#FeesMustFAll-leier: Landdros het ‘regte besluit’ gemaak, sê staat

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof het Dinsdag gehoor die verdediging kon nie bewys dat landdros Albertus Roux verkeerd was om die studenteleier Mcebo Dlamini se aansoek om borgtog af te keur nie.

Staatsaanklaer Steven Rubin het tydens die verrigtinge gesê dat dokumente van adv. Dali Mpofu, vir Dlamini, duidelik polities gemotiveerd is.

Dlamini (30) staan tereg op aanklagte van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, nadat hy in Oktober by die Universiteit van die Witwatersrand in hegtenis geneem is.

“Ons speel nie ʼn speletjie nie en ons moet openbare aannames in gedagte hou,” het Rubin gesê. Hy het aangevoer die uitspraak deur die landdros was korrek.

“As ʼn regstudent behoort Dlamini te weet wat wettige optrede by ʼn betoging is,” het hy bygevoeg.

Rubin het verder aangevoer Mpofu het Dlamini se diefstalaanklagte geïgnoreer. Volgens die ondersoekbeampte se beëdigde verklaring het hy toerusting van die polisie se onluste-eenheid gesteel. “Ek is sprakeloos dat sulke ernstige aanklagte as belaglik beskryf word,” het hy bygevoeg.

Roux het tydens Dlamini se vorige hofverskyning in die Johannesburgse landdroshof gesê dit is nie in die belang van geregtigheid om hom op borgtog vry te laat nie, want die bewyse voor die hof getuig daarvan dat die beskuldigde nie vreedsaam sal kan betoog nie.

Rubin het gesê Dlamini het die hof mislei deur te sê hy moet ʼn toets aflê, maar hy is nie eers geregistreer vir die betrokke vak nie.

Rubin het vroeër reageer op Mpofu se bewering dat Dlamini bespreek is tydens ʼn gesprek tussen pres. Jacob Zuma en die hoof van die nasionale vervolgingsgesag, Shaun Abrahams. Hy het gesê die vergadering het nie net oor Dlamini gehandel nie, maar oor studentebetogings. “Ons weet nie wat die inhoud van die vergadering is nie,” het hy gesê.

Rubin het ook na ʼn beëdigde verklaring gewys, wat deur die ondersoekbeampte ingedien is, wat daarop wys dat Dlamini geweld aangehits het tydens die #FeesMustFall-betogings, en dat hy studente aangemoedig het om ontwrigtings te veroorsaak.

Mpofu het gesê dit was nie reg van Roux om skielik te sê dat Dlamini klippe na ʼn polisievoertuig gegooi het nie, alhoewel hy vroeër aangedui het dat hy nie die persoon in ʼn foto kon uitken nie.

“Dlamini is die slagoffer van aanklagte wat opgemaak is,” het Mpofu gesê. “Sy regmatige vrese dat dit ʼn politieke kwessie word, laat ons met geen twyfel nie dat hierdie hofsaak nooit sal voortgaan nie. [Dlamini se] inhegtenisneming is ʼn manier om ander studente te intimideer en ʼn voorbeeld van dit wat met hulle sal gebeur as hulle die staat bly uitdaag. Hy moet op ʼn waarskuwing vrygelaat word.”

Die saak duur voort.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

GES ·

Vandat hy uit sirkulasie gehaal is gaan dit heelwat rustiger by die kampusse.

Jakes ·

Srem saam. En vandat die media hom minder dekking en blootstelling gee.
Hom hom net waar hy is asb.

Johann ·

Aggesiestog…..arme bloedjie. Ssssooooo benadeeld! Onskuldige deelnemer aan n gesonde demokrasie; alvorens NUMBA WHONE!!!

popeye ·

#FeesMustFall -Aktiviste….dink hieraan….as julle President nie nou nodig gehad het om vir sy “wickets te keer” vir allerhande buite amptelike beste praktyke nie ; wat jy van ‘n President sou verwag het, sou julle saak meer gefokusde aandag van ‘n gefokusde leier kon kry wat julle saak net kon bevoordeel. Julle sleep ongelukkig ‘n groot bal yster onnodig saam in julle saak. Meer advies gaan ek nie gee nie….so vrygewig is ek nie!

Moulder ·

Maak n voorbeeld van die klein niksnut!! UV se president van die SR…Mr Ntuli is net so arrogant en blatant!!

Jakobus ·

Ek stem Jakes, vandat die nuusmense nie meer die mikrofone onder hul neuse indruk nie, is dit ook op die nuusfront betreffende die betogendes baie rustiger. Mens het al amper vergeet van die gewroeg van die studente. Nou moet nog net Hillary en Trump van die kassie af skoert, en ek sal ook meer in die nuus belangstel.

John ·

Hy het die regte van. Hy sal borgtog kry. En hy sal weer moeilikheid maak.

Buitestander ·

Dit is baie goed dat die een na die nder belhamel geidentifiseer word en uit geskakel word.
Dan kan ons weer terug keer na ‘n normale samelewing.

Lance ·

Dag hy is op n eet staking so 3 weke terug al …lyk nog rond en gesond vir my …dit ook opgegee soos die studies seker

Sus ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Hy het die potensiaal om nog baie moeilikheid te maak.

Jean ·

Moes lag toe ek gister op die radio hoor dat hulle nie ‘n ‘onskuldige swart kind’ in die tronk moet gooi nie. Onskuldig? Kind? op 32?? Nee hoor hulle draai die storie net soos hulle lushet. Ek stem, die kampusse is baie stiller vandat die amokmakers uit die sisteem verwyder is. Hoop hy sit Kersfees daar en nog ‘n paar ander ook, want as hy skuldig bevind word aan waarvoor hy aangekla is, verdien hy beslis ‘n hele paar jaar tronkstraf. Op waarskuwing vrygelaat word? Die aanklagte is te ernstig eerstens en tweedens het hy self gesê as hy vrygelaat word, gaan doen hy dieselfde, so hoe dom dink julle is die regter?

Roelien ·

As mens nou so daaraan dink. Hy leer op ons belastingbetalers se kostes. Hy steun nou in elk geval weer swaar op die belastingbetaler se sakke met sy borgtogaansoek. Sou hy tronk toe gaan, het hy mos nog steeds sy gratis onderrig en vreet hy nog steeds ons geld. Gaan hy terug UV toe, maak hy meer ammok. So, die belastingbetaler kan net eenvoudig niks wen nie, maar die blikskottel kry nog steeds sy geleerdheid. Hy is geen aanwins vir ons land nie. Net een GROOT las. Verban is al wat gaan werk.

Griet ·

Ag ja, en kyk wie ondersteun hy met sy serp wat hy om sy nek dra!! Los hom in die trunk want dit is waar hy hoort!

Carlia ·

Hy het ‘n ISIS arrogansie rondom hom. Hy probeer beslis ‘n stelling maak met sy serpie.

sarie van heerden ·

Daai Isis serpie is mos dieselfde wat Arafat destyds gedra het en deesdae sien ons dit om die nekke van die Isisleier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.