FeesMustFall-aktivis sê staat het ‘geen saak’

Mcebo Dlamini saam met sy prokureur, Tembeka Ngukaitobi, by die Johannesburg-landdroshof. Foto: Thembelihle Mkhonza/ANA

Die FeesMustFall-aktivis Mcebo Dlamini se verhoor op aanklagte van openbare geweld en aanranding van ʼn polisiebeampte tydens studentebetogings is Vrydag in die Johannesburgse landdroshof tot volgende jaar uitgestel.

Landdros Carlo Labuschagne het gesê die landdros aan wie Dlamini se saak aanvanklik toegeken is, se termyn het tot ʼn einde gekom en hy kan daarom nie meer die saak aanhoor nie. Gevolglik is die saak tot 9 April 2019 uitgestel wanneer die voorvonnisverrigtinge na verwagting sal begin.

Dlamini is in hegtenis geneem nadat hy daarvan beskuldig is dat hy tydens die opspraakwekkende FeesMustFall-betogings in 2016 deelgeneem het aan openbare geweld en ʼn polisiebeampte aangerand het. In November 2016 is Dlamini op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die studente-aktivis het onlangs deelgeneem aan die sogenaamde “Long Walk” van Auckland Park in Johannesburg tot by die Uniegebou in Pretoria ter ondersteuning van amnestie vir FeesMustFall-aktiviste wat nou vervolg word oor hul deelname aan die betogings.

Lede van die ANC-Jeugliga ondersteun Dlamini in die hof. Foto: Thembelihle Mkhonza/ANA

Die regering het studente wat tydens dié betogings in hegtenis geneem is geadviseer om die korrekte regsprosesse te volg voordat hulle die president vir kwytskelding vra.

Regter Michael Masutha het gesê presidensiële kwytskelding kan slegs gegee word op grond van inligting wat die applikant voorsien ter ondersteuning van sy aansoek. “Onder geen omstandighede kan daar vooraf op presidensiële kwytskelding besluit word nie.”

Dlamini het egter Vrydag buite die hof aan verslaggewers gesê die staat het “geen saak” teen hom nie.

“Elke keer kom ons hof toe gereed om met die verhoor te begin en hulle kry elke keer ʼn manier om die proses te vertraag. Vandag sê hulle die landdros se ampstermyn het tot ʼn einde gekom, so nou kan hy nie meer met die verhoor voortgaan nie. Hy het geweet sy termyn kom tot ʼn einde, maar het steeds die saak vir vandag geskeduleer,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Loun ·

Absoluut belaglik dat die saak al van 2016 af kom…..natuurlik sal die staat nie n saak hê nie a.g.v al die onbevoegde “staff turnover”.
Teen daai tyd sal niemand eers weet waar al die papierwerk meer is nie.

humor ·

Self magistrate se koppe kan nie lekker vooruit dink nie. n Afrika kwaal waaronder ons almal lei,

humor ·

my aarde ly . Ons almal ly dan omdat ons nie behoorlik gelei word nie.

Johan ·

Die beginsel behoort te wees dat niemand bo die reg verhewe is nie. As hy skuldig bevind word, moet hy n man wees en dit aanvaar.

Hans ·

R800 miljoen se skade is op kampusse aangerig. Sou die student skuldig bevind word moet hy benewens tronkstraf ook n aansienlike kostebevel teen hom kry

Al ·

Het sy prokureur nie ook gesê die saak is politiek gemotiveer teen sy kliënt nie?
Dan kan die Coligny plaaswerkers wat nou moordbeskuldigdes ook dit as motivering gebruik?
Hy is maar ñ moeilikheidmaker die Dlamini, ek het geen simpatie nie.

njala ·

as die staat geen saak het nie, wat het ons ib die media gesien? dalk moet die kining van swaziland die saak bywoon en self besluit

Alida ·

Ek hoop die mnr is al die kampusse verbied. Hy saai net gif.

Domvraag ·

Hoe is dit moontlik dat n onwettige immigrant aan wits kan studeer, kan eis om verniet te studeer, kan plunder en bates beskadig en ons belastingbetalers moet daarvoor betaal. Hy hoort in die tronk, nooit weer in die land toegelaat te word nie, mag nooit weer by n SA universiteit studeer nie en moet kriminele rekord kry wat hom sal verhinder om na ander lande te reis.
Ek kan nie verstaan dat hy nog in die land is en nog eise kan stel nie. Wat gaan aan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.