#FeesMustFall: TUT-kampusse ook gesluit

Foto: Jonisayi W. Maromo/ANA

Foto: Jonisayi W. Maromo/ANA

Studente aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Maandag die instansie se hoofkampus met gewelddadige protesaksie tot stilstand gedwing in hul stryd vir gratis tersiêre onderrig.

Tshepang Makgatlha, ʼn lid van die EFF se studentekommando, het Maandag gesê Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, se bewering dat gratis onderrig nie uitvoerbaar is nie, is misleidend.

“Daar is verskeie berigte uit die verlede oor onafhanklike instellings wat praat oor die uitvoerbaarheid van gratis onderrig. Volgens daardie berigte is gratis onderrig in Suid-Afrika meer as uitvoerbaar. Dit is so uitvoerbaar dat dit môre ingestel kan word,” het Makgatlha gesê.

Foto: Jonisayi W. Maromo/ANA

Foto: Jonisayi W. Maromo/ANA

Betogers het Maandagoggend bande op die TUT se hoofkampus verbrand. Talle polisiebeamptes was op die toneel op die situasie te monitor terwyl honderde studente van die kampus af gestroom het.

Van die studente het gesê hoewel hulle die veldtog vir gratis onderrig ondersteun, is hulle bekommerd oor die skade wat die studentebetogings aan die land se hoëronderwyssektor aanrig.

“Ek is elke dag bekommerd oor hierdie situasie,” het een TUT-student, wat gevra het om anoniem te bly, gesê. “Gaan ons ooit gradueer met al hierdie ontwrigtings? Gaan my kwalifikasie waardevol wees in werkgewers se oë? Ons het gratis onderrig nodig, maar ons moet ook terugkom in ons klasse.”

Foto: Jonisayi W. Maromo/ANA

Foto: Jonisayi W. Maromo/ANA

Die betogende studente het ook die ingange na die Arcadia, Soshanguve, GaRankuwa en eMalahleni-kampusse afgesper. Die TUT het later in ʼn verklaring gesê ter wille van studente en personeel se veiligheid, is alle bedrywighede op hierdie kampusse opgeskort. “Die situasie sal gemonitor word en nuwe inligting sal later deurgegee word,” lui die verklaring.

Aan die ander kant van die stad het die Universiteit van Pretoria (UP) ook besluit om, weens die studentebetogings, die Oktobervakansie te vervroeg sodat dit reeds vandag begin.

Lees meer oor die #FeesMustFall-betogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Paul ·

Useless regering…….kan nie eens jong studente beheer en in die bek ruk nie…… wonder wat sal gebeur as hulle eendag ons ladsgrense moet verdedig……lol
Maar nou ja…….die ANC het hierdie kultuur van wetteloosheid en wanorde geskep oor die jare heen en nou byt die wolf hulle, wat deur hulle geskep en grootgemaak is……..en hulle kan nou die resultaat van dom en lee en lieg verkiesings beloftes sien…… en het hulle geen idee wat on nou te doen nie…….Whahahaha…..

Jakes ·

Goeie vraag wat die bekommerde anonieme student vra . Ek sal verseker notuleer die datum en jaar, en glo my vry, sal twee maal dink in toekoms een in ons firmas kans te gee. En ja, jammer vir die hardwerkende studente.

Pine ·

Jakes. Wat het dit met die hardwekende student te doen. My seun is daar en hulle moet soveel meer insit om op datum te bly met al die klasse wat hul mis. Hulle kry geen punte verniet nie. Maak dit hulle nou dom en n substandard student? Die feit dat hulle nogsteeds moet deurkom maak dit soveel moeliker. Noem asb jou ‘firmas’ sodat ons dit kan vermy. Want dit is n kortsigtige uitkyk.

popeye (oud Kommandant) ·

Stem met almal saam….maar….hoe beveg jy terrorisme? Ons van die 80’s – diensplig jare weet , maar die nuwe jong generasie sien nie die bom onder hul neuse nie! Terrorisme in naam is verstaanbaar maar die werklikheid veroorsaak ‘n staat van: ontkenning, redenering (soos tans), sterftes en dan moet jy slaan met ‘n ystervuis.! Indien onseker vra die VSA, want hier in ZAR gaan hulle kattemaai voordat iemand wakker skrik…..mense, mense gaan dooi!!!!!

Fritozz97 ·

Waar gaan dit eindig?Gaan daar betoog word vir gratis behuising,vervoer koste ens vir studente? Om te studeer is nie n reg nie dis n voorreg. Ons ekonomie is op sy kniee, rommel status wink, daar is nie geld nie jy kan nie water uit n klip tap nie. Ja dit werk so in sekere eerste wereld lande maar die 20% van ons populasie wat belasting betaal kan nie die las dra nie. En behalwe vir dit as jy tog nou moet demonstreer hoekom die vandalisme?

snoefie ·

hoekom die eerlike hardwerkende betalende student benadeel deur universiteite te sluit? aan gesien due sapd niks wil doen om die hebsugtige kriminele te stuit nie, bewapen die sekuriteitswagte, laat hulle sapd se werk dien en sien hoe you keer klasse na normal terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.