#FeesMustFall raak miljoene matrikulante dalk in 2017

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg een miljoen matrikulante kan moontlik hul plekke in universiteite en kolleges kwyt wees, indien die akademiese jaar nie voltooi word nie, het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê.

Radebe het aan verslaggewers in Pretoria gesê die ontwrigtings by universiteite weens die #FeesMustFall-betogings, wat universiteite landswyd lamlê, sal ʼn nadelige effek hê op matrikulante, studente en uiteindelik die ekonomie.

“Indien die akademiese jaar verlore gaan, en die universiteite en kolleges nie die jaar kan voltooi nie, sal byna ʼn miljoen matrikulante nie volgende jaar tot hoër onderwys toegelaat word nie,” het hy gesê. “Die gevolg is dat alle studente, van eerstejaars tot finalejaarstudente, hierdeur geraak sal word en uiteindelik die ekonomie, aangesien geen vaardige gegradueerdes die arbeidsmark sal betree nie. Uiteindelik sal diegene, wat as mediese dokters, ingenieurs, rekenmeesters, onderwysers of in ander vaardighede sou kwalifiseer, nie die ekonomie kan betree nie.”

Radebe het die regering se versoek herhaal dat studente se besware deur gesprekke hanteer moet word terwyl die akademiese program voortgesit word.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Ek het nuus vir jou ou vriend, die studente het nou soveel woema, hulle gaan verseker sorg die akademiese jaar van bykans al die universiteite gaan nie voltooi word nie. En weet jy wat, jy het nog niks gesien nie, nou het die oproermakers en destruktiewes, afbranders en mense wat niks beter het om te doen nie bloed geruik, as jy my nie glo nie, hierdie wat jy vanjaar gesien het, gaan ‘n kalfie wees teenoor wat volgende jaar gaan gebeur.

Jakobus ·

Jip, en nou gaan die 2016 se matrikulante ook kwaad wees omdat hulle nie in 2017 in universiteite plek kan kry nie. Ledigheid is mos die duiwel so oorkussing, so wat gaan hul maak? Hulle gaan hulle komende jaar by die betogende studente aansluit.

Keer nou so ‘n klomp!

Asmain ·

My hart bloei vir die arme betalende ouers wat nou n jaar se swaar verdiende geld in die water gegooi het. Van wie kan hulle vergoeding eis?

daan ·

Ek wil graag weet: as 1 miljoen matrikulante nou almal wel gaan studeer en almal kry hulle grade ens. na ‘n paar jaar, WAAR gaan hulle almal werk kry? Selfs met regstellende aksie is daar te min werk vir almal. En gaan die gehalte van hulle kwalifikasies reg wees vir die arbeidsmark? My twee grade nogal uit die ou SA het my nie eens gehelp nie. Ek het eers werk gekry toe en op my CV gelieg het deur aan te dui dat ek niks op universiteit bereik het nie.

Maralize Bester ·

Wat van al die ouers wat al deposito’s vir woonstelle betaal het? Ek dink dit is tyd dat die betalende ouers en studente ‘n vreedsame optog hou en dan sal ons sien wie is in die meerderheid. Is die universiteite bereid om daardie geld prys te gee, en dit vir vernielsugtige “studente”?

Otter ·

As dinge so aangaan gaan die geld van betalende ouers/studente opdroog, so lui doodsklok van universiteite wat gyselaar gehou word deur hierdie kriminele afbranders

Jean ·

Nou het ons nog ‘n bose generasie, GESKEP deur FEESMUSTFALL betogers, ek stel voor hulle sorteer mekaar maar weer uit. Die regering het so WRAGTIE simpatie met die stakers wat na regte eintlik teen hulle staak, en ZUMA se gister die opstande en stakings wys die demokrasie is LEWENDIG? Wow die protesoptogte tydens die Apartheidsera laat my baie dink aan die protes nou, was dit dan ook demokrasie of wat?

C ·

Jeff Radebe, dink jy werklik dat hierdie prentjie volgende jaar anders gaan lyk. Nee, ek glo nie. Soos iemand alreeds hierbo gese het, die bloedhonde het klaar bloed geruik, so hoe gaan jul hul volgende jaar stop. Ek is self ‘n studente ouer wat self vir my kind betaal om verder te kan studeer. Dit is net jammer die regering is nou besig om my hard verdiende geld te mors en my kind se toekom in die wiele te ry. Maar nee wat, dit pla jul mos nou nie eintlik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.