#FeesMustFall-leier ‘gefrustreerd’ ná hof saak uitstel

Mcebo Dlamini Foto: Facebook

Die saak teen Mcebo Dlamini (30), voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en #FeesMustFall-aktivis, is Dinsdag weer in die Johannesburgse landdroshof uitgestel.

Dit kom ná sy regsverteenwoordiger te siek was om te verskyn.

Dlamini staan tereg op aanklagte van die oortreding van ʼn hofbevel, openbare geweld, aanranding, diefstal en opsetlike saakbeskadiging.

Thabo Kwinana, sy regsverteenwoordiger, het via ʼn teksboodskap laat hoor hy sal nie hof toe kan kom nie. Dlamini het die boodskap waarin Kwinana gesê het hy is siek aan die hof voorgelees. Oomblikke later het hy nog ʼn teksboodskap van Kwinana voorgelees waarin hy noem hy sal enige tyd ná 5 September beskikbaar wees.

Die hof het die uitstel toegelaat, maar gewaarsku dit is die laaste uitstel wat toegelaat sal word.

Dlamini is in Oktober 2016 in hegtenis geneem en November op R2 000-borgtog vrygelaat.

Dlamini het ná die verskyning vandag laat hoor hy is gefrustreerd deur die voortdurende uitstel van die hofverrigtinge.

“Ek het gister met [Kwinana] gepraat en hy het nie gesê hy is siek nie, nou sê hy vir my hy het mediese aandag nodig. Sommige van ons is nog studente. Ek het nege vakke en volgende week is toetsweek,” het Dlamini gesê.

Die saak is tot 7 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan Koos Willemse ·

Ag foeitog! Toe ander studente wou klasdraf en eksamen skryf het uitstel dmv ontwrigting nie gepla nie.

De Villiers ·

Hy moes aan die gevolge van sy aksies gedink het voordat hy al die oortredings begaan het. Hy kan niemand oor sy frustrasie blameer as homself nie. Ek hoop die hof beslis dat hy permanent ‘n deel van sy salaris moet bydra aan al die skade wat by universiteite aangerig is, waaraan hy aandeel het.

Liza101 ·

Ag shame siestog! Gaan kla iewers anders idioot! Jy en jou trawante het geensins aan duisende ander studente gedink toe julle te kere gegaan het nie. Loop speel op die treinspoor!

Eish ·

Née genade tog, geen wonder hul wil nie betaal nie! Dis seker n professionele student.

Fizz Pop ·

G’n wonder hy wil verniet studeer nie, dit vat hom 12 jaar om ‘n graad te kry.

Stem saam ·

Hy het verstaan jy moet jou tyd vat en dit ordentlik doen, leer net 1 paragraaf per week en toi toi. Nee kêrel, dit is so die wiel draai en mens moet maar verantwoordelikheid vat vir jou dade. Lees maar almal se kommentaar oor jou moleste toe ander studente wou studeer en toets skryf. Verder die klomp geld wat dit al die studente en hul ouers gekos het en dit was nie hul keuse soos die jou keuse was nie.

Asjas ·

Sy regsverteenwoordiger is seker nie meer lus om verniet te werk nie. Dis wat jy kry as alles gratis moet wees.

Genoeg ·

Verlede jaar toe my kind 9 vakke gehad het en moes klas toe en eksamen skryf, het dit jou nie gepla nie. Hoekom moet enige iemand jou nou in ag neem?

Niekie ·

Nou skielik is toetsweek belangrik shame hy was nog nooit n volwaardige student nie was net besig om amok te maak Get a life en studeer n slag for real

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.