#FeesMustFall-beweging se skade al naby R1 miljard

Skade wat by Wits aangerig is. Foto: @Ndibza001/Twitter

Skade wat by Wits aangerig is. Foto: @Ndibza001/Twitter

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Dinsdag gesê die skade wat by universiteite aangerig is sedert die #FeesMustFall-beweging verlede jaar begin het, is al amper naby aan R1 miljard.

Nzimande het tydens die bekendstelling van die Nasionale Raad vir Konvokasies en Alumni gesê R600 miljoen se skade is reeds aangerig en “ons is sterk op pad na R1 miljard”. Nzimande het gesê die regering sal moet opdok vir die vernietiging van eiendom by universiteite, wat beteken geld wat vir arm studente aangewend kon word, moet nou gebruik word om infrastruktuur te herbou.

Hy het begin verlede week aangekondig universiteite moet self hul verhoging in klasgeld vir 2017 bepaal, maar dit moet nie meer as 8% wees nie. Hy het ook gesê die regering sal voortgaan om studente te subsidieer wat by die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) baat en wie se ouers minder as R600 000 per jaar verdien.

Studente het egter kort na die aankondiging by verskeie kampusse regoor die land begin betoog. Verskeie universiteite het sedertdien alle akademiese bedrywighede opgeskort terwyl ander universiteite die reses vervroeg het.

Nzimande het Dinsdag ook ʼn beroep op die privaatsektor gedoen om ʼn meer betekenisvolle rol in hoër onderrig te vervul, soos om infrastruktuur te bou en die “tekort te befonds”.

Hy het gesê universiteite moet die lewens van sy studente en personeel beskerm en eerder sluit indien die situasie handuit ruk.

Bron: SAnews.gov.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

Die ANC is mos gewoont daaraan om goed te brand en breek as hulle nie hul sin kry nie NIKS SNAAKS AAN DIT NIE.

Irene ·

Studeer hulle regtig of wil hul net groot koppe he iemand wat regtig wil studeer sal nie dit doen nie hoog tyd nou vir ptivaat mense om sekere studente te leer

Ou Ystervark ·

Maar net R1 miljard (duisend miljoen Randjies)? Hoeveel biljoen of triljoen Rande is al sedert 1994 gesteel of is verlore weens swak dienslewering? Wat het van selfrespek geword?

Charmaine ·

Regso, neem ‘n groot tjek, maak dit uit vir die bedrag en skenk dit aan die universiteite vir die herbou van al hul skades. Maak die studente dan betrokke met die herbou, baksteen vir baksteen sonder betaling en 45 uur per week. En dan kan hulle volgende jaar ordentlik aansoek doen vir verlaagde fooie. Fees must fall not buildings en belastingbetalers sal dit nie duld nie. Trek die bedrag af by die UIF hul het baie geld en betaal traag uit aan die wat dit toekom – nou het hul ‘n verskoning – moes die studente se absenteeism eers betaal.

CHRISTA ·

Die ANC het dieselfde modus operandi gehad! Maar nou dat hulle aan bewind is pas die skoen nie meer so lekker nie!! As hulle die R500 miljard wat sedert 1994 onwettig verkwis is van die sondebokke terugeis, kan hulle ‘n HELE GESLAG se kinders GRATIS laat leer – vanaf laerskool tot by hulle gradeplegtigheid! Hoeveel studente kon gratis universiteitsopleiding ontvang vir die R250 miljoen wat NET aan Zuma se huis spandeer is?!!!

Alida ·

Hy sit die pot mis as hy dink hy gaan enige skenking kry vir die opbou proses. Net n dwaas argujenteer so.

Pieter ·

Daar is net een ding waaroor ek wonder: Hoeveel van hierdie “studente” wat vernietig en verwoes so vêr as wat hulle gaan, is werklik geregistreerde studente aan die universiteite wat so deurloop?
Ek glo die antwoord sal skokkend wees as daar onderdoek ingestel word want vir geen oomblik ek dat almal studente is nie. Die groot oormeerdere van hierdie verwoestende brigades sien elke moontlike optog as ‘n geleentheid om te plunder en af te breek so vêr as wat hulle gaan.

KP ·

Die agenskappe moet asb die land afgradeer dan gaan ons sien waar die geld vandaan kom.
Hier word lankal nie meer genoeg belasting ingevorder om hierdie terroriste te finansier nie.

Dup du Plessis ·

So die privaatsektor moet sommer net infrastruktuur bou sodat dit elke jaar naby eindeksamen tyd deur vandale afgebrand of beskadig kan word???….huh

snoefie ·

bou n nasie en red n volk. die agbare minister van onderwys reken die belasting betalers moet maar opdok vir die skade. hoekom moet ons? het ons of ons kinders die skade aangerig uit suiwer hebsug? new mnr die min van Hoer onderwys, “nie swart” kinders weet tersiere opleiding is n luukse daarom werk hulle om hulle studies te voltooi. vir die record, as per government decree, die unie is verantwoordelike vie alle skade wat deur hulle massas aangerig word. gaan eis die R600miljoen van hulle. hulle was loud and proud daar. laat hulle betaal. as per goverment decree. nog verder, kan die vandalistiese blikslaers nooit ooit weer die blanke instellings wat universiteite genoem word betree nie. hulle is vandale en kriminele en brandstigters. sluit hulle toe en gooi die skeutel weg. of daar nou net vyf of n hele vyftigduisend swernote is.

danie ·

Ek se hulle moet die organiseerders verantwoordelik hou vir die skade, ek dink dit is hoogtyd dat die partye ge dagvaar word . # organizers must pay

Alfonso ·

SA verkeer in n staat van burgeroorlog. Die ANC regering behoort n nasionale noodtoestand af te kondig en die weermag in te roep om wet en orde te help afdwing en die situasie te stabiliseer. Onskuldige studente en landsburgers ly. Die EFF probeer om die land onregeerbaar te maak – in hulle eie woorde.

John ·

Die ANC… en die DA en die EFF dink hulle weet wat aangaan. Sodra daar groot probleme in die land is, is daar altyd geskiet na die sg geheime mag wat agter alles sit. Die’ magte is nog nooit ontmasker nie. Hoekom? Hier is nou baie meer vingers in ons ‘pie’. Oosterse groepe en sekere tv-stasies is besig om groepe mense aan te spoor om moeilikheid te maak. As mens self nie kan vat en doen wat jy wil nie sal die minister van finansies boet en die volk ly. En wie beter as lui en gegriefde studente wat in luukse wil leef en nie eksamen wil skryf nie, om op te sweep om die vuilwerk te doen. Leiers wat bakhand staan by vreemdes, se onderdane betaal baie meer terug vir gunsies en gawes as wat hulle ontvang.

Ahooy ·

Hoeveel van die kriminele is al toegesluit en skuldig bevind??? WAT gaan aan met ons REGSTELSEL!!!!!!???

Sarie ·

Kyk gisteraand na ‘n program oor die Inkas en Spanjaarde. Hulle sê daar dat die kultuurverskille was te groot vir die twee groepe daarom sukkel hulle tot vandag toe om oor die weg te kom. Waarom kon niemand dit nog uitwys in ons eie dierbare land nie.

Maria van Dieweeck ·

As dit so gaan met n spul oproeriges sonder breinselle, wat sal gebeur as iemand met n brein werklik iets beplan in SA?

Elsie Rautenbach ·

Die persone wat verantwoordelik is vir die afbreek en afbrand moet verantwoordelik gehou word vir die opbou van die geboue uit hulle eie sak, so nie los die universiteite net so dan pas ons by die res van Afrika.

Schalk ·

Maklike riglyne om te kwalifiseer vir gratis onderwys. Jou ouers of verantwoordelike persone moet vir belasting geregistreer wees (landswet vereiste). Jy die student moet kwalifiseer volgens akademiese prestasie. Jou vordering moet gemonitor word en jy word afgeskop as jy faal in vordering kwartaaliks. Volgende kandidaat asb. Dit is die enigste eenvoudige manier. As jy nie presteer of betaal kan jy nie die diploma of graad gaan haal nie.

Jeanne ·

Hoe dink hierdie oproermakers .. 1 miljard kon BAIE studente laat leer het, maar aangesien julle nou die skade veroorsaak het, sal dit eers moet herstel word wat beteken julle gaan NIE nou verlaagde fooie kan kry nie, eers as die 1 miljard terugbetaal is.. HOE DINK JULLE mense? O nee, julle dink nie, julle is so opgesweep, daars geen logika agter hierdie optrede nie.

Jeanne ·

Al hoekom ek gekant is teen GRATIS studies is hoe lank gaan sommige mense dan studeer? Hoe lank gaan hulle vat om ‘n graad klaar te maak? Every Tom Dick and Suzy gaan inskryf vir medies en 30 jaar studeer totdat hulle dokters is, op die belastingbetaler se onkoste, en jou kind se studies moes jy voor betaal het, so eintlik betaal jy dan ook ander mense se kinders se studies indirek. Die dokter wat jou eendag ‘n pond vleis gaan vra vir ‘n besoek het JY laat leer, en jou kind wat dokter wou word, is nie gekeur nie op grond van demografiese vereistes.

stef ·

baie intressant gesprek met n mede werker oor hoekom hulle atyd als moet brand sy antwoord was omdat as hulle goed brfand kry hulle wat hulle voor vra.ek gan n ferrari brand en dan een kry ……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.