#FeesMustFall: Geweld vlam op in Pta-strate

Studente betoog in die strate van die Pretoria-sakesentrum (12 Oktober 2016). Foto: ANA

Studente betoog in die strate van die Pretoria-sakesentrum (12 Oktober 2016). Foto: ANA

Winkeleienaars in die Pretoria-sakesentrum moes Woensdag hul deure sluit nadat ʼn skermutseling tussen die polisie en #FeesMustFall-betogers van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) uitgebreek het.

Die polisie het verskeie kere rubberkoeëls in die strate afgevuur, terwyl studente terugbaklei het deur die polisiebeamptes met klippe en rommel te bestook. Die studente het aanvanklik die TUT-kampus in Pretoria-Wes afgesper met verskeie brandende bande en klippe.

Een van die studenteleiers het later gesê ʼn vergadering wat op die kampus gehou sal word, is “ʼn mors van tyd” en hulle het besluit om ʼn optog na Arcadia te hou. Honderde studente het na die Arcadia-kampus gestap, met ʼn groot polisie-afvaardiging wat saam met hulle beweeg het.

Studente betoog in die strate van die Pretoria-sakesentrum (12 Oktober 2016). Foto: ANA

Studente betoog in die strate van die Pretoria-sakesentrum (12 Oktober 2016). Foto: ANA

Nadat die geweld tussen die twee groepe uitgebreek het, het talle winkels dadelik toegemaak. Ahmed Hassan, eienaar van ʼn selfoonherstelwinkel, het gesê hy het al voorheen te doen gehad met gewelddadige betogings voor sy winkel. “Ek het verlede jaar my voorraad verloor toe die studente ʼn optog gehou het. Ek moes vir woedende kliënte, wat hul fone ingegee het om herstel te word, verduidelik dit is deur betogers gevat. Dit lyk asof niemand ons kan beskerm nie,” het hy gesê.

Vusi Mahlangu, ʼn #FeesMustFall aktivis, het gesê die TUT-studente se betogings is slegs ʼn klein gedeelte van die landwye veldtog vir gratis onderrig. “Hierdie universiteit hou aan beweer hulle kan nie vir ons gratis onderrig gee nie. Hulle sê net die regering kan vir ons gratis onderrig gee. As hulle werklik toegewyd is om gratis onderrig te bewerkstellig, moet hulle aan ons eis gehoor gee en vrywillig toemaak. Hulle moet vir ons universiteitbusse gee en hulle moet saam met ons kom betoog,” het Mahlangu gesê.

Studente betoog in die strate van die Pretoria-sakesentrum (12 Oktober 2016). Foto: ANA

Studente betoog in die strate van die Pretoria-sakesentrum (12 Oktober 2016). Foto: ANA

“Hierdie kwessie is baie eenvoudig. Ons baklei nie teen hulle [die universiteite] nie, ons baklei vir gratis onderrig. Hoe meer hulle teenstand bied, hoe meer gaan hulle studente uitlok. Ons het die afgelope drie aande baie vreedsame nagwake gehad. Ons het geen universiteit afgebrand of met enigiemand baklei nie.”

Mahlangu het gesê die betogings sal onbepaald voortgaan totdat studente gratis onderrig kry.

Intussen het Willa de Ruyter, woordvoerder van die TUT, in ʼn verklaring gesê weens die protesaksie wat weereens vandag op die Pretoria- en Ga-Rankuwa-kampusse opgevlam het, is studente en personeellede aangesê om huis toe te gaan. Sy het gesê akademiese bedrywighede sal weer Donderdag op die kampusse hervat en nog meer sekuriteitsmaatreëls sal ingestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

RK ·

Regtig. Hoe lank gaan die regering nog die kinders toelaat om alles te verwoes?

Hendrik ·

Ek sal my kind neuk as hy so iets doen. Waar is die ouers? Hierdie kinders het geen opvoeding gekry by hulle huise nie en is net gelos.

Sane Serenity ·

In hierdie land is jy op jou eie. Polisie is slegs BBP beskermers en kyk glad nie na die belange van die publiek nie.

Wilhelm ·

Dit word al meer en meer duidelik dat die owerhede (universteitsbestuur ingesluit) te lamsakkig is om te onderskei tussen studente en kriminele. As iemand soos krimineel optree moet hy soos een behandel word. My vriende oorsee vra vir my of ons polisie nie verhoed word om drasties op te tree nie, want dit lyk vir hul asof die SAPD net altyd besig is om die simptoom te dokter en nooit by die oorsaak uitkom nie! Tragies !

Johannes Christoffel Meintjes ·

Ek het terwyl ek gister fotos geneem het van ‘n geelvink mannetjie in ‘n Akasia doringboom in WF Nkomo/Kerk straat gesien hoe EFF lede aangery word om te gaan betoog. Dit is hartseer hoe baie na die wêreld se dinge neig eerder as om te stap na Jesus se Eige koninkryk toe. Blessings vir almal.

Jean ·

Waar kry hulle al hierdie goed wat hulle so brand en HOE help dit hulle nou om gratis na-skoolse opleiding te kry? Wat werk die BRAND ding nou eintlik? Jy steek ‘n paar pallets in die straat aan die brand en van more af kan jy gratis studeer of wat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.