie veroorsaak het en die besit van springstof.

Die staat het nie bewyse ingedien op enige ander aanklagte nie, wat beteken dat Khanyile vrygespreek word daarop.

Hlophe het verwys na beeldmateriaal wat wys hoe Khanyile polisiebeamptes met klippe bestook. “Sy optrede het chaos veroorsaak,” het die landdros gesê.

Die staat en verdediging het hul sake afgesluit en Hlophe het die saak tot 16 Oktober uitgestel vir vonnisoplegging. Hy wag nog vir verslae van korrektiewe beamptes wat in ag geneem sal word tydens die vonnisoplegging.

Khanyile het landwyd opslae gemaak toe sy aansoek om borgtog in die konstitusionele hof aangehoor is nadat dit in laer howe afgekeur is. Ná ses maande in die tronk het die konstitusionele hof hom uiteindelik vrygelaat op borgtog van R250.

Lees alle vorige berigte oor Bonginkosi Khanyile op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

marous ·

Borg van R250 as jy die polisie aanrand en springstof besit ?

Hansie Slim ·

Ag siestog. R250, dis darem wreed!!. Kon hulle hom nie bietjie afslag gegee het nie!!!!

Alida ·

15 jaar sal as afskrikmiddel dien vir die ander rooipet bragade.

Vaalknapie ·

Die hofsaak is maar net n bysaak. n Skuldigbevinding is deel van die kwalifikasies waat hy nodig het om in die kabinet opgeneem te word

Phil ·

Kettie word gesien as n gevaarlike wapen en springstof word sommer net so terloops genoem……?

Daan Erasmus ·

Neem in af dat sy regskoste reeds tien duisende beloop. Wat hy nie terug kry nie. Borg(bedrag) word in elk geval misbruik. Dit is nie veronderstel om proporsioneel tot die klag te wees nie. Die vraag moet gevra word: gaan die beskuldigde weer in hof verskyn.?

Genade ·

Daar was geen bewyse van springstof gewees nie. As n kettie n gevaarlike wapen is, was die plofstof seker springmielies. Nadat hy reeds 6 maande gesit het, het hy klaar sy straf uitgedien. Gee die seun sy R250 terug, vat sy kettie af en stuur hom om te gaan speel.

jakes ·

Wat van die motors wat ook onder die klippe deurgeloop het? Hy sal heelwaarskynlik nog as n held vereer word en op waarskuwing vrygelaat word.

HPV ·

Voorsmaak van erger daaglikse anargie as die eff by die anc regime oorneem!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.