#FeesMustFall: Spuitnaalde by Rhodes-kampus uitgegooi

Betogende studente het mediese spuitnaalde by die ingang van Rhodes-universiteit uitgegooi. Foto: SAPD

Betogende studente het mediese spuitnaalde by die ingang van Rhodes-universiteit uitgegooi. Foto: SAPD

Studente wat onder die vaandel van #FeesMustFall betoog, het Woensdag in die vroeë oggendure ook op die kampus van die Rhodes Universiteit amok gemaak.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het gesê ongeveer 200 studente het om 03:00 vanoggend al die ingange na die kampus afgesper en mediese spuitnaalde by die ingang, op die hoek van Prince Alfred- en Somersetstrate, uitgegooi.

Kort daarna het die studente ʼn sleepwa van die kampus verwyder en dit by die ingang in Artilleryweg omgekeer. Hulle het daarna die sleepwa aan die brand gesteek.

“Polisiebeamptes, nooddienswerkers en lede van die brandweer het die versperde ingange weer oopgemaak en die vuur geblus. ʼn Forensiese span van die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel,” het De Beer gesê. “In die stadium is niemand nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie is steeds op die toneel en monitor die situasie.”

Maroela Media het vroeër berig geweld het Dinsdagaand weer op die kampus van die Universiteit Kaapstad (UK) uitgebreek toe studente verskeie brande gestig, deure en vensters gebreek en veiligheidsbeamptes met klippe bestook het. Skokgranate moes afgevuur word om die situasie in bedwang te bring.

Betogende studente het 'n sleepwa by Rhodes-universiteit omgekeer en aan die brand gesteek. Foto: SAPD

Betogende studente het ingange na Rhodes-universiteit afgesper. Foto: SAPD

Intussen het die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) besluit om sy akademiese program weer geheel en al op te skort, nadat betogings op die kampus gister erg gewelddadig geraak het. Die universiteit het gesê die akademiese bedrywighede is gestaak om ruimte te skep vir onderhandelinge met die betogers.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het ʼn beroep op studente gedoen om vreedsaam te betoog en nie in die proses eiendom te vernietig of gewelddadig te raak nie. “Die SAPD gaan voort om die situasie landwyd te monitor en sal die nodige stappe doen om stabiliteit en vrede te handhaaf en veiligheid van lewens en eiendom te beskerm,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Netso ·

Hoe slim kan die nuwe professionele beroeps leiers en lands leiers wees as hul sulke dade pleeg?????? Verder is dit ontstellend dat die sogenaamde profesionele leiers by die universiteit net so dom is, hul bemoedig en ondersteun dit. Regtig sotlik om nie te dink dat as jy die goed afbreek daar minder geld gaan wees nie, dalk is hul nog so dom dat hul dink geld groei aan bome of val uit die lug uit! Die wat hier staak en aanjaag is nie almal studente en die wat studente is, is hoeka die wat gratis studeer of leeglê hier, so jul plaas meer las op my tax beursie en my student beursie, ek kan nou nie meer ‘n minderbevoorregte help nie en dit was nogal een met maniere en opvoeding, wat sou werk om die land beter te maak.

Rapes ·

En so word net gemonitor en niks word aan die situasie gedoen nie, want die wat moet optree het dieselfde as die studente gedoen. Klomp patete.

Jean ·

Ag die polisie is te bang om iets te doen, hulle is klaar daaraan herinner dat hulle dit nie nog ‘n Marikana moet maak nie. Hulle koes maar vir al die bakstene en klappe, as hulle optree, word daar weer teen hulle opgetree. Die Universiteite moet woord hou, maar dis te veel gevra, hulle het GESWIG onder die minderheid en gaan nou die gevolge daarvan dra.

Saartjie ·

Die toekomstige “professionele” mense van ons land. oe..e-eh.
Wat presies is die idee met die spuitnaalde???

Andre ·

As die studente so aangaan totdat hulle eendag gratis onderrig kry, gaan daar nie meer klasse wees om heen te gaan nie. Almal sal afgebrand wees.

jip ·

Jip dit is die plan en dan kan ons mos heeldag onder ‘n boom sit en niks doen en dit kan heeldag aanhou. Wonder net waar sal die voedsel vandaan kom, want ons gaan nou almal onder die boom moet sit en boggerol!!!! Daar is mos nie ‘n universiteit oor om iets te bereik nie!

Ongelooflik ·

Ek wil net graag weet…. hoekom kan die wat wil studeer ook nie teen die staan nie en gooi die betogers uit, is die mense bang vir hulle? En nog n ding die wat so brand en vernutig, doen hulle dit by hulle huise ook as hulle nie hulle sin kry nie – brand hulle ook hulle ma se huis of bed of iets af net om iets te kry?

Speedguard ·

Ongelooflik; Dit wil vir my voorkom asof jy nog nie so iets werklik beleef het nie,, die eerlike opregte mense sal nooit reg in eie hande neem nie, hul sal dan beslis aan die kortste end trek want hul kan nie met boewe en teroriste redeneer nie, ons is ook nie veglustige ,bloedorstige en venielsugtige soort nie, dit is die regering se werk om te sorg dat die skuim verwyder word maar is hul te slapg@t al gee die grondwet ons die versekering dat die owerhede ons moet beskerm teen sulke me …ai wat noem mens hulle !

C ·

Hoekom net aanhou om hierdie situasies te bly monitor? Daar mag ook nie streng teen hierdie pigment gestremde terroriste opgetree word nie want hul betoog mos altyd rustig. Waar kom al die spuitnaalde vandaan, het hul eers by verskeie hospitale ook ‘n draaitjie gaan maak?

Johanna Botha ·

Monitor maar net rustig voort terwyl alles brand …monitor !

Ongelooflik ·

Speedguard ek verstaan 100% wat jy se maar hoekom die heletyd net monitor en smeek en pleit as almal weet daarword net gemonitor. Ek het al sulke goed beleef. Ek het ook nie gese mense moet verniel en daai klas goed nie, maar wel daar moet iets gedoen word, hulle is nog kinders, in ons dae was daar nie so iets so betogings en als verniel nie, ons gatte was geslaan net as jy dink om iets verkeerds aan te vang. Dan is my volgende vra waar het hulle hulle maniere geleer waar het hulle geleer om so aan te gaan, te brand, breuk………………………..?

Anoniem ·

Het julle nog nie na die nuus geluister nie, hierdie klomp betoog mos nie geweldadig nie, so hoekom moet die polisie iets doen

Buitestander ·

Hoekom kan daar nie met hakkejag teen die beteogers/oproermakers/terrorist opgeteë wor nie?
Kan daar nie teen daardie betogers ‘n hakkejag uitgevoer word nie soos die Israelies me Pallesteint maak nie.
Gaan na hulle huise steek dit aan die brand en verneietig hulle eindom, kyk wat hul optreede dan is!
Maak’n paar voorbeelde! Daar is mos fpto’s van dié betogers!

Behoede my ·

Kry nou nie genoeg aandag nie, nou gebruik ons spuitnaalde. Red ons van ‘n toekoms met hierdie spul in die arbeidsmark as hulle niks dink daarvan om besmette spuitnaalde rond te gooi om aandag te trek nie. Behoede my asb dat so ‘n mediese student ooit aan my moet vat.

John ·

Wat is was die ou spuitnaalde? Ons kom nou nader aan die waarheid. Nog ruite gebreek, nog klasse ontwrig. Ag shame, mens hart bloei… Het die rektore al gehoor van sekuriteitsheinings en hekke? Of van kits-lemmetjies-draad? Skynbaar nie.

Dark.O ·

Miskien spuit die studente hulleself met dwelmmiddels in, wat natuurlik ook hulle gedrag kan verklaar. Toe gooi hulle die spuitnaalde maar net weg, nadat hulle dit gebruik het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.