#FeesMustFall: Nie nou nie, sê Zuma

Studentebetogings in Oktober 2016 Foto: ANA

Studentebetogings in Oktober 2016 Foto: ANA

Pres. Jacob Zuma het Woensdag in die Nasionale Vergadering gesê daar sal geen gratis hoër onderrig wees totdat die regering ʼn oplossing beraam het hoe om dit te finansier nie.

“Ons gaan dit nie doen nie. Dit is nie ʼn maklike situasie nie. Wat dit beteken, is dat die regering in die besonder daarvoor moet begroot en daarvoor moet betaal,” het Zuma gesê tydens sy laaste kwartaallikse vraag-en-antwoordsessie in die parlement.

“Dit was nie ʼn maklike ding om te sê nie, want sedert die studente die eis gemaak het, het die regering gesê dit is reg so, alhoewel die lewensvatbaarheid nog nie bepaal was nie.”

Die president het LP’s van die opposisie, wat die regering se reaksie op die #FeesMustFall-betoging veroordeel het, gevra om geduldig te wees en te wag vir die finale verslag van die kommissie wat hy in Januarie aangestel het om die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderrig te ondersoek. Duisende studente het die akademiese program vanjaar ontwrig en eiendom beskadig tydens hul betogings.

“Daar is ander prosesse wat moet plaasvind, sodra die kommissie sy verslag afgehandel het, en dan moet dit oorweeg word,” het hy gesê.

Die kommissie sal na verwagting volgende jaar op 30 Junie sy finale verslag aan die president oorhandig.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Plaas dat hy ‘n jaar gelede voet neergesit het, maar nouja, sekere dinge vat maar tyd, als hangende af van effektiewe en kundige bestuur, van wie jy afhanklik is. Of is dit nou oneffektiewe?

Koos1 ·

Die Kommissie is al in Januarie aangestel. Wat het hulle dan nou in 11 maande gedoen? Belastinggeld gemors?

Hennie ·

“Regering moet betaal”, se voet, dis die belastingbetaler wat moet opdok!!

snoefie ·

by al wat universiteite is, was daar rewolusie, skade, misdaad gepleeg, amok gemaak, geintimideer ens vir “fees must fall.” tog is eintlik net een naam prominent uit al die duisende vrybuiters. mcebo Dlamini. hy loop oenskynlik skotvry weg van al die verwoesting. hoekom word daar nie teen hom en sy kornuite opgetree nie. is dit toevallig dat by dieselfde van het as een van zuma se vorige vroue nkosazana DLAMINI zuma? nou wil ek ook ewe skynheilig en kafhartig se “ek vra maar net.”

LeonR ·

Begin om Nkandla en al die luukse motors te verkoop. En al die rekeninge te vries van die amptenare tensy lewenstyl oudits kan toon hulle het wat hulle EERLIK “verdien?”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.