#FeesMustFall-opstoker bly agter tralies

(Argieffoto: ANA)

Kanya Cekeshe, die enigste sogenaamde #FeesMustFall-aktivis wat steeds in aanhouding is, se aansoek om borgtog is Maandag van die hand gewys.

Cekeshe se aansoek om te appelleer teen sy skuldigbevinding en vonnis is óók in die landdroshof in Johannesburg van die hand gewys.

Landdros Theunis Carstens het gesê daar was geen meriete in die saak wat Cekeshe en sy regspan voorgelê het nie en dat dit nie in belang van geregtigheid is om borgtog toe te staan nie.

Cekeshe se oom, Mnikelo Madala, het die besluit as ʼn groot terugslag beskryf. “Ons sal aanhou baklei. Ons wil almal bedank vir hul steun en gaan aanhou vir diegene wat voel hulle is deur die gereg te na gekom.”

Die EFF se studentebevelvoerder, Mandla Shikwambana, het gesê die party gaan nie die kwessie daar laat nie.

“Die regering van Suid-Afrika gee nie om oor jong mense in dié land nie Ons het al alles probeer, hulle die tyd gegun wat hulle nodig het, maar hulle het die middelvinger vir ons gewys.

“Hulle sê ons moet strate toe gaan en dit is presies wat ons gaan doen. Ons word nie om dowe neute vegters genoem nie. Ons gaan vir hulle wys waarvan ons aanmekaar gesit is.”

Adv. Tembeka Ngcukaitobi het voorheen aan die hof gesê Cekeshe se regspan het hom destyds nie behoorlik verteenwoordig nie. Hy is onder meer aangesê om skuldig te pleit.

Hy het voorts uitgewys dat die vervolgingsgesag versuim het om enige videobeeldmateriaal as bewyse te produseer en dat die foto’s wat as bewyse teen sy kliënt gebruik word, nie voldonge bewys van enige oortreding is nie.

Die EFF het gesê hy is bereid om die appèlhof en die Konstitusionele Hof te nader om te verseker dat Cekeshe vrygelaat word.

Cekeshe word sedert 2017 by die Leeuwkop-tronk in Sunninghill aangehou nadat hy agt jaar tronkstraf opgelê is vir opsetlike saakbeskadiging, ʼn aanklag waarop hy skuldig gepleit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lood Kurkprop ·

Laat Cekeshe vry ….weier hom n beurs totdat hy die polisie-voertuig en ander eiendom wat hy afgebrand het terug betaal het deur in die tuin te werk vir R50 n dag…

PJ ·

Nou sien ek dat justisie minister lamola die president gaan nader vir kwytskelding ek sou dink dat die minister onafhanklik moet optree maar nou sien ek dat die minister een van die gaste was by onderleier van eff shavambu se troue wat paasgevind het met onwettige geld van vbs interessant wees om te te sien wat ou paddakoker gaan doen wat n sirkus he he he

Jakes ·

Hoe verstaan n mens dan nou die hof uitspraak nadat die minister van justisie, Lamola, gese het dat hy persoonlik vir CR gaan nader om die beskuldigde kwyt te skeld van sy 8 jaar vonnis? Wat se boodskap stuur Lamola uit met sulke versoeke? Weereens kom die regbank onder verdenking en moet die hoofregter pa staan vir die verwarring waaroor hy galbraak. Die landros het in sy uitspraak gese dat dit nie in belang van geregtigheid is om borg toe te staan nie terwyl Lamola beweer dat dit juis in belang van geregtigheid is om die skuldige kwyt te stel.

Koos de Meyer. ·

Hy het onder andere ‘n polisie voertuig aan die brand gesteek nou wil die justisie minister ook inmeng en vra vir kwytskelding. Hoe siek het alles geword. En dan is daar nog dreigemente van die eff ook.

adk ·

Die EFF ondersteuners het nog niks gedoen omtrent die “VBS LOOTING” deur leiers vd die EFF nie. Wonder dan of hul stilte die looting goedkeur en dit is waarvoor hulle staan
LOOT AND BURN..

Jakes ·

Lamola wys nou sy ware kleure. Geweet dat sy aanstelling onvanpas was. Hy is heeltemal te jonk en onervare om so n pos te beklee. En dan nog blyk dit dat hy en die EFF groot mastjies is.

Ondersoek bevoegdheid ·

Lamola moet ondersoek word. Dog hy staan vir wet en orde. Hy is eff ondersteuner. Gaan SR dit toelaat. Laat sy vriend sommer ook die waardie van die voertuig terugbetaal.

Giep ·

Hy is nie gevonnis omdat hy n aktivis is nie maar n brandstigter.

emily ·

Julle neuk die hele land op, Waar dink julle moet geld vandaan kom vir Fees Must fall.
Brand, Breek, en vele meer is al wat sommige van julle ken.

Snoefie ·

Dis mos alte duidelik. Julle breek en brand totdat ek en jy betaal

marous ·

Gaan kyk of daar een skool of munisipale gebou of polisie stasie of hospitaal of wat ook al in Mosambiek , zimbabwe , Zambie , Botswana , Malawi , Namibie , Tanzanie , Kenia of enige ander land afgebrand word . Hulle sal dit nie waag nie maar hier kan hulle verwoes en maak soos hulle wil . Dis hulle wat vir hulle self die middel vinger wys . Hulle sal , gaan en kan niks anders doen as om te vernietig nie . Dis die waarheid .

Jacques ·

Sit nog n bietjie en dink oor jou sondes . Jy kan nie maak soos jy wil en dink alles is reg nie .
Die eff moet hulle eerder by die VBS bepaal en dink hoe hulle , hulle sels daaruit gaan lieg .

Zoro ·

Ek weet hoekom hy buite wil wees nie hy kan nou gratis studeer sonder kommer or skuld- met dit wat jy jou in laat moet jy maar die gevolge dra

JohanL ·

Ek wil graag van Lamola weet of hy ook die President gaan nader om Walus vry te laat? En in Walus se geval het ‘n hof ten minste besluit Walus mag eintlik vrygelaat word – so daar is ten minste meriete en logiese denke ter sprake.

Dries Moolman ·

Ek hou baie van hierdie berig se opskrif se bewoording – dit vat raak.

Johan ·

Die EFF sê dat die Regering nie omgee vir die jongmense nie. Maar beteken dit dat in die haak vir jongmense is om eiendom op ‘n groot skaal te vernietig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.