#FeesMustFall: Studente-optog na Uniegebou

Studente vergader buite die Uniegebou in Pretoria tydens die #FeesMustFall-optog (20 Oktober 2016) Foto: @b_masilela, Twitter

Studente vergader buite die Uniegebou in Pretoria tydens die #FeesMustFall-optog (20 Oktober 2016) Foto: @b_masilela, Twitter

Duisende studente het Donderdag hul landswye #FeesMustFall-betoging na die Uniegebou in Pretoria geneem, toe hulle ʼn optog gehou het om ʼn memorandum van eise te oorhandig, ondanks die feit dat die Tshwane-metropolisie die optog onwettig verklaar het.

Hoërskoolleerlinge van verskeie townships rondom Pretoria en werkers het ook by die optog aangesluit.

Die polisie het deurgaans die verrigtinge gemonitor.

“Ons het besluit om die studente toe te laat om aan die optog deel te neem en die memorandum te oorhandig, aangesien ons nie enige gewelddadige optrede wou uitlok wat die stad kon ontwrig nie,” het senior superintendent Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, gesê.

Die studente het buite die Uniegebou bymekaargekom en is deur verskeie #FeesMustFall-leiers toegespreek. Hulle het egter versuim om die memorandum te oorhandig, aangesien hulle geweier het om dit aan enigiemand anders buiten die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, te oorhandig. “Ons wil Blade hê en ons wil gratis opleiding hê,” het hulle geskree.

Die studente het klippe na die polisie gegooi, maar hulle het vinnig verdaag tot ʼn paar skokgranate gevuur is.

“Ons eis dat onderdrukking in ons universiteite tot ʼn einde sal kom, en dat ons studenteleiers nie geviktimiseer sal word nie. Ons glo dit is die hooffaktor wat die geweld aanvuur in universiteite,” het Mametlwe Sebei van die werkers- en sosialisteparty gesê. “Daar is geen ander manier nie, as om nou vir almal ware en regmatige gratis onderwys te eis. Die regering moet reageer en met studente gesels. Ons is bereid om te gesels solank as wat die onderhandeling gaan oor hoe ons gratis onderrig vir almal gaan moontlik maak.”

Die studente het gesê hulle sal ʼn ander manier vind om die memorandum aan die minister te oorhandig. Hulle het onderneem om te bly betoog tot daar aan hul eise voldoen word.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

bevinding ·

Daar is nie mentaliteit of moraal in hulle DNA nie. Sal nooit verander nie. Hulle is slawe van hulself en hulle sal nooit vryheid ken nie deur hulle eie toedoen. Hulle wag dat iemand anders hulle moet bevry maar in hul siele sal hulle slawe bly totdat hulle besef dat hulle wel vry is. Tot dan sal hulle so aangaan. Dit kan eons neem.

Anel ·

As daar nie geld is nie en hulle wil nie betaal nie wat gaan hulle maak as dasr nie dosente is om klas te gee nie? Wat gaan hulle maak as daar nie geld is om die universiteite oop te hou nie? Wat dan?
Gaan hulle ook verniet werk na hulle verniet geleer het? Idiote!!!

Jean ·

Werkers en Hoërskoolleerling het ook die skare ge’join’ . hoe oulik, dit is nou eindeksamen by Hoërskole, maar julle gee ook seker nie om om nog ‘n jaar langer skool te gaan nie… en die werkers wat ook nou aansluit? Ongelooflik dat waar daar chaos is hoe vinnig ander groepe aansluit en saam klipgooi en dans en almal ken die liedjies . te vreemd . ek ken nie eers meer Sarie Marais nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.