#FeesMustFall-aktivis tot huisarres gevonnis

Bonginkosi Khanyile tydens ’n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Die veroordeelde #FeesMustFall-aktivis en student aan die Durbanse Universiteit van Tegnologie (DUT), Bonginkosi Khanyile, sal die volgende drie jaar in huisarres deurbring, het die Durbanse landdroshof Maandag beslis.

Khanyile sal net toegelaat word om klasse by te woon en moet vir die duur van sy vonnis agt uur gemeenskapsdiens per maand verrig.

Hy is ook gelas om ʼn R5 000-boete te betaal of drie jaar tronk toe te gaan, wat albei vir vyf jaar opgeskort is.

Die hofsaal was boordensvol van die gewilde EFF-studenteleier se ondersteuners, vriende en familie terwyl sy aanhangers ook buite die hofgebou saamgedrom het, nes die geval was met vorige hofverskynings.

Landdros Siphiwe Hlophe het in sy vonnisoplegging gesê die aanklagte teen Khanyile is ernstig en hoewel studente die reg het om te betoog, was dit kommerwekkend dat studies ontwrig is. Gratis onderwys is ʼn goeie saak, het hy gesê, “maar vandalisme is nie”.

Adv. Danie Combrink, Khanyile se regsverteenwoordiger, het ter vonnisversagting gesê die maatskaplike werker wat aan sy kliënt toegewys is, het berig hy toon berou oor sy dade, ten spyte van wat die polisie se kol. Langa Mhlongo ter vonnisverswaring gesê het.

Mhlongo het aan die hof gesê Khanyile het tydens gewelddadige en vernietigende betogings geen respek vir polisielede getoon nie en in werklikheid betogers aangespoor om polisiebeamptes “aan te val”.

Die beskuldigde het geweier dat hulle sy vingerafdrukke neem en die polisie gedreig toe hy gesê het hy sou “vir hulle kom”.

Combrink het aan die hof gesê die beste straf sou wees om Khanyile gemeenskapsdiens met die oog op rehabilitasie te gee, of ʼn opgeskorte vonnis. Sy kliënt kan nie ʼn boete bekostig nie, het hy aangevoer.

Volgens hom kan iemand soos Khanyile met invloed in die gemeenskap ander ten goede beïnvloed as hy gerehabiliteer kan word.

Khanyile het in Augustus 2018 skuldig gepleit op aanklagte van openbare geweld, die besit van ʼn gevaarlike wapen en twee aanklagte van die verontagsaming van polisieopdragte. Dit was nadat hy in September 2016 tydens voortslepende botsings tussen die polisie en DUT-studente tydens die hoogtepunt van die betogings oor universiteitsgelde in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

B ·

Verwys laaste paragraaf.

In my opinie ‘n baie ligte straf vir die beskuldigde, weereens ‘n onewe (‘sagte’) uitspraak.

Lance ·

Heeltemal te lig gestraf. Moes voorbeeld van Khanyile gemaak het om te wys dat jy nie deur geweld als kan fix nie. Sy arrogansie is ook duidelike teken dat hy g’n jammer is oor sy dade en die gevolge van dit nie.

Jacques ·

Dit is belaglik , afbreek , brand, aanrand , oppstook ,ens ens en hy kry net huisares . Wat n grap vir ons land . In ander lande sou hy die skade moes betaal of selfs die doodstraf gekry het omday hy die land benadeel .

Swanna ·

8 uur gemeenskap diens is te min. Hy moes meer gekry het as dit.

t ·

Ek lees 8 uur per maand vir die duur van sy vonnis. 36 x 8 = 288 uur. Nog steeds te min, maar darem.

Willie ·

Belaglik vir di emiljoene rande se skade…reels vir hulle en reels vir ons..

MarieM ·

My vraag, EFF hou niks van ons wit mense nie, maar die meneer maak gebruik van ‘n wit Advokaat om hom uit die gemors te help, HOEKOM?

Nettie ·

Julle weet mos: as hulle sien hul kierangs is aan die uitbraai, dan hou hulle òf rassisme óf Antie Apartheid òf armoede (agtergeblewenheid) as verskoning voor. Adv. Combrink het seker nie ‘n keuse gehad as om hierdie amoeba te verdedig nie; hy is waarskynlik deur die Regshulpraad as regsverteenwoordiger aangewys. Hy is nou wel skuldig bevind – oftewel, hy het skuld erken en “betoon berou” (ha-ha-ha, hoekom glo ek hom nie?), maar ek dink hy het ligtelik afgekom hiervan.

Ek sou dink dat die Landdros skadevergoeding van hom eis, sy NSFAS-studielening opskort, hom verbied om weer op die Universiteit se gronde te kom én ‘n boete asook gemeenskapsdiens afdwing. Tronkstraf sou in elk geval nie werk nie – hy sal net ‘n groter misdadiger daar uitkom, as wat hy ingegaan het.

LH ·

En daar kry hulle toe vir hom ‘n meneer COMBRINK as prokureur . . . .

Henry.60 ·

Drie jaar in huisarres…………hoop die 8 ure gemeenskapdiens is by die polisie wat hy so sleg behandel het, selle en toilette skoonmaak ens……………………………..

ZET ·

Ek is eintlik verbaas dat hy wel lig gestraf word, het gedink hy gaan skotvry
daarvan afkom oor sy kleur. Maar volgende week sien ons n foto van hom
op die golfbaan.

Skandelik ·

Vreemd, R5000 boete teenoor Penny se R150 000. Boete OF tronkstraf, maar Vicky het albei gekry? Hoe werk julle dit uit? Sien net ek hoe onregverdig die regstelsel is en dat dit die meerderheidsgroep BEVOORDEEL en die minderheidsgroepe erg benadeel en indoen? Skandelik.

Anel ·

En dan is nog opgeskort ook, want hy kan dit glo nie bekistog nie. Wat ‘n grap!!!

Zimmie ·

Besit van ‘n gevaarlike wapen is gewoonlik 15 jaar tronkstraf, maar hey .. kom ons SKORT sy boete en sy Tronkstraf op, dan word hy GLAD NIE GESTRAF NIE . te heerlik in SA waar jy mag breek en brand en skote afskiet en ander mense se eiendom vernietig en dan OPGESKORTE vonnisse kry? Te lekker as jy ‘n AKTIVIS in die land is … AS jy wit is is jy skuldig al kyk jy net skeef vir iemand en word die swaarste strawwe aan jou opgele, maar as jy aan die meerderheidsgroep behoort kom jy vry op die WREEDSTE dade. Dit gaan julle nog in die toekoms BYT, vra ZIMBABWE. ALMAL het toegelaat dat die wittes in Zimbabwe verniel en aangerand word en hulle plase afgebrand word … WAT GEBEUR NOU IN ZIMBABWE??? HULLE draai opmekaar.

Hans ·

Duidelik dubbele standaarde in strafoplegging-kan die “berou” duidelik omskryf word.

Mariana ·

Nou ja en daar is dit weereens bewys, party kom eenvoudig weg met als. Huisarres is belaglik. Hy kan steeds mense opstook. Hy kan steeds amok maak. Wees eerlik, as hy wit was, was hy nou in die tronk. Nee wat ons sogenaamde regstelsel is pateties en baie eensydig. Berou, regtig???

Geregtigheid ·

Dit gebeur net in SA. Rassisme is lelik. Die regter kon beter gedoen het. Opgeskort is geen vonnis nie. Net soos huisarres. Belaglik en dit moedig ander aan want daar is nie regtig teen hom op getree nie. Regstelsel het SA weer gefaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.