#FeesMustFall: Dis ʼn nasionale krisis, sê Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA

Mmusi Maimane, leier van die DA

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Saterdag gesê die land beleef ʼn ongekende krisis en indien dit nie aangespreek word nie, sal dit die toekoms van alle studente en die vooruitsig van die land benadeel.

“Die krisis vereis dus leierskap vanuit alle sektore van die samelewing. Dit is nie net ʼn hoëronderwyskrisis nie, maar ʼn nasionale krisis,” het hy aan verslaggewers in Kaapstad gesê ná die DA se federale uitvoerende vergadering.

“Die DA se posisie was nog altyd regverdig en progressief. ʼn Student kan nie uitgesluit word om sy toekoms te bou indien sy ekonomiese omstandighede nie ʼn hoëronderwyskwalifikasie kan bekostig nie. In hierdie verband kon die regering en moet die regering meer doen.

“Die reg van die studente wat hul onderrig wil voortsit en hul akademiese jaar wil voltooi, moet beskerm word. Geweld en vandalisme moet ten sterkste veroordeel word en oortreders moet vervolg word. Net soos wat ons betogers versoek om binne die wet op te tree, versoek ons die polisie en privaat veiligheidsmaatskappye om ook met selfbeheersing en binne die wet op te tree.”

Maimane het gesê universiteitkampusse wat gesluit word, het die grootste impak op arm studente. “Indien hierdie akademiese jaar verlore gaan, beteken dit ʼn beduidende bykomende las op die studente wat reeds sukkel om hul lewenskoste te dek.”

Maimane het gesê hy is van voornemens om met dr. Ahmed Bawa, uitvoerende hoof van Universiteite Suid-Afrika (die voormalige Hoër Onderwys Suid-Afrika) en prf. Adam Habib, voorsitter van Universiteite Suid-Afrika te vergader om, onder andere, die finansieringskrisis te bespreek wat daartoe gelei het dat die land se universiteit moes sluit. Hy wil ook die gedrag van die betogers en die dringende behoefte om die akademiese jaar te voltooi, bespreek.

ʼn Uitnodiging na die vergadering is ook gerig aan die leiers van ander opposisiepartye, met leiers van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), United Democratic Movement, Inkatha Vryheidsparty, African Christian Democratic Party, Vryheidsfront Plus en Agang wat reeds hul bywoning bevestig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kobus ·

Hy sê nie iets nuuts nie, net so op nommer 99. Ek dink egter dit is die regte stap om veral die EFF te betrek, voor die dinge ook na die skole toe oorspoel. Dan, die krisis het mos sy oorsprong ‘n hele paar jaar terug al. Ek dink die weermag moet ook sommer betrek word om die regte van die studente wat hul studies wil voortsit en die akademiese jaar voltooi te beskerm. Ek wonder net of daar genoeg polisie en weermaglede is om die situasie te stabiliseer. Dis waarom ons deesdae by die studentebetogings sien die universiteite span ook private sekuriteitsfirmas in.

Ig ·

Kobus die Eff hoef nie betrek te word nie, hulle is reeds betrokke en die oorsaak van al die chaos en brandstigting.

Kobus ·

LG, ek weet dit, dis presies hoekom ek dit hiervoor gesê het, dus is dit reg dat hulle formeel betrek word dat hulle hul hand in daardie besprekings kan wys, om daardie chaos te help stop sit, dan sal ons sien of hulle saamstem, saamwerk en hulle daartoe kan verbind.

Cherokee ·

Waarom Kobus, beskou jy die EFF as opvolgingswaardig? Bloot omdat hulle die hoofopstekers is? Hulle behoort geignoreer te word en geakrediteerde mense moet geraadpleeg word.

Leendert ·

Mmusi, toenter jare was my ekonomiese omstandighede so dat ek nie ‘n hoër onderwyskwalifikasie kon bekostig nie, ek het toe gaan werk om geld in die hande te kry en na-uurs studeer. Van my maats weer, wat dit ook nie kon bekostig het nie, het beurse gekry agv hul goeie slaagsyfer. My kinders gaan ongelukkig dieselfde paadjie as ek moet loop, dus het ek nou hoop in jou dat hulle dit ook eendag gratis sal kry, want die ekonomie is nou so in sy kanon, ook weet ek nie of hulle eendag met al die beperkings, BEE, kwotas ens, wat die ANC regering vir die blankes daargestel het, werk sal kry nie. Ek sal moet raap en skraap. Dit is nog ‘n klom jaar weg, so die voorsienigheid sal wel met ons wees, dalk by wyse van innoverende denke.

Veritas ·

My wêreld! Die leier van die opposisie het wakker geskrik! Wie sou nou kon raai dat hierdie ‘n nasionale krisis is? As dit darem nie vir hom was nie, sou die man in die straat dit nooit kon raai nie.

Rupert Ashford ·

Hierdie word nie met ‘n paar woorde reggemaak nie Mmusi. Julle het al amper ‘n kwarteeu (volle generasie) die mag en as die mense soos na die depressie en die wereldoorlog besluit het om die saak konstruktief en met harde werk aan te spreek, was die saak nou al halfpad gewonne. Dit sou ongelukkig ‘n generasie if dalk twee neem wat hulleself moet offer om daar te kom soos die wit Afrikaner kinders van die laat 70’s en 80’s wat die eerstes was wat in relatiewe luuksheid kon universiteit toe gaan, maar hulle ouers en grootouers moes hulle simpel werk om dit te laat gebeur. Indie pluk ook nou die vrugte daarvan en sien hulle kinders CEOs word van groot maatskappye. Maar helaas is Afrika en harde werk nie baie versoenbaar nie…

John ·

Ja, mostert na die maal. Maar nog g’n sprak gesprook ter behoud van Afrikaans. Die Progressiewe -/Verenigde Party/ DA , was altyd Engels-gesind. Die DA se niks nuuts nie en gaan ook betoog ~ teen die SAUK. Interessant dat die tentakels van Guptaiaanse aard ook skynbaar die botoon voer in beide onderwys en betogings. Hierdie effek strek wyd maar almal glo die Zoeloe-impi is al probleem. Ons sien die rimpelings van onderlinge struwelings, en glo studente het die klip in die dam gegooi. Die ongure skildery van onlangs het dit ongelukkig reg.

Johann ·

Kom ons kyk wat hierdie week, veral more gaan gebeur na Zuma, sekere ministers en intsellings oor veiligheid einde verlede week koppe bymekaargesit het om nuwe strategië uit te trap om die oproer te stop. Van wat ek verstaan, gaan daar zero verdraagsaamheid wees teenoor die radikales wat geweld aan stook en die universiteite ontwrig.

Anti regering ·

Die wat nie kan betaal nie maar ‘n bo gemiddelde student is moet definitief gehelp word maar die klomp wat in elk geval so dom soos grond is moet nie eers toegelaat word op universiteit nie.

Rupert Ashford ·

In my dae (lekker oud ne;-)) was daar sulke aansporingkemas waar die universiteit ‘n groot deel van jou klasgelde kwytgeskeld het as jy jou kant gebring het. Indien dit nog bestaan het die bogemiddeldes al die kanse wat hulle nodighet – maar weereens moet hulle daarvoor werk wat blykbaar ‘n vreemde begrip is. Dit is nie elkeen se reg om universiteit toe te gaan nie.

Takkie Takuuza ·

Begrip is ‘n luukse. Toe die Universiteit klasse opgeskort het, moes die meerderheid wat wou studeer, hulle plakate opgeneem het en die Universiteit gedwing het om hulle kant te bring. Dis al taal wat verstaan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.