#FeesMustFAll: Bring SA tot ʼn stilstand, sê EFF

Studente het saamgedrom ter ondersteuning dat Wits weer sy deure moet oopmaak (5 Oktober 2016) Foto: @ewnreporter, Twitter

Studente het saamgedrom ter ondersteuning dat Wits weer sy deure moet oopmaak (5 Oktober 2016) Foto: @ewnreporter, Twitter

Vuyani Pambo, studenteleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Woensdag gesê studente moet die land tot ʼn stilstand bring tot daar aan hul eise vir gratis onderwys voldoen word.

ʼn Groep studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Woensdag aan ʼn stil betoging deelgeneem ter ondersteuning van diegene wat wil hê die akademiese program moet hervat.

“Ons gaan al die universiteite oorneem en ons sal seker maak dat die land tot ʼn stilstand kom totdat ons gratis gehalte onderwys het,” het Pambo gesê.

Hy het gesê die volgende twee dae sal gebruik word om met idees vorendag te kom wat sal help om die stryd om gratis hoër onderwys te wen.

“Die regering het dit reggekry dat ons soos misdadigers lyk. Ons moet vir hulle wys ons is denkende mense wat wil bou vir die swart mense wat agtergelaat is,” het hy aan studente by Wits gesê wat vroeër saamgedrom het dat die akademiese program moet hervat.

Wits-bestuur het Dinsdag gesê die akademiese program word tot volgende Maandag uitgestel wanneer ʼn algemene vergadering gehou sal word ter wille van die #FeesMustFall-betoging.

Die betogings, wat moontlik daartoe kan lei dat die universiteit sy deure moet sluit vir die res van die akademiese jaar, het meer as twee weke gelede begin nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het dat studentegelde in 2017 met ʼn maksimum van 8% sal verhoog.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jakes ·

Gee elke betoger sy/haar graad nou. Meld net sy punte en optrede op punte sertifikaat. Stuur hul om te probeer met dit in die arbeidsmark. Maar, kom ons trek laer om die bereidwilligge studendte, wat WIL studeer en gaan maak hul kampusse oop en veilig. 1 of 2 wat my steun…dalk net ek wat opdaag dit te probeer.

Raymond Bastone ·

Hulle lyk nie net soos misdadigers nie hulle is en moet gestraf word

marie visser ·

Pambo, dis hy en sy soort wat nooit êrens in die lewe sal kom nie, om te verwoes is vir hulle eerste prioriteit, want hul weet hul sou in elk geval nie geslaag het nie. Al sluit die univetsiteite in Suid-Afrika vir altyd, sal diegene wat wil leer, wel daarin slaag om hul doelwit te bereik. Dit is tragies om te sien hoe jong mense hul toekoms deur hul eie toedoen vernietig. Al kry hul gratis onderrig, sal min van hulle die paal haal.

Johan v H ·

Wanneer kry ons n beweeging wat skree “idots must fall” want hul kos die land meer as net geld

PMB ·

Wie is die knaap dat hy dink hy en sy trawante kan die land gyselaar neem. Hy klink soos n “terrorist” en moet daar volgens vervolg word. Dit is sulke boewe wat almal blameer vir hulle situasie en daarin sal bly vir ewig.

Hester ·

Geen fooie, dan werk julle dubbel die tyd wat julle gratis geleer het by dieselfde univerisiteit terug terwyl die staat julle betaling aan die universiteit betaal vir dienste gelewer, miskien sal hulle dan besef waar oor dit gaan, hulle het meer as 20 jr gehad om te beplan vir universiteit en sowaar laat hulle nog van hulle eie mense agter die arme agter geblewenes wat met die blink karre ry, wonder of hulle dink die land se infrastruktuur het vanself op ge pop en tog is dit net so vir hulle beskikbaar gestel ondankbaar en on in gelig ………………

Jakes ·

Hou asb die R/$ dop en alle aandele.
Die wêreld slaap nie soos in nKandla.

rafel ·

Laat hulle alles afbrand en vernietig….tot daar niks oor is nie…kyk wie dan weer opstaan en voortbou.

Leendert ·

Ek kry die studente wat op hul studies wil konsentreer, ook daardie van hulle wat nie maklik nie, of dalk eers oor der jare van die finansiële las ontslae sal wees omdat hulle sal moet opskop. Wie daardie lenings gaan terugbetaal weet ek nie.

Maar andersins is my gevoel dat ons die land en die regering verdien wat ons het, dubbel en dwars. Ek het geen gevoel behalwe die uiterste renons in die slapg….. , die kamma regdenkendes, maar wat niks aan die situasie kan doen nie. Zuma het almal ore aangesit.

Kom ons wees eerlik. Julius het die land destyds vir President Zuma op ‘n skikbord gegee (dankie meneer), hy en die junior liga was die hoofspelers in daardie sage. Waar staan ons vandag met die onrus, die oproer. Die EFF is aan die voorpunt, en weer is Julius die hoospeler, weer laat hy die land na sy pyoe dans, hy trek die toutjies en die poppe is magteloos in sy hande, hulle strompel mor, mor oor hul eie voete, hulle raas, skel, het nie genoeg woorde om Julius te beskryf oor wat hy aanjaag nie, maar hulle is mageloos, om die land uit die kloue van die EFF te laat ontsnap. Hy is soos die fluitspeler van Hamelin.

Almal, buiten Julius, is bevrees vir hul politieke toekoms, bang hul verloor stemme. Ons verdien hom.

Dan wonder ek of Zuma se opvolger raad met Julius en die EFF sal hê?

Gemsbok ·

Julius se strategie is eenvoudig. Dwing die ANC om van Zuma ontslae te raak en bring dan die EEF terug onder die ANC-sambreel en word daarvoor vergoed met die partyleierskap.

Wees gereed vir president Malema. En dink na oor waarom Suid-Afrika nou weer beter vir Afrikaners is as ‘n volkstaat.

Lance ·

Dit gaan eintlik gladnie oor die eise nie dit gaan oor n politieke agenda en sensasie !

pieter ·

Net 1 vraag hoekom sluit hulle nie die student toe nie maak van hom n voorbeeld.

CL ·

Dis 100% destabilisering van SA. Hierdie stap is amper voltooi. Ek ys vir die volgende stap.

giep ·

ek ys saam met jou. alles loop na n punt , en ons is amper daar

Rynhardt ·

Die vernietiging van universiteite oor SA was alles beplan om land in groot chaos te dompel.Dit gaan lankal nie meer oor gratis onderwys nie.Dit is net n rookskerm!Rebelle het reeds kop in Anc uitgesteek, nou moedig Malema en EFF (Anc se militante vleuel)studente nog meer aan tot chaos! Versrommend dat baie nog nie bree prentjie kan insien nie! Al jou rewolusionere groepe tree nou navore in SA!

snoefie ·

vuyani pambo jou president het al op TV gese die nie stakende studente moet ruggraat kry. raai wat het hy bedoel. as die studente hulle manewales veel verder gaan voer, raai wat gaan hy vir die polisie en weermag aanbeveel. weet jy wat gaan die wereld dan van die kriminele studente se? JUST COMEUPPANCE! en waar gaan dit jou en jou openbare opstokery laat? raai hulle aan om van wit instansies waar hulle nie wil betaal nie, weg te bly en gratis en mahala by die inisiasieskole te gaan studeer.

Eugene ·

Verduidelik asb vir die siel wat is die verskil tussen Gratis en Verniet…
“swart mense wat agter gelaat is” ..of agter gebly het!!!

Fransie ·

As hulle hulle sin kry, sal daar maar net ‘n volgende eis wees. Eers was dit Rhodes must fall, toe Afrikaans must fall, nou is dit Fees must fall …. maar redes sal hulle kry. Malema het mos reeds sy graad – wonder wie het daarvoor betaal of het hy dit verniet gedoen?

Schalk ·

Die lewe is ongelukkig nie ‘n afstandbeheer met ‘n “pause” knoppie nie. Dit is wat die verwagting is van die Mnr. Wie gaan alles wat volgendes hom verkeerd is eers regstel en dan gaan dit reg wees sodat almal met alles tevrede is? Droom aan mater die res van die intelligente mense het al beter alternatiewe opsies gevind, terwyl julle TV dekking soek.

peter ·

Destabilisering van ons land is byna voltooi. Dan gaan dit oor tot vol rewolusie. Ek reis baie in die buiteland. Die woord racism beteken eintlik anti-white. Maw sodra racism as misdaad verklaar word sal die government oorgaan tot die volgende stap. Dit mense sal ons eie skuld wees vir massa genocide teenoor die blanke. Ons het mos die edele petisies wat almal wat nie reg dink nie, onderteken. Bring die doodstraf terug. Die ddostraf sal slefgs toegepas word op blanke rassiste wat in die trok sit. Dit sal nooit op hulle toegepas word nie. Ons het gesmeek daarvoor. Onthou hulle weier om onder die ‘Dutch’ law te staan dus beteken ons grondwet vir hulle niks en dis ook die rede waarom daar nie opgetree word teen die huidige toestand nie. Dutch law beweer dis verkeerd. Die stam law onderstreep dit. Maw met wetgewing gaan hulle ons wettiglik vernietig. Presies wat hulle gebruik het om blanke besighede te Kaap. BEE en wetgewing! Dink Afrikaners!

John ·

Lyk of daar miljoene mense is wat glo daar is ‘n wonderpot vol goud aan die voet van die reenboognasie, die president inkluis…. ‘n grooot goue pappot vol skatte en note en… en. Hierdie is ‘n baie siek land. Ongeneeslike siektes lei tot die dood.

Donovan ·

Google bietjie die uneverseteit van Mauritius, hulle fooie is goedkoper, en met die wisselkoers behoort jy as ouer so rapsie goedkoper weg te hom per jaar… in plaas van n ou karretjie te koop, vat daai gelde deel hulle in 9 vliegtuig kaartjies en walla, ons probleme met die massa is op gelos en hulle kan dan maar verder afbrand en verder Fees must Fall eksamens skryf… Mauritius se uneverseteit is international en ek dink die kwalifikasie beteken meer as ons huidige toy toy grade…

Loeis ·

Dit lyk of die veldtog se naam verkeerd is: dit moet eerder wees “Everything must fall”. Lg sal hulle doelwitte beter beskryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.