#FeesMustFall-leier in hegtenis geneem

Mcebo Dlamini Foto: Facebook

Mcebo Dlamini Foto: Facebook

Mcebo Dlamini, voormalige president van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad, is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem.

Shirona Patel, woordvoerder van Wits, het gesê dit is nog nie bekend hoekom hy in hegtenis geneem is nie. Dlamini, een van die leiers van die #FeesMustFall-beweging, is in sy koshuiskamer in hegtenis geneem en na die Cleveland-polisiestasie geneem.

Wits se studenteraad het op Twitter gesê ʼn regspan is na die Cleveland-polisiestasie gestuur. “Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het by sy kamer ingebars en hom weggeneem. Hy is nie ingelig waarom hy in hegtenis geneem word nie.” Studente beplan intussen ʼn optog na die polisiestasie.

Nege verdagtes, waarvan vier studente is, is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat geweld by Wits na die strate van Braamfontein oorgespoel het. Die betogers het twee voertuie aan die brand gesteek en talle winkels geplunder. Verbygaande motors is met klippe en bottels bestook. Die polisie het traangas en rubberkoeëls gebruik om die betogers uiteen te jaag.

Wits het die geweld veroordeel en veiligheid opgeskerp. Die universiteit het gesê klasse sal Maandag voortgaan. Wits het gesê studente wat hul aan misdaad skuldig maak, sal in hegtenis geneem en geskors word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Lions ·

Nou dink hulle ons is dom? Niks gaan met hulle gebeur nie. Hulle gaan net weer vrygelaat word en sal dan in ‘n nog hoër posisie aangestel word. Hulle sal san oor so 10 jaar vereer word in die geskiedenisboeke as helde ban die generasie. Straatname en geboue gaan na hulle vernoem word. En so stu die wrede en siek kringloop voort. Pad na selfvernietiging met die helde wat hiervoor vereer word deur plekke na hulle te vernoem. Tot daar niks oor is nie en ons dan bakhand by die wêreld gaan staan en bedel met die onskuldige sorry gesig.

Peter ·

Goed so! Tree teen àl die belhamels op. Skors, arresteer en vervolg hulle.

Skroplap ·

Hy sit daar met sy selfoon, EFF se twitter het sy nr. gegee vir hulp en ondersteuning.

Raymond Bastone ·

Mooi sluit toe en gooi die sleutel weg dis een frot kol minder

boela ·

Dalk net een dag in die tronk en dan weer uit? Hoop nie so nie

Martie ·

Hoekom eers wag dat daar al die skade reeds aangerig is voor optree word.

christine ·

Voormalige student? Wat soek hy nog in die koshuiskamer? Gooi hom uit!! gooi hom uit!! Dis omdat almal slapgat is dis presies hoekom dit so gaan.

Hanna ·

christine, lees tog net weer! “voormalige president van die studenteraad”!

Asjas ·

Maar die gemors het in Braamfontein se strate plaas gevind, niks met Universiteit te make nie, hoekom word hulle nog onder FMF beskerm? Kla hulle aan in hul privaat hoedanigheid vir roof, plunder en poging tot moord.

lettie ·

No nonsense approach is al wat gaan werk. Stan ja hy is seker op 32 jaar n student in onluste en opstokery.

snoefie ·

sover fit my betree, verdien die bestuur van wits alles wat hulle Kant toe kom. kyk how was daar al geplunder,geintimideer, beskadig oa. kan jy meer? wits HUISVES EN VOER DIE KRIMINELE WRAFTIG.

Johan ·

So wanneer word hy weer vrygelaat……hy is mos weer victim hier……

John ·

Die ANC se spaarwiel, die Jeuliga-impi’s, is meestal nie jeudig wat ouderdom betref nie, maar juis jonk van verstand om as ‘n uitlaatklep te dien vir die eintlike gevoelentes van die base. Hoor wat hulle se en lees uit wat hulle doen, want dit is wat in die opperhoofde se koppe broei. Die vryheidsvegters word nou nader geroep. Hoekom? Het ons nie ‘n weermag en ‘n polisiemag en baie sekuriteitsondernemings nie en met Nkandla, reeds ‘n formidabele fort?

Rika Muller ·

As hulle so aangaan sal hulle oor ‘n jaar of drie onder ‘n boom klasloop.

Jean ·

Dis die idee van FEESMUSTFALL, dat ‘n ‘student’ daar kan bly en studeer tot hy 50 is, sonder enige uitgawes. Alles is mahala .. hoef nooit te werk nie, die ‘staat’ sorg vir hom tot hy aftree, want hy is ‘n STUDENT die hele tyd . en hy moet verniet in die koshuis ook bly, want dit is ook ‘n REG !!

CAB ·

Hierdie land maak my moeg. Hulle het lankal dit hele punt verloor, die dag toe hulle die eerste keer soos krimenele op getree het, Het ek ophou luister. sorry ne.

Lila ·

Ek hoop alle wergewers memoriseer die mannetjie se naam.. ek sal nooit so persoon indiens neem nie! As hul nou al so optree op universiteit dink hoe baie amok sal hy in die werksplek saai! Om te dink studente is veronderstel om die room van die bevolking se kinders te wees! Veronderstel om slim te wees.. maar kyk hoe tree die “room” en “slimkoppe” nou op.. hul veg om te studeer maar in die proses verwoes hul als waarvoor hul veg.. so hul is nog altyd in presies dieselfde posisie.. of sal ek sê eintlik ‘n baie baie swakker posisie met baie minder vooruitsigte en baie verder verwyder van wat hul doelwitte is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.