Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige leier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad, het Dinsdag gesê hy sal aanhou baklei vir gratis onderrig.
Hy het met joernaliste gepraat by die Johannesburg-landdroshof voordat sy borgtogaansoek begin het. Dlamini (32) is Sondag in Parktown in hegtenis geneem nadat die polisie op die Wits-koshuis, waar hy woon, toegeslaan het. Hy word aangekla van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
“Die struggle duur voort. Hulle probeer ons stilmaak en ons delegitimiseer, hulle probeer waarskynlik ons waardigheid en integriteit aanval. Hierdie stryd is opreg en die studente moet aanhou baklei,” het hy Dinsdag by die hof gesê.
Volgens Dlamini maak die inhegtenisnemings net die betogende groep sterker. “Die ding waaroor ek die blyste is, is dat ek soontoe [polisieselle] gegaan het en nie ʼn ander student nie. As ʼn leier moet ek lei deur ʼn voorbeeld te stel.”
Dlamini het Maandag die hof gevra om hom onmiddellik op borgtog vry te laat, omdat hy vandag moes eksamen skryf. Die landdros het egter geweier en gesê hy moet alternatiewe reëlings met die universiteit tref.
Die saak is Maandag uitgestel om die staat kans te gee om sy adres te verifieer. Nadat die saak Dinsdagoggend hervat het, is dit weer tot Woensdag uitgestel wanneer die uitspraak van die borgtogaansoek gelewer sal word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
39 Kommentare
Wat ‘n grap. Hy wil eksamen skryf maar niemand anders word toegelaat om dit te doen ni. Sluit hom vir 12 maande toe sonder enige voordele.
Hy is net so oud soos ek. ek werk al tien jaar. Wat soek hy nog in ‘n kampuskoshuis.
Dit moet dalk ondersoek word. Hy is 14 jaar ouers as sommige van sy koshuismaats.
Hoe is jy 32 jaar oud en nog ‘n student? Klink nie reg nie!
Hy moet nie borgtog kry nie, hulle moet sy asma pompie saam met hom toesluit – 32 en nog op Universiteit – hoekom wys die Universiteit nie sommer sy punte ook vir die publiek nie – glo my sy punte is seker uiters swak, wie betaal vir hom om nog op Universiteit te sit – glo nie sy ouers nie.
By navraag het die polisie gevind hy jok oor ‘n toets. G’n soiets nie se die universiteit. ‘n Man wat dus geglo kan word? Nee.