Nzimande het tydens die bekendstelling van die Nasionale Raad vir Konvokasies en Alumni gesê R600 miljoen se skade is reeds aangerig en “ons is sterk op pad na R1 miljard”. Nzimande het gesê die regering sal moet opdok vir die vernietiging van eiendom by universiteite, wat beteken geld wat vir arm studente aangewend kon word, moet nou gebruik word om infrastruktuur te herbou.
Hy het begin verlede week aangekondig universiteite moet self hul verhoging in klasgeld vir 2017 bepaal, maar dit moet nie meer as 8% wees nie. Hy het ook gesê die regering sal voortgaan om studente te subsidieer wat by die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) baat en wie se ouers minder as R600 000 per jaar verdien.
Studente het egter kort na die aankondiging by verskeie kampusse regoor die land begin betoog. Verskeie universiteite het sedertdien alle akademiese bedrywighede opgeskort terwyl ander universiteite die reses vervroeg het.
Nzimande het Dinsdag ook ʼn beroep op die privaatsektor gedoen om ʼn meer betekenisvolle rol in hoër onderrig te vervul, soos om infrastruktuur te bou en die “tekort te befonds”.
Hy het gesê universiteite moet die lewens van sy studente en personeel beskerm en eerder sluit indien die situasie handuit ruk.
Bron: SAnews.gov.za
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Blwarghuhopts….daar is nie woorde nie.
Die ANC is mos gewoont daaraan om goed te brand en breek as hulle nie hul sin kry nie NIKS SNAAKS AAN DIT NIE.
Waar gaan hulle nou gratis studeer? Onder die bome …
Studeer hulle regtig of wil hul net groot koppe he iemand wat regtig wil studeer sal nie dit doen nie hoog tyd nou vir ptivaat mense om sekere studente te leer
Maar net R1 miljard (duisend miljoen Randjies)? Hoeveel biljoen of triljoen Rande is al sedert 1994 gesteel of is verlore weens swak dienslewering? Wat het van selfrespek geword?