#FeesMustFall: Dlamini-saak weer uitgestel

Mcebo Dlamini (Foto: Lindi Masinga/ANA)

Die saak teen die studenteleier Mcebo Dlamini, waar hy tereg staan op aanklag van openbare geweld, aanranding, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en dat hy ʼn hofbevel verontagsaam het, is Donderdag weer uitgestel in die Johannesburgse landdroshof.

Die aanklagte teen die student van die Universiteit van die Witwatersrand spruit uit die studentebetogings in 2016 oor studentegelde.

Dlamini, wat vrygelaat is op borgtog van R2 000, het ʼn nuwe prokureur, Khathutshelo Mathibe, aangestel. Staatsaanklaer Steven Rubin het gesê hy is nie hiervan in kennis gestel nie. Mathibe het egter aan die hof gesê Rubin is wel in kennis gestel.

Mathibe het gesê hy is gereed om voort te gaan en is op hoogte van die saak, hy wag slegs vir die staat om “hul bewyse teen Dlamini” aan hom te verskaf.

Rubin het gesê die staat se beeldmateriaal beslaan videomateriaal. Hy het aan die hof gesê “die beeldmateriaal is gekopieer en moet besigtig word”. Dit beteken die saak kan nie voortgaan nie.

Die saak is verlede week uitgestel toe Dlamini se vorige prokureur nie by die hof opgedaag het nie. Die beskuldigde, wat volhou sy saak is “polities”, het aan die hof gesê hy het ter elfder ure uitgevind sy prokureur is siek.

Landdros Andre Pietersen het Donderdag die saak weer tot 5 Oktober uitgestel, maar gewaarsku dat hy geen verdere vertragings sal duld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Really? ·

In die land vertel die verhoor afwagtende die hoof regter wanneer hy reg is vir hom!eischhh

Boshond ·

Hierdie hele verhoor affêre is ‘n ingeoefende taktiek. Zuma se verhoor gaan ook eendag so verloop en vir jare sloer totdat hy vry kom.

Theresa B ·

Van uitstel kom afstel. Hulle speel net vir tyd. In hierdie land geld niks vir hulle nie. Alle reels en wette is net vir ons!!!

Gerrit ·

Dit is net so. N moordenaar bet n reg in die land maar nie die vermoorde. Maak net wat hulle wil

H ·

Ek verstaan nie lekker hoe is hy die enigste een wat aangekla is nie, Daar was hordes van hulle wat betoog en afgebrand het. Hoe werk dit dan?

Callie ·

H jy moet kleur in ag neem. Jy sal agterkom media sal sulke stories saggies met handskoene hanteer. Miljoene se skade maar boer word in hegtenis geneem en kry nie borg. Kyk hoe gaan media daaroor berig

alida ·

Hy moet nie eers toegelaat word om eksamen te skryf nie. Hy wil mos bollie aanjaag. In elk geval moes hy al lankal gewerk het en geld verdien het. Wat soek hy steeds op Universiteit. Dit gaan mos so in skole ook hulle is 18 in gr 8 en dit is waar die geweld in skole vandaan kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.