#FeesMustFall: Traangas, klippe en ʼn brand op UKZN-kampus

'n Brand in 'n koshuis op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Foto: Twitter via @zamaswatielihle

‘n Brand in ‘n koshuis op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Foto: Twitter via @zamaswatielihle

Polisiebeamptes moes Donderdagoggend traangas op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) afvuur terwyl betogende studente die polisie vanuit een van die koshuise met klippe bestook het.

Die polisie het die Malherbe-koshuis omsingel en byna 30 minute lank traangas in die gebou geskiet. Kort-kort het groepe studente by vensters uitgehang en klippe na die polisie gegooi. Volgens ʼn African News Agency-korrespondent op die toneel is dit moeilik om te skat hoeveel studente binne die koshuis is. Die gebied is ook heeltemal afgesper.

ʼn Brand is by die ingang van die koshuis gestig, maar vinnig deur brandbestryders geblus. Studente het ook klippe gegooi na die voertuie wat op Alan Paton-rylaan verbygery het. Volgens onbevestigde berigte is die pad intussen gesluit.

Die studente se betoging vorm deel van die #FeesMustFall-betogings wat al heelweek op verskeie kampusse oor die hele land woed.

Volgens die korrespondent het daar intussen meer polisiebeamptes by die kampus opgedaag, onder wie lede van die polisie se taktiesereaksie-eenheid. ʼn Woordvoerder van die universiteit was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie. Spelele Nguse, die president van die UKZN Pietermaritzburg-kampus se studenteraad, kon ook nie vir kommentaar bereik word nie.

In dié stadium is daar nog geen onluste op die universiteit se ander vier kampusse aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Manie Schoeman ·

Sluit die Universiteite tot einde 201
7. Jammer vir diesulkes wat nie protesteer en eksamen moet skryf. Die belastingbetaler is gatvol om vir al die skade te betaal.

Leonie ·

Dis maklik om te sê sluit die kampusse tot einde 2017! Maar wat van die arme studente wat bitter hard moes werk om daar te kom en nie kan bekostig om n dag langer te swot as wat hul kursus is nie! Ouers kry swaar om hul kinders die geleentheid te gee en baie van die ouets en studente sit met duisende rande se studieskuld wat afbetaal moet word! Hulle regte van onderrig word weggevat en dit is hulle wat op die ou einde die swaarste gaan kry! Om die universiteit te sluit mag nie n opsie wees nie, dis bitter onregverdig teenoor die duisende wat wel daar is om te leer!!

Hasie ·

Weereens, hierdie hele gemors van die universiteite en skole wat afgebrand word is 100% ons patetiese regering se skuld met Jacob aan stuur van korrupsie.

Maria ·

Het iemand al aan hierdie “mense” verduidelik waarvoor klasgelde gaan? Daar is goed soos salarisse en ander bedryfskostes. Ek vra net. Hul voorgangers het baklei vir geleerdheid en hul brand af. Ek verstaan nie.

Daniel ·

Maar onthou Mandela het hulle alles verniet belowe, onderwys, huise elektrisiteit ens so hoekom sal hulle omgee hulle betaal nie daarvoor nie

lynette ·

Hulle voorgangers het ook maar lekker geboue afgebrand. Dis niks nuut nie.

Louise ·

Ek wil n besigheid begin, wonder of dit sal werk……
Ek gaan adverteer ek het n tipper vol stene om te verkoop vir die wat staak of dalk 50c per steen en as die staking verby is gaan laai ek net weer al my stene op. Wat dink jullle? lol

Beter idee ·

Louise, jou idee van besigheid klink baie goed en betalend en om te dink dit gaan net ‘n eenmalige uitgawe wees. Ek het vir jou ‘n beter idee, begin sommer van die begin af ‘n franshise in elke dorp waar ‘n universiteit is. Ek is nou net nie so seker of jy besigheid in Potch gaan kry nie.

Polities Korrek ·

Wonder wat wil hierdie “LEIERS VAN MORE” in die plek van die anargie stel wat hulle nou so aanblaas? Mag ons behoede bly van hierdie ongedissiplineerde verwoesters se toekomsleierskap! Hulle kan nie eens hul eie emosies bestuur nie, wat nog van die land en sy mense…Dit maak my onbeheersd kriewelrig wanneer studente wat van beter behoort te weet, saam met die massas toi-toi; gelukkig is daar darem nog ‘n beduidende getal ordentlike jongmense wat vir hulself kan dink! vir diesulkes se ons: “ONS KAN AS ONS WIL!”

frans ·

traan gas + waterkanon dit werk lekker waars die ou bruin uniforms tog van so paar jaar terug as hy n klip optel eie tyd eie teiken!!!

jacob Zuma ·

Al maak j wat, daardie tyd sal nooitweer wees nie. NOOIT NIE!

Herman Goosen ·

Dat “opgevoede en gelEerde” mense (en ek betwyfel my bewoording van mens) wat so optree. Skokkend dat dit veronderstel is om die room van die land te wees. Geen verrassing waarom hierdie ‘n derde wereld land is nie. Hulle sal ook eerste in die ry staan om hulle werksplek af te brand as hulle nie salaris verhogings kry nie, maar hulle wil verniet leef op iemand anders se swaar verdiende geld – VIESLIK!! Wonder of hulle gaan bereid wees om die volgende generasie te borg wat ook aandring om alles verniet te kry.

Johann ·

Ek wonder darm::::is dit werklik ondeurdagte gedrag? My opienie sluit in dat dit juis deel is van n “strategie” van n kerngroep politieke aasvoels wat die ou beleid van “mobilise the uneducated masses” steeds toepas. Want educated is n klipgooier beslis nie. Maar dis wat gebeur as standaarde tot op die been gesny word om die masses toegang tot opvoeding te kry. Om nie te praat van die standaarde tydens opleiding wat nog laer is. So: ekt nie noodwendig n probleem met die veronderstelde nuwe SA nie. Dis die huidige een wat my m.o.e… meter revvvvv.

Cherokee ·

Hulle vandaliseer sover moontlik, gooi selfs karre met klippe en dan befonds Thuli Madonsela vir wie julle president wil maak, hulle ook nog.

Wentzel Coetzer ·

Maak alle 1e jaar kursusse “gratis”. (lees beurse vanaf die staat). As die studente deurkom, gaan hy verder studeer, indien nie, moet hy gee pad, of self verder betaal. Kry die akademiese standaard waar dit hoort. Wanneer die studente afgestudeer het moet hy begin terugbetaal

jacob Zuma ·

Uiteindelik iemand wat n sinvolle stukkie kommentaar lewer. Stem heelhartig saam. As dit verniet is sal almal wat kan studeer se lewens verbeter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.