#FeesMustFall-aktivis wil buite hof skik

Mcebo Dlamini tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Lindi Masinga/ANA)

Die #FeesMustFall-aktivis Mcebo Dlamini het Donderdag gevra dat die saak teen hom hersien en buite die hof geskik word.

Dlamini het in die Johannesburg-landdroshof verskyn waar hy tereg staan op ʼn reeks aanklagte wat verband hou met die gewelddadige #FeesMustFall-betogings wat in 2015 begin het.

Dié student aan die Universiteit van die Witwatersrand is in 2016 in hegtenis geneem en aangekla van die skending van ʼn hofbevel, openbare geweld, diefstal en opsetlike saakbeskadiging. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag dat hy polisielid aangerand het.

“Ons gaan aanhou om alle moontlikhede te ondersoek om die kwessie op te los. Ons probeer nie ʼn verhoor ontduik nie, maar ons voel hierdie is nie ʼn saak waarvoor strafregtelike optrede nodig is nie. Dit is ʼn kwessie wat buite die hof besleg kan word,” het Dlamini buite die hof gesê.

Hy het onder meer die universiteit en die minister van onderwys gevra of dit steeds relevant is om vier jaar later met vervolging voort te gaan.

Die saak teen Dlamini is tot 4 Julie vanjaar uitgestel, hangende ʼn antwoord van die nasionale direkteur van openbare vervolging op sy versoek.

Dlamini het gesê die hofsaak wat al vier jaar voortsleep was ʼn uitmergelende ervaring.

“Ek weet nie meer hoe om te voel nie. Ons kom al sedert 2016 na dieselfde hof toe. Ek dink ons is flou. Ons weet nie of ons nog pyn voel of nie. Ons is uitgeput want ons lewens staan stil.

“Die mense saam met wie ons betoog het, het gegradueer en aanbeweeg. Diegene wat steeds op kampus is ken ons nie en weet ook nie hoekom ons nog hof toe moet kom nie,” het Dlamini gesê.

In Augustus verlede jaar het Dlamini die bykans 60 km van Wits na die Uniegebou in Pretoria gestap om pres. Cyril Ramaphosa te vra om sy invloed te gebruik om die studente wat tydens die betogings in hegtenis geneem is, te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Muffin ·

Die hofsake kos net geld en n verkwisting van tyd.
Hy sal in elk geval niks oor kom nie.

Donderstorm ·

Wel as n man van 80 jaar oud tereg staan kan hy dis dan seker ook vir n saak wat 4 jaar oud is man staan of nie?

Wurmpie ·

Dan kan alle sake buite die hof geskik word want hul draai almal solank

Elsa ·

Buite die hof skik, dan het hy geen klagte teen sy naam. Slim

Jacomanie ·

Ag foeitog man. Jy was dan so’n Groot meneer tydens you aksies.
Kry vir jou. Hoor maar by Zuma of hy kan help.
Hoop nie die ANC gesante laat die saak vaar nie.

Wondermaarnet ·

4 jaar terug was dit nie 2016 nie. Hy wil studeer en amok maak, maar kan nie eers tel nie.

Annamarie Olivier ·

Kry vir jou! Wil alles afbreek en ontwrig en skotvry daarvan afkom.
Laat die reg sy gang gaan en hou op om die saak uit te stel

Johan ·

Die mater word aangekla dat hy kriminele oortredings begaan het. Om hom nie te vervolg nie, sou neerkom op ‘n bespotting van die reg.
Vonnis hom ooreenkomstig sy oortredings en kry klaar.
Wie veroorsaak die openhoud? Sy prokureurs?

Gert van Wierdapark ·

Miskien moet kameraad Dlamini sommer ook die Com-rads wedloop aandurf aangesien hy darem n paar kilos gestap het Uniegebou toe. DIT sal hom baie goeie publisiteit gee! Daarna, na die hofsaak, sal hy hopelik baie tyd op hande he om verder te studeer en te oefen met n Oranje oorpakke aan!!!

JohanL ·

Nee wat ou – al is jy hoe “uitgemergel”, jy moet nie nou smeek en genade verwag nie. Wys ruggraat en vat jou pak soos ‘n man (as die hof die ruggraat gaan openbaar om hom te straf). Hoop ook sommer die saak sloer nog so paar maande. Laat die vent ly.

Ls ·

Gepaste vonnis sal wees om die universiteit se tuine instand te hou.

Johan ·

Ek vermoed dat hy heel waarskynlik ‘n onbetroubare persoon is. Dus moet hy nie die tuine in stand hou nie. Hy hoort in die tronk

Frikkke ·

En wie moet betaal vir al die skade wat hulle aanrig? Straf hom sodat hy volgende keer 2 keer sal dink voordat hy n klip optel of n petrol om gooi.

Jack Sadie ·

Ek was ses dekades gelede op universiteit. Ons het destyds ook baie droog gemaak. Ons het gedink ons is die kat se snor. Gee die man ‘n boete is my gevoel, want ek wil nie ‘n huigelaar of een van die skynheilige ou toppies wees nie. Dis nog ‘n kind, mense!

Johan ·

Hy is n volwasse man wat soos n kind te kerig gaan. Hy het ander se lewens ontwrig. In die proses het hy groot skade aangerig. Hy moet n swaar vonnis opgele.

#CrininalsMustFall ·

Dlamini is ‘n LiSwati, gebore in 1986 in Swaziland. Het reeds twee kinders van sy eie…..
Glad nie self ‘n kind nie.

Willem Grobler ·

As ek so kyk na die aanklagte sou ek juis dink hierdie is ‘n geval waar die reg sy loop moet neem. Elke wetter wat goed vernietig en mense aanrand hoort agter tralies en nié gratis op universiteit nie en basta!

Stel ·

Baie studente se lewens is ontwrig agv die stakings!!!!! Jy is een van daardie kinders/mense wat nie geleer het jou dade het gevolge nie!!!!!! Jy moet nou maar gevolge aanvaar. Dit is meeste kinders van vandag se probleem en jy was definitief nou ‘n goeie voorbeeld vir hulle.

Asmain ·

Ons belastingbetalers is net so “uitgemergel” om vir alles te betaal wat hy en sy kaders afbrand & verwoes. Nee wat vat maar jou pak soos n man.

Akademi Buktu ·

Hy gebruik die koninklike “ons” om na homself te verwys. Arrogant verby.

Tino ·

Daar moet ‘n voorbeeld van die knaap gemaak word.

As jy nie tyd wil doen nie moet nie die misdaad pleeg nie.

Die oplossing is eenvoudig, pleit skuldig vat jou straf soos ‘n man en gaan aan maar nou appeleer en allerhande snaakse toertjies julle eers om te prober los wikkel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.