#FeesMustFall-leier appelleer teen borgtog-uitspraak

Mcebo Dlamini in die hof (17 Oktober 2016). Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini in die hof (17 Oktober 2016). Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini, die studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), sal Dinsdag in die hooggeregshof in Palm Ridge verskyn om appèl aan te teken teen ʼn vorige hofbesluit om hom borgtog te weier.

Die 30-jarige student staan tereg op aanklagte van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy in Oktober by sy Wits-koshuis in hegtenis geneem is.

Dlamini, ook die voormalige SR-president en tans die leier van die #FeesMustFall-beweging by Wits, het op 21 Oktober na bewering op ʼn eetstaking in die gevangenis gegaan. Dit was volgens Nkululeko Tselane, een van die #FeesMustFall-aktiviste, wat Dlamini in hierdie tyd in die gevangenis besoek het.

Tselane, wat die seun is van Terry Tselane, die adjunkvoorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het gesê Dlamini is in ʼn enkelsel in Johannesburg-Sentraal-gevangenis, ook bekend as Sun City. “Mcebo is min of meer oukei. Hy sê hy is al sedert Woensdag op ʼn eetstaking, maar ek is nie seker wat dit behels nie. Hy probeer sin maak van wat buite aangaan, aangesien ons aktiviste geteister en op geskiet word,” het Tselane gesê.

Manelisi Wolela, die woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het die bewering dat Dlamini op ʼn eetstaking gegaan het, ontken. Die Gautengse departement van onderwys het later aan die lig gebring dat hulle vir Dlamini se studie by Wits betaal.

Wits-studente het in aanloop tot vandag se hofverrigtinge ondersteuning vir Dlamini gewerf en sal na verwagting in groot getalle vandag by die hof teenwoordig wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan ·

Dis nou wragtag oulik. Sy studies word deur die Dept betaal en in plaas daarvan om hom by sy studies te bepaal saai hy en vele ander verwoesting by die universiteit!? Hy kan gerus sy tyd in “Sun City” verwyl tot 2030.

Johan ·

Hulle wil die universiteite dekolinialiseer maar sy kleredrag lyk baie westers, behalwe nou sy ou nekserpie….

Jean ·

Wie het eerste geteister? Ons wil eintlik nie meer hoor wat met hom gebeur nie. Om van ‘n ander land se voorregte gratis te kom geniet en hulle fasiliteite dan te kom vernietig en voordans in optogte en betogings? Neewat hou hom daar .. gee hom net soveel tronkstraf soos iemand anders wat NIE ‘n student is nie sou kry, hy kan verniet in die tronk studeer, ten minste kan hy nie daar iets breek nie. As hy weer op ‘n eetstaking gaan is dit ook goed, dan spaar die Dept van Korrektiewe dienste nog kos ook, hyt nou eers genoeg uit die Suid Afrikaanse belastingbetaler uit. As jy jou tronkstraf uitgedien het, deporteer hom terug na sy land van herkoms, dat hy die universiteite en strate en geboue daar kan vernietig. ENOUGH already!

Magda ·

As ek reg onthou is hy n buitelander wat op staatsonkoste hier studier, so eintlik moet hy GEEN sê of reg hê nie. Ek neem aan sy appel se onkoste word ook deur die staat betaal, natuurlik is dit indirek ons belastingbetalers wat hom financier. Skoert man..

John ·

Die verdediging voer aan dat die aanklagte polities-gedrewe is… Miskien is die tronk dalk die veiligste plek vir hom teen die moeilikheidmakers daarbuite…

Stuur terug ·

Stuur terug Swaziland toe en gebruik sy fondse om ‘n Suid-afrikaner te laat studeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.