#FeesMustFall-studente vrygelaat op borgtog

#FeesMustFall-betogers van die Universiteit van KwaZulu-Natal in die hof (Foto: sandilekheswa2, Twitter)

#FeesMustFall-betogers van die Universiteit van KwaZulu-Natal in die hof (Foto: sandilekheswa2, Twitter)

Tien studente wat in verband met gewelddadige betogings by die Universiteit van KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is, was in die Pietermaritzburgse hooggeregshof suksesvol om die besluit oor hul aansoek om borgtog om te keer.

Daar was ʼn gejuig in die hof toe regter Bongani Zaca sy beslissing gemaak het.

Die studente, waarvan sommige 49 dae in Pietermaritzburg-gevangenis en Durban se Westville-gevangenis spandeer het, is aan die einde van September by die universiteit se Pietermaritzburg-kampus in hegtenis geneem toe die #FeesMustFall-betoging gewelddadig geraak het.

Hulle staan tereg op aanklag van openbare geweld, aanranding en opsetlike saakbeskadiging. Landdros Miranda Boikhutso het vroeër hul aansoek om borgtog afgekeur.

Die staat het beeldmateriaal gebruik as die primêre basis waarom sewe studente se aansoek om borgtog afgekeur moet word. Die ander drie se aansoek om borgtog is afgekeur omdat die polisie hulle as oortreders tydens die onrus uitgeken het.

Die studente het Donderdag appèl aangeteken teen die besluit voor regter Zaca en hy het hulle vrygelaat op borgtog van R1 000 elk.

Zaca het gesê die landdros het op beeldmateriaal gesteun wat nog nie getoets is nie. Volgens hom het sy ook gesteun op identifikasie deur die polisie, wat ook tydens die hofsaak getoets moet word.

Deel van die borgtogvoorwaardes is dat die studente nie aan gewelddadige betogings by die universiteit mag deelneem nie.

Talle studente en familielede het die vorige hofverskynings van die studente bygewoon.

Die studente het buite die hof mekaar omhels en selfies geneem langs polisiebeamptes wat ook in die hof was. Hulle het gesing en gedans op pad terug na die kampus, te midde van ʼn swaar polisieteenwoordigheid.

Die studente moet weer op 2 Desember in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

Die studente se vrylating kom ure ná ʼn student, wat deur Alexandra-polisie aangehou is, vrygelaat is sonder om aangekla te word ná ʼn brandstigtingvoorval Dinsdagoggend by ʼn finansiële administrasie-gebou.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

marlene ·

Nou kan hul weer gaan aanjaag, en die ander studente gaan opstook.

John ·

Dieselfde storie geld in Kenia waar eksamenvraestelle ook glo soos soetkoek verkoop. Nou eis die opstokers sielkundige berading vir studente wat aan die betogings deelgeneem het voor hulle kan begin leer vir die eksamens wat dan glo eers in 2017 geskryf moet word. Min gespin oor ander mense en die geld-implikasies. Hulle moet die betogings eerder noem #♡me♡myself&♡i

hans ·

Niks anders as kriminele en terroriste nie.27 jaar tronkstraf vir hulle.

Jan van Riebeeck ·

#ProtestsMustFall. Neem die res van die bevolking in ag. Vreemd dat die Amerikaaanse meerderheid Dinsdag hul keuses uitgeoefen het en op Donderdag veroorsaak die minderheid moles omdat hulle nie hulle sin kry nie.
Demokrasie Zuma – styl….

Kry vir julle ·

Arme polisie kan ook nie wen nie, hulle neem die belhamels, vandale, klipgooiers, vernietigers, misdadigers in hegtenis net om deur die howe vrygelaat te word. In die geval is hulle nie eers aangekla nie, nou wat moet die polisie met hulle doen? Ons kritiseer die (lui) polise daagliks, (ek ook) maar ek verstaan nou hoekom doen hulle liewer niks. Hulle stel hulle lewens in gevaar om sekere misdadigers op te spoor en in hegtenis te neem sodat die (politieke korrekte) regsbanke hulle vrylaat. Los hulle maar byvoorbaat, hoekom hulle in hegtenis neem? Vrygelaat SONDER om aan te kla? Waar is die oorywerige aanklaers nou wat die minderheidsgroepe aankla as hulle net hoor van ‘n aantyging teen iemand? Neewat dis ‘n joke, laat hulle maar die plekke afbrand, die ANC staan agter hulle. Die minderheidsgroepe se kinders moet maar dan privaat studeer, sodat die vandale onder die bome by Wits en Tuks en UJ verniet kan swot. Intussen Polisie, GENIET julle oortyd en GENIET die KFC en NANDOS wat julle daarmee koop.

Johan ·

Ok so borgtog…..wat nou…..wanneer gaan die saak teen hulle verder…….?

De Villiers ·

Ja sulke goed gebeur net in Afrika. Ek probeer nog verstaan hoe die Afrikane se koppe werk. Tydens betogings plunder en breek hulle dit af waarvan hulle afhanklik is, soos die studente wat hul eie universiteitsgeboue beskadig, pendelaars wat passasierstreine se trokke afbrand as dit laat kom, munisipale werkers wat asblikke omgooi ens. Hulle doen dit terwyl hulle eintlik ‘n fete het met die owerheid of bestuur van ‘n instansie waarmee hulle dit eintlik by hul kantore moet bespreek die beskaafde mense. Hierdie barbaarse optrede kan n mens verwag in ‘n land wat daar nie behoorlik regeer word nie, en waar mense dink die stert moet die hond swaai.

Theresa ·

Patete. Sou graag met elke arrestasie wil weet watter studierigting die belhamel probeer ‘n toekoms maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.