#FeesMustFall: Brandstigtingverdagte vrygelaat

Betogings op 5 September 2016 by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @Yung_btee

Betogings op 5 September 2016 by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @Yung_btee

Die man wat deur die polisie ingeneem is vir ondervraging rakende ʼn brand op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), is vrygelaat.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het sy vrylating bevestig. “Ons het gevoel daar is nie genoeg bewyse om hom aan te kla en hof toe te neem nie,” het sy gesê.

Die man is in hegtenis geneem kort nadat ʼn brand, wat Woensdag in die vroeë oggendure by die finansiële administrasie-gebou gestig is, geblus is. Die brand was die gevolg van een van verskeie brandstigtingvoorvalle op die kampus tydens die voortslepende #FeesMustFall-betogings.

Volgens onbevestigde berigte is die man deur die polisie aangekeer nadat hy op beeldmateriaal geïdentifiseer is. De Beer het gesê sy kan nie kommentaar lewer op die redes waarom die man vir ondervraging geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ja wat ·

Ja wat so kom hulle almal weg wat dit mins reg brand en moor

Gooi die tronkdeure oop ·

As jy ‘n student is en van die meerderheidsgroep in SA is is brandstigting, vernietiging van eiendom, poging tot moord absoluut GEEN oortreding nie, jy word vrygelaat sonder om aangekla te word. Polisie, gaan sit gerus onder die bome en eet julle Nandos, daar word ‘n joke gemaak van julle arrestasies. Hy is op beeldmateriaal GEIDENTIFISEER, en steeds word hy nie aangekla nie? Laat dan al die ander misdadiger ook vry uit die tronke wat soortgelyke misdade gepleeg het, en verander legislation dat brandstigting en poging tot moord en vernieting van eiendom NIE MEER ‘n OORTREDING van enige wet is nie, en ook nie as ‘n kriminele daad geag word nie, maak sommer more al die tronkdeure oop !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.