#FeesMustFall-leier ‘sal aanhou baklei’

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige leier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad, het Dinsdag gesê hy sal aanhou baklei vir gratis onderrig.

Hy het met joernaliste gepraat by die Johannesburg-landdroshof voordat sy borgtogaansoek begin het. Dlamini (32) is Sondag in Parktown in hegtenis geneem nadat die polisie op die Wits-koshuis, waar hy woon, toegeslaan het. Hy word aangekla van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Die struggle duur voort. Hulle probeer ons stilmaak en ons delegitimiseer, hulle probeer waarskynlik ons waardigheid en integriteit aanval. Hierdie stryd is opreg en die studente moet aanhou baklei,” het hy Dinsdag by die hof gesê.

Volgens Dlamini maak die inhegtenisnemings net die betogende groep sterker. “Die ding waaroor ek die blyste is, is dat ek soontoe [polisieselle] gegaan het en nie ʼn ander student nie. As ʼn leier moet ek lei deur ʼn voorbeeld te stel.”

Dlamini het Maandag die hof gevra om hom onmiddellik op borgtog vry te laat, omdat hy vandag moes eksamen skryf. Die landdros het egter geweier en gesê hy moet alternatiewe reëlings met die universiteit tref.

Die saak is Maandag uitgestel om die staat kans te gee om sy adres te verifieer. Nadat die saak Dinsdagoggend hervat het, is dit weer tot Woensdag uitgestel wanneer die uitspraak van die borgtogaansoek gelewer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

D ·

Wat ‘n grap. Hy wil eksamen skryf maar niemand anders word toegelaat om dit te doen ni. Sluit hom vir 12 maande toe sonder enige voordele.

joe ·

Hy is net so oud soos ek. ek werk al tien jaar. Wat soek hy nog in ‘n kampuskoshuis.
Dit moet dalk ondersoek word. Hy is 14 jaar ouers as sommige van sy koshuismaats.

Jacques ·

Stem saam Joe, hy is al 14 jaar op universiteit, geen wonder die fees must fall nie. Die arme drommel het nie geld nie!

Elzabe Jevon ·

Hoe is jy 32 jaar oud en nog ‘n student? Klink nie reg nie!

Annie ·

Hy moet nie borgtog kry nie, hulle moet sy asma pompie saam met hom toesluit – 32 en nog op Universiteit – hoekom wys die Universiteit nie sommer sy punte ook vir die publiek nie – glo my sy punte is seker uiters swak, wie betaal vir hom om nog op Universiteit te sit – glo nie sy ouers nie.

John ·

By navraag het die polisie gevind hy jok oor ‘n toets. G’n soiets nie se die universiteit. ‘n Man wat dus geglo kan word? Nee.

G ·

Die universiteit moet weier om hom die geleentheid te gee om eksamen te skryf op ‘n ander datum. Hulle moet geskors word, en hy en sy makkers moet betaal vir al die skade wat aan geboue aangerig is. Hulle is so arm, maar dra puma klere? Ek dink daar is baie mense wat wens hul was so ‘arm’.

M A ·

Ons kla nie omdat hy “struggle” vir finansieële verligting nie. Sy metodes moet verander. Kyk na die klagtes teen hom: pure terroris! Hy vat net n vet kans en kan nie reg en verkeerd onderskei nie.

Annelize ·

Ek wil 3 vrae vra vir Mnr Dlamini:

1. Wat swot ‘n 32 jarige persoon en bly in die Koshuis?
2. Wie is “hulle”?
3. Hoekom mag jy eksamen skryf maar jou beweging verhoed Duisende ander studente om te skryf.

Corrie ·

Ek is verstom dat hy van aangestaste waardigheid en integriteit praat. Weet hy wat dit beteken? Hulle optrede is terrorisme!

Koos1 ·

EK verstaan nou glad nie. Is hy nie die ou wat gese het die universiteite moet gesluit totdat onderwys gratis is, maar nou wil hy terug gaan om eksamen te skryf, en dit na die plek toe wat hy help afbrand het?!!
Only in SA.
Die Landros het in my opinie 100% reg op getree om hom borg te weier!
Nog verder, hy is 32 jaar oud, hy behoort hom te skaam! Op sy ouderdom moes hy al ekonomies aktief gewees het en belasting betaal het om ander student die geleendheid te bied om ook universiteit toe te kon gaan.

Miemie ·

@Koos1,
Ek is jammer maar dink jy Mnr Dlamini gaan ooit belasting betaal? Gaan dan ook afbrand en sê niemand moet ooit weer belasting betaal nie :). Die hele spul maak my siek. My dogter wil ook eendag Universiteit toe en as dit so aangaan, gaan daar nie vir haar een wees om na toe te gaan nie. Baie hartseer

Will i am ·

Stokoue student en so arrogant. Hou hom daar hy gaan net nog moeilikheid maak

Johan ·

Ek het nie besef dat daar voltydse studente is wat ouer as dertig is nie. Gedink hulle is dan al lankal afgestudeer.

Johan ·

Baklei maar soos jy wil……jy bly maar n 32 jarige ” student “wat niks kan bereik deur om te brand, afbreek en te intimideer nie….. dis lagwekkend en pateties gelyk…..sleg verby……

snoefie ·

klink na n baie vasbeslote man. vasbeslote om te kry wat hy nie voor gewerk het of van plan is om voor te werk nie. mnrdlamini, het jy, jou pa, ma, oupa, ouma al ooit inkomstebelasting betaal in hierdie land wat jy nou vasbeslite is om op te teer? onthou net asb, iemand anders werk om daardie geld waarop jy wil teer in inkomstelasting te genereer. Kry n lewe. GAAN WERK EN VERDUEN DIE GELD WAATOP JY WIL TEER.

Jean ·

Jy is nie meer ‘n student nie, dit gaan nie meer op jou van toepassing wees nie, waar dink jy gaan die rekeninge trek as almal VERNIET moet studeer tot hulle 32 is? Jy hoort nie in ‘n koshuis nie, en jy behoort ‘n voorbeeld te stel aan ander studente, nou is jy die grootste ongedissiplineerdste BELHAMEL, wel as jy voortgaan om te protesteer, moet hulle voortgaan om jou TOE TE SLUIT, jy is nie ‘n held nie, jy is nie die volgende MANDELA nie, so gaan sit nou stil en swot dat jy jou eerste graad op 32 kan kry.

Miemie ·

@ Koos1
Jammer maar dink jy regtig “Student” Dlamini gaan eendag belasting betaal? Ek glo hy gaan dan ook SARS afbrand en #SARSmustfall sal gou daarop volg. :) . Die hele spul maak my siek. My dogter wil eendag ook Universiteit toe gaan en op die trant gaan daar dalk nie meer een wees vir haar om na toe te gaan nie.

007 ·

Skelm,hy lieg tot vir die hof onder eed.Hou hom agter tralies.Kan dan met sy studies gratis voortgaan sonder om te brand !!

Chris ·

En hy verwag/dink iemand gaan hom eendag werk in die privaat sektor gee…
Ek sal nie,
Netnou brand hy my maatskapy se gebou en motors af…

Stan ·

Ek kan dink dit kos hom baie geld – min mense sit vir 14 jaar op universiteit! Hy moet dalk begin fokus op sy studies en klaar maak sodat hy kan belasting begin betaal om vir sy maatjies te sorg.

Antoinette ·

Sal nogal interessant wees vir watter graad hy studeer???

Wicus Jansen Van Vuuren. ·

Hou hom in trok lewens lank dis al wat hy verdien 32 en nog op Universiteit. Sies skaam jou. Besluit wat jy wil doen en doen dit. Hou op ander se geleentheid steel om te swot.

CAV ·

Dit is waarom hy nie meer wil betaal vir onderrig nie 32 en nog steeds n student – wat n grap. Hy gaan seker gratis werk ook eendag

Magda ·

Hy moet begin leer en ophou ander se geld mors. Hy kon al ‘n salaris verdien het.

hans ·

Niks verkeerd met iemand wat 32 is wat n student wil wees nie,maar die ou se torre ,tor nie saam nie.

Thea Gerber ·

Sal definitief regte wees, maar op 32 moet hy al besig wees met sy doktoraat. Wonder of sy tesis oor ontwrigting en brandstigting en die opneuk van ander studente se toekoms gaan.

Dup du Plessis ·

….die vraag na koshuisinwoning is seker maklik 1000/1. Wanneer jy ‘n vak sleep of pluk in PUK se koshuise is jy jou plek kwyt….die vraag is net te groot en daar is altyd iemand anders. Hoe op aarde word dinge op WITS gedoen? Hierdie ou beset dalk al jare ‘n plek wat deur verskeie verdienstelike kandidate gevul kon word…..as sy studies nog deur die staat (sien belastingbetaler) finansier word oor hierdie uitgestrekte periode is dit genoeg om enige hardwerkende mens mal van woede te maak…..

Carlia ·

Blatant arrogant. Kyk wat is om sy skouers drappeer. Is dit dalk ‘n bedekte dreigement?

Theo ·

Die sangoma en voorvader geeste het dalk vir hom ook gese hy is “untouchable” en onsigbaar soos sy president.

M A ·

Ek dink nie sy ouderdom is so merkwaardig nie. Ek kon eers op 27 deeltyds begin studeer as gevolg van finansies. Al my studies was deeltyds terwyl ek gewerk het. Ek het op 48 eers my MSc gekry. Maar jeepers, hy is in die koshuis, kry alles verniet en brand alles af. Daarvoor moet hy tronk toe gaan.

jennefer ·

HY woon nog in koshuis, is daar nie n afsny ouderdom nie? ek dink nie dis gesond om sulke ou manne saam met 18jariges te laat inwoon

Bekkie ·

Ek twyfel of hy nog n student is. Wanneer jy n beurs het, is daar voorwaardes wat aangekom moet word soos geen vakke sleep. Hy verdien nie n beurs nie En behoort nie verdere “studie” toegelaat te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.