#FeesMustFall-leier hoor oor borgtog

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Woensdagoggend in die Johannesburgse landdroshof verskyn waar uitspraak oor sy borgtogaansoek gelewer is.

Landdros Albertus Roux het Dlamini (30) se borgtogaansoek geweier. Hy bly in aanhouding en moet weer op 15 November in die hof verskyn.

Dlamini is Sondag in Parktown in hegtenis geneem nadat die polisie op die Wits-koshuis, waar hy woon, toegeslaan het. Hy word aangekla van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die staat het Dlamini se borgtogaansoek teengestaan en aangevoer hy is ʼn vlugrisiko. Volgens staatsaanklaer Steven Rubin kan Dlamini na Swaziland vlug, waar hy gebore is.

Volgens Rubin is die staat in besit van beeldmateriaal wat wys hoe Dlamini gevaarlike wapens, naamlik stokke en klippe, in sy besit het en ook ʼn foto wat glo wys hoe hy ʼn polisiebeampte aanrand.

Dlamini het egter aangedui dat hy nie sal vlug nie aangesien hy steeds ʼn student by Wits is en dat hy sy paspoort sal inhandig. Hy het verder ontken hy het ʼn polisiebeampte aangerand en sê hy was die slagoffer in die situasie.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het intussen Dinsdag bekend gemaak die provinsie betaal Dlamini se klasgeld. “Ons betaal vir Dlamini se meestersgraad in regte en nou is hy in die tronk. Ek is bang en vrees die ergste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Netta ·

Dis reg, dis waar hy hoort – anargiste soos hy hoort in die trunk. Buitendien, wat soek hy in SA? Is daar nie ‘n Universiteit in Bulawayo nie? Of wat die hoofstat van Swaziland ookal mag wees?

Denise LG ·

Dis nou fantastiese nuus. So behoort hulle almal behandel te word. Verniel en tjoekie toe. Hy kan daar sit tot die perde horings kry vir al wat ek omgee. Hy vermors net ons swaar verdiende geld. Gee jou uit vir ‘n toffie dan moet jy maar gekou word. GOEIE WERK MCEBO DLAMINI (jy kry waarvoor jy gevra het). Eet al jou pappies op in die trunk en ek hoop jy kry geen leer of leesstof.

Will i am ·

Hou hom daar. Hy eet en slaap nou in elk geval op ons onkoste. Laat hy solank leer

ToffieProffie ·

Wel, dis nou nie asof hy beplan het om eksamen te skryf nie……

phillip ·

Hy kom van Swaziland af studeer op ons belastingbetalers se geld en dan is hy die voorbok verwoester .
Hoekom help Lesufi nie liewer arm Suid Afrikaners nie

Alida ·

Stem heeltemal saam hy is nie eers ‘n Suid Afrikaner nie, hoekom betaal die provinsie sy studies en kan hy verniet studeer?? Wat van al die ander armes wat graag wil studeer???

Piet ·

Dit pla Dlamini min dat hy in die tronk sit. Hy weet as hy daar uitstap val die regering oor sy voete om hom werk te gee, met of sonder kwalifikasies (vra maar vir Hlaudi). Al wat sou werk is as hy so 15 jaar kry vir sy kriminele gedrag. Dan sou ek graag wou sien of hy steeds sit en glimlag.

Pasop ·

Dan word hy sommer president van RSA. Terroris en in die tronk gesit is van die vereistes vir die pos en kwalifikasies is GLAD NIE nodig nie

Rienks ·

Wou mos alles gratis hê? Nou het jy gratis verblyf en all jou etes is ingesluit.

nikki ·

Oor sy serp (wat soos ‘n tjalie lyk): “Various discussions have circulated labeling these scarves as a “political statement supportive of Islamic terrorism against Israel” and “an indication of the anti-Semitism of the wearer”. Many people who sport these scarves have very little interest or knowledge of the critical situation in the Middle East, let alone that they represent support for the Palestinian cause. Regardless of the implications that one believes come with wearing the scarf, the fact is that this is not just a fashion trend that has spread across the world. The Keffiyeh has origins and meaning to many people, and those who decide to buy a Keffiyeh should be educated about the symbolism and statement they are making by wearing one. “

John ·

Nog ‘n arrogante uitlander wat wil maak en breek in ons land. Ons is skynbaar ‘n lekker lielieland vir almal van elders. Ons sal nou van Swaziland hoor wat ingryping eis van die Prez. Die man is ook so besig om mense van elder te ‘please’ dat hy skoon vergeet van sy ampskode…

Grassie ·

As julle wonder oor die serp – google vir Jasser Arafat en vergelyk die serpe.

Denise ·

Al 30 tig en nog op universiteit hy gan stokoud raak daar!!! Nou is hy skielik die slagoffer met klippe en stokke in sy besit o nee kyk die spul kan lieg en n storie verdraai hulle stories het net een kant !!! Tragies verby!!!!

Frankie ·

Ek kan nie glo wat ek nounet gelees het nie. Dlamini se meestersgraad word VIR HOM betaal en hy rampok so oor fees must fall??? Wat mis ek hier??? Hoe vorder so n mentaliteit tot by n meestersgraad in regte…? Neewat ma se kinders, iets is baie baie fout met ons toelatingsvereistes tot Universiteite. Ek hoop nie hy gaan in Suid Afrika regte probeer praktiseer nie…

Donovan ·

Nou waaroor staak die man sy studies is dan verniet… hy is nie eers n oorspronklike landsburger nie en hy het n beurs… Daar is van ons kinders se beurse gekanseleer weens die Noord Wes kampus in Mafikeng af ge brand is en daardie geld word nou aan gewend om daardie kampus te herbou… Ek is nou so kwaad ek kan n krokedil borsvoed…

lynette ·

Waarvoor is Lesufi bang en vrees hy die ergste? Oor ons geld gemors word op ondankbare uitlanders?

Lance ·

Kyk mooi na sy gesig …wonder wie gaan die ou nou n werk gee …operste moeilkheid maker en opstoker …het hy ooit sy graad gekry en in wat …weet iemand dalk ?

Ria ·

Stuur hom terug Swaziland toe. Dis tyd dat die sondebokke van hierdie universteite geblacklist word sodat hulle nooit weer by ‘n universiteit in SA toegelaat word nie.

Maria van Dieweeck ·

Boonop alles lieg hy toe ook vir die hof oor n kamtige toets wat hy gister moes skryf! Hy is nie eens ingeskryf vir die vak nie..32 jarige student! ghmpf!

Bekkie ·

As hy wel n student is, weier dat Hy Sy eksamen afle. Mense soos die behoort nooit weer toegang tot enige universiteit te kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.